Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor die Romeinse opperpriester. Kritiek op die heidense priesterdom in Rome

7 CIRÉNIUS sê: “Heer, U weet hoe belangrik en moeilik my regeringspos is; maar dit kom my nou voor asof dit niks sou wees nie en asof dit vanself gedoen word, ook sonder my en asof dit alles vanself sonder my toedoen afgehandel word! Ek kom my nou bepaald alreeds behoorlik voor as die vyfde wiel aan `n wa; want ek weet naamlik dat U, o Heer, nou alle sake vir my reël en dat daar tydens my regering nog nooit `n groter orde bestaan het as juis nou nie, omdat U, o Heer, vir my sorg!

[2] O geseënde keiserryk! Rome, my vaderhuis, in watter hoë mate kan jy jou in die geheim daaroor verheug dat die Heer Sy barmhartigheidsoog op jou gerig het en ook uit jou ou mure en forte en hutte kinders wil uitverkies! Heer, ek staan vir U met my lewe daarvoor in: As U hier in Rome sou gewees het en voor die Romeine so `n teken sou gedoen het, dan sou daar geen mens gewees het wat nie aan U die hoogste, goddelike verering sou betoon het nie. Maar U ken U plan en ken U weë en dit is daarom wel die beste soos wat U dit gereël en bepaal het!”

[3] Ten slotte het ook My JARAH, wat haar tot nou toe muisstil gehou het, gesê: “Geëerde goewerneur, sê u maar niks oor Rome nie! Die eintlike Romeine geval my nog wel, maar daar is in Rome ook baie afgodspriesters, wat almal onder `n sogenaamde Pontifex Maximus* staan! Hulle het die volk in hul mag en met hul Hades- en selfs ewige nooit kwytskeldende, gruwelike Tartarusstrawwe, geestelik in `n gewetenswurggreep! Wee die een wat die moed sou hê om sy kop in so `n wespenes te steek! Waarlik, dit sou heel gou erbarmlik sleg met hom gaan! Ek glo dat julle priesters wat dit betref, nog duisendmaal erger is as die priesters van ons tempel, wat tog nog Moses en die profete op die rug en bors dra, ook al is dit merendeels maar uitwendig. Maar u priesters het ook uitwendig niks nie; al hulle doen en late bestaan uit die grootste selfsug en die onbedwingbare begeerte om dadelik maar oor alles te heers. *(opperpriester van die Romeine, ook die titel van die pous)

[4] Op `n keer het twee ondergeskikte priesters uit Rome, wat by ons herberg geloseer het, vertel en beweer dat die PONTIFEX MAXIMUS so `n hoë wese is dat selfs Zeus in eie persoon, wat elke jaar eenkeer die Pontifex Maximus besoek, homself sekerlik drie tot sewe maal voor hom buig voor hy dit durf waag om met sy allerhoogste verteenwoordiger op aarde `n woord te wissel om aan hom heel eerbiedig nuwe wette vir die sterflike volk van die aarde te gee. Weliswaar gee Zeus nie aan die Pontifex Maximus hierdie eer bepaald terwille van homself nie, maar net terwille van die dom sterflinge, wat daaraan die onuitspreeklike en onmeetlike hoogheid en majesteit moet erken, waarmee hy as die allerhoogste verteenwoordiger by die Romeine van die allerhoogste god op aarde beklee is.

[5] Hy sou op aarde meester wees oor alle keisers, konings, vorste, veldhere en talle ander voortreflike persone en ook die uitsluitende mag hê oor alle elemente. Stamp hy met sy uiters heilige voet toornig op die grond, dan tril dit dadelik van angs soos `n espeblaar in `n woedende storm en die berge op aarde begin vuur te spu en ondersteun daarmee die vertoornde Pontifex Maximus, sodat hy des te meer oorvloedig in die naam van Zeus sy altyd geregverdigde wraak kan afkoel.

[6] Goeie of slegte jare sou van hom afhang. As hy die aarde seën, is die oes op die hele aarde dadelik oorvloedig; seën hy die aarde egter nie, dan sal dit op aarde met die oes baie sleg daar uitsien en spreek hy selfs `n vloek oor die aarde uit, dan is dit uiters nadelig vir alles en dan kom daar oorlog, hongersnood, pestilensie en nog duisend ander ongehoorde plae oor die aarde! Zeus uitgesluit, moet alle gode hom gehoorsaam; as hulle sou weier, sou hy hulle vir honderd jaar van die aarde kon verban, wat egter nooit sou gebeur en nooit sal gebeur nie, omdat alle gode te veel en te diep oortuig is van die onuitspreeklike hoogheid van die Pontifex Maximus.

