Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus bewys sy ateïsme

22 ROCLUS sê: “U het gelyk, ons is soos wat u so-ewe `n egte Epikuriër geskets het en daarmee bevind ons onsself op hierdie aarde heeltemal goed! Vir ons ateïsme het ons soveel steekhoudende bewyse, dat ons daarmee die hele groot see sou kon vul. Ek wil net nog sommige bewyse aan die reeds meegedeeldes toevoeg en ek hoop dat u daaraan genoeg sal hê en u sal ons ook met of teen u wil gelyk moet gee! Wees dus nou so barmhartig om my aan te hoor!

[2] Kyk, alles wat ook maar enige bestaan het van watter soort dan ook, bestaan altyd op bepaalde oomblikke, op `n wyse wat vir alle mense sonder uitsondering voelbaar is! Is die betrokke voorwerp met enige verstand begunstig, dan sal dit sonder baie moeite aan sy werk te sien wees; as die voorwerp egter, soos byvoorbeeld `n beeldsuil, heeltemal geen verstand het nie, dan sal daarvan óf heeltemal geen, óf maar net sulke werke te siene wees wat die blinde toeval aan die wese begaan het of dit toegevoeg het. Waar dus enige, ook al is dit hoe beperkte, intelligensie aanwesig is, daar sal hy hom ook spoedig uitdruk deur die innerlike intelligensie wat van die geordende, sigbare werk uitgaan. 

[3] Byvoorbeeld: Reeds die mees eenvoudige mosplant sorg self eerste vir `n eie geordende vorm en ontwikkel daarvoor ook sy organisme, waarmee hy dan tydens die verdere verloop bloeisels, saadkorrels en daarmee die vermoë tot voortplanting ontwikkel. By hoërstaande plante is, na `n bepaalde trapsgewyse ontwikkeling, `n groter en duideliker intelligensie nog baie sigbaarder en meer herkenbaar.

[4] Baie duidelik tree dan eers by die diere `n innerlike intelligensie op; hul handelinge, ook al is dit in aantal en in variasie nog baie beperk, oortref dit dié van die mens in talle opsigte. Die werke van die mens getuig wel van sy uiters omvangryke intelligensie, maar nêrens word een uit die innerlik afkomstige volmaaktheid sigbaar nie, iets, wat seker nooit en nêrens as negatiewe opmerking oor die werke van die diere gesê kan word nie. So hang ook wat die dier na buite toe doen, inniger met sy wese en karakter saam as wat by die mens, hierdie god van die aarde, die geval is.

[5] Die werke van die mense is eintlik net na-apery en bestaan net uit growwe, uiterlike voortbrengsels, wat aan elke eintlike, innerlike, reële waarde ontbreek. Die mens kan weliswaar uit alle moontlike buigsame stowwe `n soort byewas sel namaak, ja hy kan hulle ook nateken en naskilder, maar wat `n plompheid spreek daaruit, afgesien van die stof waaruit die by haar selle bou! Dit skyn trouens dat die natuur haarself met die mense as`t ware `n duidelike skerts veroorloof het! Sy is kennelik in die besit van `n veelomvattende intelligensie, en ook besef sy wat ware volmaaktheid is; maar ook al doen sy haar uiterste bes, sy bereik dit tog nooit as te nimmer nie!

[6] As ons aanneem dat alle organiese wesens ook besield is en die siel orals die werkende grondbeginsel is - hetsy meer of minder volmaak, dit maak hier nie saak nie, - dan kan mens hierdie veronderstelling as vanselfsprekende waarheid aanneem, deurdat mens logies op korrekte wyse vanuit die werking terug redeneer na die oorsaak, of van die werke na die krag, wat ons dan die ‘siel’ wil noem. Na gelang van die graad van volmaaktheid en ordelikheid van die werk van `n siel, lei mens dan ook op logiese wyse ten eerste sy bestaan en ten tweede sy bekwaamheid af. Vind ons egter die een of ander chaotiese deurmekaarspul wild en ordeloos sonder enige handeling of beweging, dus sonder enige spoor van lewe, dan dink en sê ons: Daar heers die dood, wat van homself totaal onbewus is en wie se werkwyse bestaan uit `n volledige tot niet gaan, `n verskynsel wat mens in die herfs by baie bome en struike kan waarneem, wanneer die vroeër so mooi, goed geordende loof van die boomsiel in die wildste onordelikheid na benede val, verdor en tydens die winter bykans heeltemal vergaan.

[7] Maar wie is egter die fyngevoelige persoon, wat in die grootste ordeloosheid ook nog `n werkende siel sou wou sien?! `n Ontvlugting en tot niet gaan daarvan ja, - maar geen nuwe of selfs volmaakter wording nie! Wel word deur die vergane loof van die aardbodem vetter en ontvankliker vir die vogtigheid uit die lug en daardeur voedsamer vir die plante wat daarop groei; maar die loof wat afgeval het, sal nooit daaruit as sodanig weer ontstaan nie, omdat die siel daarvan so goed soos nie meer bestaan nie.

[8] Mens kan daarom gevolglik paslik die volgende reël so vasstel, dat mens sê: Hoe meer geordend en meer volmaak `n werk is, des te volmaakter is ook die krag wat daardie werk voortgebring het, wat mens ‘siel’ of ook ‘gees’ noem. Mens kan dus logiesgewys die bestaan van `n siel of gees aflei van sy produkte of werke en ook van sy bekwaamheid.

[9] Maar waar vind ons sulke geordende werke, dat ons daaruit ook maar met enige waarskynlikheid `n allerhoogste, mees wyse en terselfdertyd almagtige, Goddelik wese sou kon aflei? Maar al te bekend is die leerstelling van alle godgelowiges en godgeleerdes “Kyk na die aarde, haar berge, velde, seë en riviere, en na alle ontelbare skepsele wat haar bewoon! Alles wys op die bestaan van hoër Goddelike wesens!”, of, soos by die blinde Judeërs, op net één God, wat eintlik wel ietwat verstandiger is en ook makliker, as om soveel onsigbare gode te hê, waarmee `n mens blykbaar rusie moet kry as mens die ander huldig en aan hom offers bring. Ek sou wel eers wil weet wie daar terselfdertyd met Juno en Venus oor die weg sou kon kom, of met Mars en Janus, of met Apollo en Pluto!

[10] Ook daarmee is die Judeërs weer ietwat beter af, want hulle het `n JaHWeH wat terselfdertyd meester is oor hul Pluto, wat hulle ‘Satan’ noem. Die Pluto van die Judeërs is net `n uiters dom sukkelaar, omdat hy sy dienaars in plaas van te onderskei en dus eer te betoon en te beloon, heel kwaadaardig en sleg bejeën; en geen enkele eerlike Judeër sal hom daarom iets daarvan aantrek as hy sy Pluto so diep moontlik verag nie. Hoe energieker hy die Joodse Pluto verag en teen sy wil handel, des te meer kom hy in die guns by JaHWeH; maar `n egte Romein en Griek sou ek dit nie wou aanraai nie! Wie dit sou doen, kan by die uiters boosaardige Plutopriesters nie baie goeds verwag nie. Dit is daarom beter om aan Pluto net so goed offers te bring as aan Zeus, anders spring Pluto op die arme sondaar se nek en Zeus kan van regsweë niks aan Pluto doen of iets bereik nie; want die Suum Cuique*  staan as `n wet van die noodlot bo-aan, waarteen selfs Zeus nie kan ingaan sonder om die gevaar te loop om met alle ander gode in botsing te kom nie.” *(ieder het syne)