Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 275

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

`n Blik in die sterrehemel

275 Almal was verbaas oor die geweldige prag van die hemel en die herbergier vra My wat hierdie tallose talle, groot en klein sterre tog was. En Ek lê dit vir hulle net so uit soos Ek dit ook al by ander soortgelyke geleenthede gedoen het; Ek doen hier selfs nog meer.

[2] Nadat Ek byna twee uur lank almal die noodsaaklikste hieroor duidelik uitgelê het, en daardeur ongemerk in hul gemoed die wens opkom om hulle nog baie duideliker en diepgaander te oortuig van die waarheid van die verhaal, bring Ek hulle almal, sonder dat hulle kon vermoed wat daar met hulle gebeur, in `n helder, suiwer geestelike toestand; en hulle aanskou nou met `n buitengewoon verheerlikte gesig die sterre, en kon die een na die ander bekyk asof hulle baie naby was.

[3] Daar ontstaan plotseling `n groot gejubel wat steeds heftiger sou geword het as Ek die geselskap nog langer in hierdie geestelik gewekte toestand gelaat het; maar Ek roep hulle almal weer terug in die natuurlike toestand in, en niemand van hulle verstaan wat daar met hulle gebeur het nie dat hulle sulke ongekende wonderbaarlike dinge in die sterre kon gesien het.

[4] Maar EK sê aan hulle: “Julle moet nie al te verwonderd daaroor wees nie! Ek het deur die mag van My wil, maar net julle innerlike geestelike oog geopen, en daardeur was julle dan ook in staat om hierdie verre wêrelde soos van baie naby te aanskou; want vir die gees bestaan daar so goed as geen aardse en dus ruimtelike afstand nie. Maar dink nou tuis daaroor na, dan sal Ons môre nog die een en ander daaroor sê! Keer nou huiswaarts en begeef julle ter ruste, dan is die rus en die vier van die Sabbat hiermee beëindig!”

[5] Hierop bedank almal My en begeef hulle na hul wonings. Slegs die verre bure bly gedurende die kort nag by ons. Ek gaan met My leerlinge ook rus, en so is daar dus weer `n Sabbat met louter goeie werke deurgebring.

[6] Die nag gaan gou verby en in die môre vroeg was die meeste uit die buurt met hul vroue en kinders reeds voor die huis van Barnabe byeen, en alle huisgenote van Barnabe was al druk besig om `n goeie oggendete voor te berei.

[7] Ek gaan met My leerlinge dan ook spoedig na buite na die wagtendes toe en Barnabe bring My `n werklik heerlike oggendgroet, soos terloops ook My leerlinge. Toe doen ook alle ander hier aanwesige bure dieselfde en hulle jubel dat hulle My in hul midde het; hulle kon nog steeds nie daaroor uitgepraat raak oor hoe hulle gister die sterrehemel aanskou het nie.

[8] Een van hulle wat in sy gees heeltemal op die oppervlakte van `n verre planeet geplaas was, en wel op Uranus, vra My of die talle en kragtige mense wat hy daar baie goed gesien het, al `n soort salige was. Hy het hulle tenminste daarvoor aangesien; maar oor één ding was hy wel verwonderd, naamlik dat hy hulle nog baie yweriger sien werk het as selfs die aktiefste mense op hierdie aarde. Talle baie groot geboue het hy ook gesien en `n groot aantal wat nog met alle ywer gebou word. Nou vra hy hom af of die saliges in die hemelryk, ook soos die mense hier op aarde, hul huise moes bou.

[9] Toe sê EK aan hom: “Gedeeltelik ook wel; maar die mense wat jy op hierdie wêreld gesien het, is nog lank geen geeste nie, en derhalwe ook geen saliges nie, maar hulle is vir hierdie wêreld net sulke materiële mense soos julle hier op hierdie planeet, net met die verskil dat slegs julle mense van hierdie aarde daartoe geroep is om God se kinders te word, terwyl dit met alle ander mense op die tallose miriades hemelliggame oor die algemeen nie die geval is nie, ofskoon hulle nie heeltemal daarvan uitgesluit is nie. Maar daar is baie meer daarvoor nodig as hier op hierdie aarde wat al van meet af aan daarvoor bestem was.

[10] Daar was wel nog `n baie groot aarde(planeet) wat die lig van hierdie son ontvang het. Dit het dieselfde bestemming gehad, maar die bewoners daarvan het hul grense enorm oorskry en daarom gebeur dit dat daar `n baie groot oordeel oor hulle gekom het, soos wat dit ook `n keer met hierdie aarde gebeur het wat toentertyd nie baie beter daaraan toe was nie. Daardie aarde(planeet) was heeltemal verwoes en vernietig, en met haar ook haar bewoners wat mateloos trots en sondig geword het.

[11] Meer hieroor kan julle van My leerlinge verneem as julle getrou bly handel volgens My leer, dan sal dit aan julle alles met verloop van tyd deur julle gees getoon word, wanneer hy één word met julle siel; hy sal julle dan in alle wonderbaarlike waarhede binnelei.”

[12] Toe was almal weer verbaas oor My alwetendheid, en dank, loof en prys My daarvoor dat Ek hulle waardig geag het vir My besoek.

[13] Nou het ook Elisa baie opgewek aangeloop gekom; sy het die ywerigste meegewerk aan die bereiding van die oggendete, en nooi ons nou daarvoor uit. Die bure verontskuldig hulle omdat hulle tuis reeds ontbyt geniet het.

[14] Maar BARNABE sê: “Dit maak nou heeltemal nie saak nie! Daar is op elkeen gereken, netsoos gister by die aandete, laat hulle daarom welgemoed aan die tafels plaasneem!”

[15] Daarop gaan elkeen weer na binne en die mense nuttig die oggendete vrolik. Na die maaltyd kry die leerlinge baie te doen; want die mense uit die buurt het begin om aan hulle vrae te stel oor die Essene, en van die een het die ander gekom. Die stel van die vrae en die uitlê daarvan het byna tot die aand geduur, en daar was geen middagete geniet nie, behalwe brood en wyn. By hierdie geleentheid gee enkele leerlinge ook blyke van hul vermoë om wonderwerke te doen wat die mense uit die buurt buitengewoon verbaas, en hulle des te ernstiger die plan laat opvat om nougeset volgens die nuut verkondigde leer te handel.

[16] Ek was steeds met ons Barnabe besig, by watter geleentheid hy ook gewag gemaak het van die twee wonderwerke wat Ek as twaalfjarige jong seun in die tempel verrig het, en dat hierdie wonderwerke weliswaar `n enorme indruk op hom gemaak het, maar dat hy desondanks tog steeds van mening was dat Ek van die skool van die Essene was; nou sien hy egter dat juis die teendeel die geval was, en hy besef nou volkome dat Ek inderdaad Die Een was waarvoor Ek Myself destyds in die tempel uitgegee het. Kortom, die hele gemeente en ook Barnabe was nou gewen en daar bly baie baie tyd oor om oor verskillende dinge te praat; en so word dit ook al spoedig aand, waarby dit natuurlik nie ontbreek aan `n aandmaaltyd nie.