Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 266

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die geestelike sien

266 (DIE MEESTER:) “Want sien, dit is My wil dat diegene wat volgens Moses se wette lewe, ook wat hul aardse goedere aanbetref, nie armsalig hoef te lewe nie.

[2] En daarom het Ek dan ook hier na julle toe gekom om ten eerste aan julle almal te verkondig dat God se ryk en dus ook alle hemele in en deur My na julle op hierdie aarde gekom het, wat nou reeds `n groot aantal voorheen oortuigde heidene erken en openlik bely, sodat vervul word wat Daniël geprofeteer het: “Ook hulle wat in die graf is, sal Sy stem hoor!” Want dit is die heidene wat reeds van die wieg af aan begrawe was in die graf van die nag, die oordeel en die dood.

[3] En ten tweede wil Ek wat die aardse betref, daarvoor sorg dat julle, julle kinders en kindskinders, wat liggaamlike behoeftes aanbetref, geen nood hoef te ly nie. Ek wil weliswaar nie dat julle in groot oorvloed swelg nie, maar julle hoef ook geen groot nood te ly nie, wat tot nog toe by julle dikwels die geval was.

[4] En die derde rede waarom Ek hierheen gekom het weet jy trouens al, naamlik dat Ek van plan is om hier in hierdie stille omgewing met My leerlinge enkele dae te rus. - En noudat Ons met hierdie noodsaaklike saak vir julle voltooi is, sal Ons weer huistoe gaan en sien wat daar alles plaasgevind het!”

[5] Onderweg sê DIE HERBERGIER: “Majesteit en Heer! Sou U dit nie aangenaam vind as ons oor hierdie klein hoogte, en derhalwe langs `n klein omweg na die huis toe loop nie? Want vanaf hierdie hoogte geniet mens waarlik `n buitengewoon heerlike uitsig; mens kan daar selfs ook Jerusalem sien, ook `n deel van die See van Galilea, en by baie helder weer kan mens selfs die groot Griekse See sien! As U dit sou wil, Heer, sou ek U nou graag hierdie plek laat sien wat vir my `n egte plek van saligheid is!”

[6] EK sê: “Dit wil Ek graag doen; want ook Ek is `n vriend van die berge en die baie wye uitsigte, laat Ons daarom hierdie klein hoogte bestyg!”

[7] Ons klim dus `n endjie omhoog en dit was egter mooi daarbo, en Barnabe was byna onuitputlik in die aanprys van die mooi omgewing.

[8] Maar EK vermaan hom en sê: “Dit is nie te ontken dat die omgewing hier vanaf hierdie top beskou baie mooi is om te sien nie, - dit kom deur die totaalbeeld; maar as jy nou elke ding apart, wat julle hier in die totale beeld sien, naby jou bring, dan sal jy spoedig genoeg kry van die skoonheid van hierdie streek!

[9] Slegs dit wat deel uitmaak van die siel en die gees is waaragtig en vir ewig blywend mooi. As alleenlik maar net daardie beeld van hierdie omgewing jou nou hier geval, en haar pragtige kleurespel, dan beleef jy tog nog altyd meer vreugde aan die materie en haar vorm, as aan die geestelike, wat die starre vorm vir jou as in `n groot skrif vertolk. Maar ag, as jy in staat sal wees om al hierdie vorms met jou innerlike geestelike oë te sien, te lees en te verstaan, dan sal jy ook met Dawid kon uitroep: “O Heer, hoe groot en heerlik is al U werke! Wie dit kan sien, beleef suiwer genot!”

[10] Kyk, die ware sien van al God se werke is die bekyk hiervan met die oë van die gees, waaruit die siel dan haar ware begrip put, en dit gee die mens eers ware vreugde wat nie meer verganklik is nie, maar vir altyd en ewig die siel se eiendom bly. En as jy dan ook die geesteswêreld wil aanskou, dan sal jy dit ook eerstens maar net geestelik sien, deur aanvanklik maar net die vorm van hierdie wêreld te verstaan, en deur vervolgens steeds meer insig te kry in die verskillende aktiwiteite, die strewe en die onderlinge verhoudings van hierdie vorme wat jou nou sonder `n verdere en diepere insig reeds so baie geval.

[11] Die geestelike sien is in die eerste instansie slegs `n insien van die uiterlike ooreenkomste in die toestande; en as mens homself dan aldeur beoefen in die suiwer liefde tot God, en van daar tot die naaste, en dit ook met `n suiwer gemoed, wat soveel moontlik vry is van sonde, dan gaan die sien en verstaan oor in `n helder beskouing en lewer aan die siener dan die bewys dat hy één geword het in homself, en ook die ware wedergeboorte van sy gees bereik het, en die opstanding van die siel uit die materiële dodegraf van haar vlees bereik het. - Verstaan jy My goed?”

[12] DIE HERBERGIER sê: “O Heer en my waaragtige God! As ek dit werklik tot op die bodem sou verstaan het, sou ek seker een van die gelukkigste mense op hierdie aarde gewees het; maar sover is my begrip nog lank nie gevorder nie, ofskoon ek nou wel bepaalde vae vermoedens begin kry van wat U eintlik vir my wil sê! My dogter Elisa, wat tog al so `n halwe siener is, sou U uitleg duidelik beter verstaan het as ek; maar ek het ook iets verstaan! Maar daarvoor is buitengewoon baie nodig om in die uiterlike vorm die innerlike, suiwer geestelike ooreenkomste te vind, en om dit in hulle tallose verhoudings korrek te verstaan. Heer, kan U dit nie vir my deur `n passende gelykenis bietjie duideliker maak nie?”

[13] EK sê: “O ja, sekerlik, luister na My?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205