[7] `n Pontifex Maximus besit derhalwe `n drievoudige oppergesag: Ten eerste oor alle gode, behalwe Zeus, met wie hy natuurlik op gelyke rang staan, ten tweede oor die hele aarde en sy elemente en ten derde oor alle mense, diere en bome, struike en plante. Daarnaas gebied hy ook nog oor alle planete en oor alle sterre, het die wolke, winde, weerligstrale, donder, reën, hael en sneeu in sy hand en die see beef voortdurend voor sy oneindige mag!

[8] En so het op hierdie manier die twee Romeinse priesters aan my nog heelwat oor hul Pontifex Maximus voorgehou. `n Oomblik het ek gedink dat hulle hulself teenoor my net `n ontydige flou grap veroorloof het, maar ek het my ongelukkig maar al te gou daarvan oortuig dat beide dwase dit heel ernstig gemeen het. Want toe ek hulle daarop begin te vertel oor die enigste ware God van Abraham, Isak en Jakob en oor Sy dade, het hulle begin om my werklik deeglik uit te lag en het my uiters lewendig verseker dat ek heeltemal op `n dwaalspoor en verkeerd was; want hulle sou duisend bewyse hê dat dit so was soos wat hulle dit aan my vertel het.

[9] Ek het hulle gevra of hulle ook geweet het of die Pontifex Maximus sterflik of onsterflik was. Daarop het die een hom ietwat oorhaastig verspreek en gesê, dat die Pontifex Maximus weliswaar, wat die aarde aanbetref, nog sterflik is; maar dat Zeus hom, wanneer hy sterf, dadelik in die hoogste Elysium (paradys) opneem, waar hy dan gedurende honderd jaar aan die tafel van Zeus eet en daardeur ten slotte ook in die ryk van die gode self `n egte god word. Met die verhaal was die ander dit nie heeltemal eens nie, want hy het dit dadelik as volg gekorrigeer: “Jy het nou weer `n hoop Germaanse onsin kwytgeraak! Sedert wanneer is `n Pontifex Maximus dan sterflik?! Wat jy oor hom gesê het, geld maar net vir ons onderpriesters, veral as ons nie sou slaag om die guns van die Pontifex Maximus volkome te verwerf nie; die Pontifex Maximus sterf nooit nie en kan nie sterf nie, omdat Zeus vir altyd onsterflikheid aan hom verleen het! “Kyk”, het hy verder gesê, “ek ken nou reeds die vierde en van al vier het daar nog nie een gesterf nie en nogtans sit daar steeds maar net een onsterflike op die troon en nie vier nie, hoewel hulle almal volmaak onsterflik is, omdat geen Pontifex Maximus ooit kan sterf nie en ook die allerhoogste troon op aarde nooit kan verloor nie.”

[10] Ten slotte het ek toe weer gesê: “Maar dit is immers totaal onmoontlik! Hoe kan vier dan een wees en een vier?! Dit kom my egter as Germaanse onsin voor! “Kortom”, het ek gesê, “julle Pontifex Maximus word as `n wêreldse nar deur julle toedoen bestempel en verder is hy net so goed `n sterflike mens soos een van ons en sy mag bestaan veral uit die wapens van die keiser, die groot domheid en blindheid van die verwaarloosde volk en ten slotte uit `n bepaalde soort uiters miserabele toorkuns; want vir dom en geestelik blinde volke kan jy maklik wonderwerke doen! Ag, val my nie met julle domhede lastig nie! Dit is al voldoende dat julle so uiters dom is, waarom sou ek dit in julle geselskap ook nog moet word?'

[11] Hieroor het beide baie kwaad vir my en ook vir mekaar geword en hulle het weldra begin om mekaar die bitterste verwyte toe te slinger en het vegtend die deur uitgegaan. Ek het hulle nog vanuit die venster gevra, terwyl hulle soos `n paar honde aan die veg was, of die Pontifex Maximus dit ook voorgeskryf het deur `n nuwe wet van Zeus uit die Elysium. Maar gelukkig het hulle my stem nie gehoor nie en het aan mekaar steeds meer die PRO en KONTRA van die onsterflikheid van die PONTIFEX MAXIMUS, bewys totdat ten slotte `n paar van ons huisknegte hulle uitmekaar getrek het.

[12] Nou vra ek u egter, liewe, geëerde Cirénius, hoe sou dit met die Heer in Rome by sulke oerdom volksfanatisme gegaan het? Sonder vuur en swaelreën beslis meer as sleg! O, die liewe Heer het dit alreeds van ewigheid geweet waar dit tydens Sy tyd op aarde nog steeds die beste en sinvolste sal wees en het daarom ook juis hierheen en nêrens anders op die wêreld te midde van Sy mense gekom nie! Kyk, dit is nou my mening; wat dink u daarvan? Wat dink u, of wat dink die keiser in Rome dan van die dreigende PONTIFEX MAXIMUS?”