Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Iemand wat op egoïstiese wyse na sy wedergeboorte streef

160 DIE MEESTER: 'As mens uitsluitend streef na die ryk van God, is die grootste werksaamheid daarvoor nodig. En wanneer `n ware leerling hom dit dan geheel sy eie gemaak het, dan sal daar ook so `n Koning te vinde wees wat hierdie ware verdienste ook waaragtig sal beloon; en so sal dit deur alle goeie sfere van die menslike lewe altyd as waarheid bly geld dat - waar en waarin ook maar iemand die goeie en die ware sal doen terwille van die goeie en ware self en daarin na die ware voleinding sal strewe - hy die regte waardering en beloning vanself sal en moet kry.

[2] Neem ons byvoorbeeld iemand wat daarna streef om volgens My leer die wedergeboorte van die gees te verkry wat waarlik by niemand sal uitbly as hy daar waaragtig met volle inset en die regte liefde daarna streef nie. Hierdie mens van ons voorbeeld weet dat die liefde tot God en die naaste die enigste moontlike weg hiertoe is. Hy hou hom nou streng aan alle gebooie van God, het God in sy hart soveel moontlik lief, doen alles wat hy kan maar net goed en ondersteun die armes ryklik; en as hy weet dat daar êrens `n mens is wat sy wysheid werklik uit God het, gaan hy daarheen, steun hom ryklik en word sy vriend.

[3] Hy doen dit jarelank; maar die beloofde wedergeboorte van die gees, waar hy met die dag meer op hoop en na verlang, vind tog nie plaas nie. Af en toe het hy wel verligte momente, maar dit is slegs flitse, waarby die lig nie blywend is nie. Dan sê hierdie man wat jarelank ywerig sy beste doen vir die wedergeboorte van die gees: 'Maar nou kom ek op die punt dat ek die hele kwessie van die wedergeboorte as suiwer fantasie beskou! Twaalf volle jare het ek tot op die uur alles gedoen wat die leer ook maar van my verlang het, en tog is ek nog selfs so ver soos toe ek begin het om daarvolgens te lewe en te strewe! Volgens my ervaring is daar werklik niks mee te bereik nie; daarom is dit die verstandigste dat ek weer as `n gewone mens op wêreldse wyse verder leef en my terugtrek van al die bedrieglike geestelike kontakte!'

[4] Hier kom die belangrikste vraag: Ja, waarom kon hierdie man wat egter eerlik sy beste gedoen het, nie die wedergeboorte van die gees bereik nie? Juis omdat hy al die goeie maar net gedoen het om dit te bereik! 

[5] Wie God en sy naaste om ander redes liefhet as terwille van God self en terwille van die naaste self, kom nie tot `n volledige wedergeboorte nie, omdat hierdie die mees direkte verbinding tussen God en die mens is.

[6] As iemand `n soortgelyke beweegrede het, dan plaas hy altyd `n skeidende wand tussen homself en God wat die geestelike lig nie kan deurlaat nie, ook al is die wand hoe dun, en daarom kan hy nie volledig één word met die Gees van God nie. En solank hierdie eenwording nie geskied nie, kan daar geen sprake wees van `n volledige wedergeboorte nie.

[7] Ek sê vir jou: Alles wat ook maar enigsins met eiebelang te maak het, moet uit die siel weg en die mens moet volkome vry wees, eers dan kan hy die hoogste bereik! Sê nou maar vir my of dit nou vir jou duidelik is!"

[8] CYRENIUS sê: 'Ja, nou sien ek ook dit helder en korrek in! Ja, tussen die doen van twee van dieselfde dinge bestaan daar werklik `n enorme verskil! Maar as mens dit weet, dan kan mens dit ook heeltemal goed doen, as mens maar die vaste wil het, en daar mag dit natuurlik nie aan ontbreek by iemand wat duidelik die enig ware rede gesien het en die weg wat hy moet bewandel nie. Maar voordat iemand dit sal insien, sal dit baie tyd en inspanning kos; want ook al glo mens dat mens nou alles verstaan, dan word dit tog maar weer al te gou duidelik dat iemand nog die een en ander en selfs heel belangrike dinge ontbreek. Maar nou glo ek dat daar by my nie so baie meer makeer nie! En as dit tog nog die geval is, dan hoop ek dat U liefde, o Heer, my dit op die regte oomblik sal gee.

[9] En nou kom, soos wat ek sien, ons Fariseërs al weer terug en hul leier is met Markus in `n intensiewe gesprek gewikkel. Ek is werklik nuuskierig watter effek die diepere insig in U wonderwerke gehad het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205