Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Ware en verkeerde wêreldse werksaamheid

159 CYRENIUS sê: 'Ja-seker, Heer en Leraar van die ewigheid; maar ek het hieroor nog `n vraag, en wel die volgende: As die mense werklik baie bedrywig en werksaam word op die talle verskillende gebiede van die lewe met sy duisende behoeftes, dan is dit egter ook duidelik dat hulle daardeur van die geestelike lewensweg wat op sigself vol inkeer en rus is, al baie meer sal oorgaan tot suiwer wêreldse materialisme, en dan sal daar weinig meer sprake wees van `n wedergeboorte van die gees.

[2] Ook het ek uit U mond die leer verneem, waarvolgens `n mens hom juis geen sorg moet maak om in die aardse lewe vooruit te kom soos wat die heidene dit doen nie, maar dat `n mens veral God se ryk en Sy Geregtigheid moet soek, die res sou dan wel vanself kom.

[3] Hoe moet mens hierdie leer nou sien met betrekking tot U nuwe leer, waarvolgens mense altyd volop moet werk? Kyk, Heer, dit kan ek nie so goed met alles in ooreenstemming bring nie! Daarom sou dit goed wees, Heer, as U my dit `n bietjie duideliker wou maak."

[4] EK sê: 'Ons het nog anderhalfuur tyd, en Ek sal jou op hierdie vraag wel `n antwoord gee. Let dus goed op wat Ek jou hieroor in `n gelykenis gaan sê!

[5] Kyk, twee mense gaan na `n meester in `n buitengewone nuttige en mooi kuns! A doen dit om die vak te leer, om hiermee later self sy brood te verdien. Hy leer ywerig en rig sy aandag op alles wat nodig was om die vak te bemeester, en aan die einde was hy besonder bly toe hy van die meester `n getuigskrif kry waarin geskryf staan dat hy volleerd en nou self meester was. Wel was daar nog sommige geheime van die vak waarvan hy niks geweet het nie. Maar daaroor is hy nou weinig besorg oor, want hy het nou die getuigskrif waarmee hy sonder te veel inspanning goed sy brood kan en moes verdien.

[6] Die beweegrede wat B na die meester bring, was baie anders en moes daarom op hom ook `n heel ander uitwerking tot gevolg gehad het. By B gaan dit nie om die brood nie, daaraan dink hy gladnie, maar slegs om die kuns, om die kuns as sodanig. Sy strewe wat al die ander op die agtergrond plaas, was enkel en alleen om so intens moontlik vertroud te raak met alle geheime van die kuns wat hy wou leer.

[7] En die meester, wat wel gesien het dat die leerling dit nie doen vir die brood nie, maar geheel en al om volledige kennis van die goddelike kuns te bekom, - daarom beleef die meester self groot vreugde aan hierdie leerling. Hy bestee baie aandag aan hom en bring vir hom baie grondig alle moontlike geheime van die vak na vore. En die gevolg was dat B later as `n volleerde meester in die kuns `n dermate onoortreflike kunswerk tot stand gebring het, waarvan die roem en die lof selfs `n koning ter ore gekom het en die koning vervolgens die kunstenaar na hom toe roep om ook aan hom sy kunswerk te toon. Die kunstenaar doen dit egter nie omdat hy hoop om nog beter te word, om die koning daardeur `n veel groter genot te verskaf.

[8] Toe die koning dan die groot kunswerk te siene kry en homself oortuig van die buitengewone nuttigheid daarvan, sê hy: 'Wat, groot meester, kan ek vir jou doen? Jy mag `n beloning van my vra en bowendien is jy van nou af aan `n gunsteling aan my hof, sodat jy jou kuns hier kan uitoefen!

[9] En die kunstenaar spreek diep ontroer deur die guns van die koning: 'Mees verhewe meester en wyse heerser en gebieder! U barmhartigheid en u welgevalle aan die kunswerk is vir my al die grootste beloning! Want ek het hierdie kuns nie uit winsbejag nie en nie eens terwille van my daaglikse brood gemaak nie, maar enkel alleen uit suiwer liefde vir hierdie kuns, met inspanning van al my kragte tot in my siel geleer; en juis daarom is dit vir my reeds die grootste vreugde en die hoogste loon dat dit nou ook in die oë van die mees wyse koning so `n buitengewone waardering gevind het.'

[10] Wat dink jy wat die nou nog meer verheugde koning daarop met die kunstenaar gedoen het? Sien, hy spreek: 'Nou sien ek eers dat jy `n geheel en al volleerde kunstenaar in jou vak is! Want as jy hierdie kuns, ook al is dit op sigself hoe pragtig, slegs terwille van die verdienste en die brood geleer het, sou jy dit nooit tot so `n volmaaktheid gebring het nie. Want wie iets leer om sy brood daarmee te wil verdien, dink altyd maar net aan sy lewensonderhoud; hy is gou tevrede met die weinige wat hy oppervlakkig geleer het en bereken daarnaas maar net hoe hy uiteindelik die tekortkominge in sy kennis met valse skyn kan verskans, sodat die mense sy swakte nie voor oë sal kry nie, maar hom tog maar as `n groot meester sal beskou. Maar na verloop van tyd sal hy weinig daaraan hê; want juis sy slegte en gebrekkige werke sal hom verraai.

[11] Maar vir jou, wat die kuns terwille van dit self geleer het, was dit maar net belangrik hoe jy in haar grootste en diepste geheime kon deurdring. Vir jou gaan dit om die volste waarheid van die kuns en juis daarom het jy ook `n besondere, ware kunstenaar geword wat ek kan gebruik. En aangesien jy jou tot op hede geen sorg gemaak het oor brood en verdienste nie, sal jy nou by my in waarheid egter, prima en blywend jou brood verdien en jou loon kry! Want vir ware kunstenaars en vir ware geleerdes en wyses het ek as koning altyd genoeg vakatures, eweas die daarmee gepaardgaande brood en loon.' Daar het jy nou die duidelike toeligting op jou beswaar."