Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Epifanus, die filosoof

210 Een van hulle wat vroeër met Hiram oor die begrippe “oneindigheid”, “ewigheid” ensovoorts gespreek het en wat Epifanus heet, sê nou aan Hiram: “Wel, dit is al so `n egte Persiese staaltjie wat hom baie goed geluk het! Maar één ding verstaan ek nie, en dit is: waar kry Asiona die kosbare wyn en daardie kosbare vat vandaan?”

[2] Hiram sê: “Ja, my vriend Epifanus, ek sê jou dat dit louter wonderwerke is van die wil van die Een wat Hom juis nou met die wyn gewas het! Het jy nie gehoor wat hy Asiona as antwoord gegee het toe hy Hom vra of Hy water nodig gehad het nie?”

[3] Epifanus sê: “Ja, dit het ek gehoor; dit het egter ook heeltemal die karakter van die Indo-Persiese towenaars! Want hulle verstaan ook die kuns om hulle dadelik met grootse en magtige woorde aan die leek voor te doen as skeppers van die vuur, die water en allerlei ander dinge, en loop dan met `n ligkring rond wat iemand soos Zeus hom byna kon gegee het, as hy sou bestaan het en die aarde sou betree. Wel, jy het dit immers self in Memphis gesien met watter verskriklike patos die towenaars hul voorstellings daar gee! Uiteindelik het hulle selfs ook ons verstand vir ruim driekwart om die bos gelei en ons was al byna sover dat ons hulle sou aanbid. Elkeen wat iets buitengewoon tot stand kan bring, kan ook met `n goeie gewete grootse dinge oor homself sê; en by hom sal dit wel nie minder die geval wees nie! Maar wat my hier nou egter werklik opval, soos wat ek al opgemerk het, is die wyn. Waar het Asiona dit vandaan gekry?”

[4] Hiram sê: “Ek wou dit netnou al vir jou sê, maar jy het my te vroeg in die rede geval. Kyk, Hy wat vir Asiona gesê het: “Alle water van die aarde en ook van die hemele kom van My; hoe sou dit My tot waswater moet dien?- het die wyn enkel en alleen deur Sy wil uit die water geskape, en nou selfs uit die lug; want die vat het Hy eers heeltemal leeg gemaak: Wel, wat sê jy daarvan?”

[5] Epifanus sê: “Ja, as dit so is, dan sou dit inderdaad baie besonders wees! Daar moet weliswaar bepaalde towenaars uit Indië gewees het wat `n buitengewone krag in hul wil en in hul blik gehad het sodat hulle die wildste diere oombliklik dermate in hul bande kon kry, dat hulle soos dood op één plek moes bly staan, en met hom laat doen wat so `n towenaar ook wou; ook op die winde, wolke en bliksems kon hulle skynbaar werklik hulle wil oplê! Dit het dus alreeds gebeur. Wel, of hulle van water of lug ook die beste wyn kon maak, weet ek werklik nie; maar wat `n mens wel van die ou towenaars weet, is dat hulle water in bloed, en reën in louter paddas kon verander het. Daar is net natuurlik `n sterk geloof daarvoor nodig; want so-iets het ons nog nooit gesien nie. Maar dit het ons nou self gesien en ons kan dus in elk geval as volg dink: As dit moontlik is, kan die ander ook moontlik gewees het. Maar ons sal nou nie verder hieroor oordeel nie. Asiona kom reeds met die maaltyd aan en ons is al honger, laat ons daarom verdere besprekings vir later bewaar!”

[6] Die mense word nou vir die maaltyd geroep. Almal neem aan die vergrote tafel plaas, en begin op My uitnodiging flink te proe en te eet. Die visse was spoedig op en daar word brood en wyn opgedis.

[7] Wanneer die bure, wat mens nog as leke kan beskou, die buitengewoon heerlik smakende brood en die voortreflike wyn proe, word hulle eers opgewek en Epifanus sê met `n ondersoekende blik: “Ja, nou begin ekself te glo dat ons dit hier nie met gewone en natuurlike toorkuns te doen het nie; want van so-iets het die mensdom, volgens my nogal omvangryke kennis, nog nooit gehoor nie! O, die wyn is werklik oneindig goed!”

[8] Ek sê: “Dit kom goed uit dat jy met die begrip “oneindig” gekom het! Want so ewe het jy Hiram verwyt dat hy sy brein verbrand het, omdat hy daaroor met jou begin praat het dat My mag deurwerk in die hele oneindigheid van die ruimte en die hele ewigheid van die tyd, en hoe ook in My alle krag, al die lig en al die lewe verenig is, en hoe dan ook alles wat die oneindige ruimte in geestelike en natuurlike opsig vervul, enkel en alleen uit My voortgekom het. Wat dink jy nou by jouself daaroor? Wat verstaan jy onder die begrippe: oneindigheid, ewigheid, ruimte, tyd, krag, lig en lewe?

[9] Want weet jy, beste vriend, as mens aan iemand sê dat hy `n brein het wat deur die son verbrand is, wanneer hy hom daarmee besig hou om dergelike groot en veelseggende begrippe selfs op `n buitengewone mens te betrek, dan moet `n mens self nog beter begrippe hê; want slegs dan kan `n mens aan sy buurman sê dat hy verward is, as `n mens self, wat `n bepaalde kwessie aanbetref, beter insigte het. Vertel jy My daarom nou wat jy oor die vaneffe genoemde begrippe dink?”

[10] Epifanus word deur hierdie vraag van My `n bietjie verleë, maar vermaan homself dan tog spoedig en sê: “Ja, goeie Heer, om iemand daaroor duidelike uitleg te gee, sou vir elke sterfling wel een van die grootste onmoontlikhede wees; want hier is werklik letterlik van toepassing dat niemand `n ander kan gee wat hyself heeltemal nie in besit van is nie!

[11] Hoe kan die beperkte, klein mens die oneindige ruimte ooit bevat? Hy kan met sy gedagtevlug nog so baie in alle rigtings in die dieptes van die ewige ruimte dring, dan bly hy tog in vergelyking tot die onbeperkte totaliteit van die ruimte steeds op dieselfde punt wat teen die totaliteit van die ewig oneindige ruimte tog soveel as heeltemal niks is nie; en om dieselfde rede kan `n mens die tyd na die toekoms of na die verlede nooit bevat nie, omdat hy ook in sy ontstaan, bestaan en vergaan, self begrens is soos in die ruimte.

[12] Dat mens wel iets kan sê oor `n beperkte ruimte en oor `n afgemete en begrensde tyd, weet mens van ouds af uit ervaring; want die begrensde kan iets wat aan homself verwant is, wel bevat, maar nooit iets wat in die hoogste graad nie aan hom verwant is nie. En byna dieselfde geld vir die bevat van die begrippe “krag”, “lig” en “lewe”. Wel besit die mens krag, lig en lewe; maar tot nog toe is geen enkele wyse in staat gewees om hiervan `n duidelike en geheel en al begryplike definisie te gee en sodoende ek ook nie, omdat ek by alles wat ek is, die minste `n wyse is. U, goeie Heer, het my gevra en ek het U geantwoord. As U ons hierdie begrippe volledig bevredigend kan uitlê, sal ons U daarvoor baie dankbaar wees.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205