Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus besigtig die wonderbaarlike bouwerk

20 Daarop het die twaalf hulle verheug na die tuin gehaas en met die grootste verbasing gesien wat die tuin bevat en hulle is ook deur Markus self die huis binnegelei, waar hulle alles met groot verwondering in oënskou geneem het. Maar Markus het aan hulle net so min as Cirénius meer daaroor vertel, ondanks al hul vriendelike vrae; want Ek het aan Cirénius, net soos aan Mathaël, ingegee wat hulle moes sê en is hier die weg gebaan vir die moontlikheid om ook hierdie eienaardige mense, wat nou met Markus na `n halfuur weer heel nuuskierig na ons toe gekom het, tot die geestelike waarheid te bekeer.

[2] Toe Markus met RafaEL, wat hom die doelmatigheid van alles wat in die huis was, laat sien het en met die twaalf afgevaardigdes na My tafel gekom het, het RAFAEL heimlik aan hom gesê: “Spaar jou die moeite om hierdie keer die Heer hardop te loof, wat dit tog al luid genoeg uit jou hart hoor; want dit gaan nou daaroor dat hierdie twaalf Caesareërs moontlik ook tot die Heer bekeer sal word! Hulle het eintlik heeltemal geen geloof nie, maar is pure ateïste uit die mooi skool van Epikuris, een van die vernaamste grondleggers van die liewe genootskap van die Essene.

[3] Dit is ses Grieke en ses Judeërs, wat almal volmaak eensgesind en gelykgestemd is en heimlik aan die orde van die liewe Essene behoort. Kortom, hierdie twaalf is egte waaghalse, waarmee absoluut nie maklik onderhandel sal kan word nie. Hulle is baie ryk en besit onmeetlike skatte op hierdie aarde, wat die rede is waarom hulle met die oppergoewerneur van die stad so heel gemaklik praat asof hulle sy gelyke kan wees.

[4] Dit sal moeilik wees om hulle te bekeer! Maar indien dit sal slaag om hulle - nie soseer deur bepaalde opvallende wonderwerke nie, maar veeleer deur woorde - tot die waarheid te lei, dan sal baie daarmee gewen wees; want elkeen van hierdie twaalf het as meester die beskikking oor sowat honderdduisend mense.

[5] Die Heer mag daarom voorlopig gladnie aan hulle bekendgemaak word nie. Cirénius bly nou die middelpunt en na hom kom jy, as dit noodsaaklik mag wees; en as alles goed gaan, dan kom ek eers en eers aan die einde die Heer Self! Bly egter nou maar hier, want dit sal `n belangrike jag word! Maar wees nou stil!”

[6] CIRÉNIUS vra aan Roclus: “Wel, hoe geval my wonderbaarlike bouwerk jou? Sou julle ook iets dergeliks ten tonele kon voer?”

[7] ROCLUS sê: “Hou u maar op oor die wonderbaarlike bouwerk asof u dit met u hande gemaak het! U is weliswaar `n baie magtige meester, meester deur die groot aantal soldate wat u het en hul skerp swaarde; maar die huis en die tuin en die hawe en die groot skepe het u net so min gebou as ons!

[8] Met `n groot aantal bouwerkers sou u dit wel in 5 tot 10 jaar kon gebou het, dit gee ek u graag toe; want die mag van die swaard en die geld is groot in hierdie wêreld. Een van u beroemde digters, wie se werk ek gelees het, sê van die mense: “Niks is vir die sterwelinge te moeilik nie; selfs die hemel wil die mens in sy vermetelheid klim!” (Horatius) En so staan dit met die mens, hierdie naakte stofwurm! Gee aan hom middele, mag en tyd en hy sal weldra vir jou berge gaan versit en seë en mere drooglê en die riviere `n nuwe bedding vir die vloei van hul stroom gee! Dit alles is op sigself egter by niemand `n wonderwerk nie, maar `n heel natuurlike handeling van die mense met verenigde kragte vir een en dieselfde doel.

[9] Maar die huis hier, die tuin en sy uiters weelderige gekultiveerde aanleg, die omringende en beskermende muur wat asof gegote daar staan en uit één stuk marmer blyk te wees, net so die groot, hoë hawemuur wat hier en daar moontlik wel tot `n diepte van 10 tot 20 manslengtes sal reik en dan nog die vyf groot vlagskepe met al hulle touwerk en toerusting! Nee, my andersins baie wyse en buitengewoon magtige gebieder, dit toor die vermetele mensdom ewemin as die “tafeltjie, dek jou!” van die Persiese towenaars in `n oogwink te voorskyn, soos wat dit hier voor ons die geval was en is en ook seker sal bly; want dit is geen fata morgana, dit wil sê lugspieëling deur leë en nietige lugkastele nie, maar die deugsaamste waarheid, wat elkeen sal ondervind as hy sin sou hê om met sy hoof deur hierdie mure te wil hardloop.

[10] By al die honderde towenaars wat ek gesien het, het ek nog nooit gesien dat een of ander werk van hulle blywend was nie. Daar gebeur wel iets, waarvan mens nie weet hoe en met watter middele nie en daar word ook altyd iets sigbaar; maar weldra vergaan dit soos `n skuimbel op die water en as dit eenmaal weg is, roep geen magiër dit nie weer te voorskyn nie! Maar ek sou eers die towenaar wil sien wat hierdie werke ook so liggies sou kon wegblaas! By u sou ek sonder meer my hele vermoë wil verwed, dat u nooit sou slaag om dit alles net sommer met `n gedagtestreep weg te blaas nie!”