Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Essene gis oor die persoon van RafaEL

56 ALMAL kom en sê: “Vriend, dit is uiters suiwer goud en die hele klomp sou wel `n nouliks skatbare hoë waarde kan hê! En hierdie onbeskryflike mooi jongeling het alleenlik deur sy wil bewerkstellig dat hierdie bruin granietsteen nou selfs `n groot klomp goud geword het? Dit kan geen enkele magiër doen nie! Dit is dus `n egte wonderwerk, net vir `n God moontlik, wat ons weliswaar tot dusver almal as `n versinsel beskou het, maar hierdie feit het duidelik aan ons iets anders gesê. Hierdie pragtige jongeling is `n god, niks meer en niks minder nie! Hy moet deur ons aanbid word en ons moet aan hom offer wat ons maar kan, sodat hy nie kwaad word vir ons en ons selfs sou verlaat nie!”

[2] ROCLUS sê: “Hy beweer van homself dat hy net `n leerling en dienaar van die steeds beroemder wordende Nasaréner is. Hy is dus geen god nie; maar des te duideliker kom hier die onbetwisbare Goddelikheid van die Nasaréner na vore! Ook het julle so pas gesien met watter geweld ek op die grond geval het, waardeur ek hewige hoofpyn gekry het en met `n heel sagte asemteug uit die mond van die jongeling is die pyn letterlik weggeblaas. Dus is die jongeling volgens sy eie woorde net `n student en dienaar van die Nasaréner en verdien weliswaar al ons respek, maar geen aanbidding en geen offer nie! Omdat hy dit ongetwyfeld nie is nie, moet ons nou net na die Nasaréner soek; het ons Hom, dan het ons alles!”

[3] Die METGESELLE sê: “Is hierdie jongeling ten slotte nie dieselfde Nasaréner nie?”

[4] ROCLUS sê: “Nee, nee, dit is hy nie! Ten eerste is hy veels te jonk daarvoor; dertig jaar, hoe kom julle daarby!? Hierdie jongeling is skaars sestien jaar oud! En ten tweede het ons die hoogste eie bekentenis van die jongeling self! Sy moedswilligheid is wel `n bietjie erg, maar van `n leuen is by hom absoluut geen sprake nie, dit waarborg ek aan julle, geen spoortjie van `n leuen is by hom nie; want so goed het ek hom wel leer ken! Opreg is hy sonder meer, soms ook wel `n bietjie ondeund, wat ons vanweë sy jeugdige leeftyd graag deur die vingers wil sien, te meer daar hy so `n pragtige jongeling is soos ek in my lewe nog nooit gesien het nie! Mens sou byna dink dat hy `n baie mooi verklede meisie is; maar hy sien vir my soms tog veels te ernstig daar uit, sodat ek hom dan ook ondanks sy baie vroulike skoonheid tog as `n manlike persoon moet beskou. Ook is hy veels te wys vir `n meisie; want meisies, ook al is hulle hoe mooi, is altyd `n bietjie dom en kan hulleself nooit as te nimmer tot die wysheid van `n man verhef nie. Maar hy besit `n baie besondere wysheid, waarmee mense soos ons nie kan wedywer nie. Dit alles bewys egter ook dat hy nie die Nasaréner self is nie, maar `n regte dienaar van Hom. Laat hy ons na die Nasaréner bring!”

[5] Nou het Roclus hom weer tot RafaEL gewend en sê: “Luister, jou liewe, ofskoon enigsins ietwat ondeunde dienaar van die Nasaréner! Ons albei is klaar met mekaar en ek en my kollegas vra jou nou net nog om ons te laat sien waar ons die uiters beroemde Nasaréner kan vind en ontmoet!”

[6] RAFAEL sê: “Ja, nou mag en kan ek jou, ook al is dit in breë trekke, wel aan jou sê dat die baie beroemde Nasaréner Homself juis hier bevind! Die regte Persoon kan jy met jou skerpte van verstand wel self vind onder hierdie ruim honderde gaste! Sien, as jy nie so `n skerp verstand gehad het nie, dan sou ek die persoon van die Nasaréner wel aan jou gewys het; maar jou skerpte van verstand verhinder my om dit te doen! Gaan daarom goed soek en jy sal die Regte Persoon wel vind!”

[7] ROCLUS sê: “Dis `n steek wat jy met jou opmerking gegee het, - dit maak nie saak nie; my verstand is desondanks nie te verag nie! Wat ek daarmee nie kan vind nie, vind ek wel met my hart; want dit behoort tog ook nie bepaald tot die minste op hierdie wêreld nie. Maak jou geen sorge oor my nie, my jong, baie wyse vriend, ek sal nie lank hoef te soek nie en sal spoedig die Regte Persoon vind en hê!”