Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 208

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die voorbereidings vir die oggendete

208 Toe die bure dit van Hiram verneem het, het hulle hulleself onmiddellik gereed gekry en met Asiona en Hiram na ons toe aangekom.

[2] Maar toe hulle ons nog slapend voor die hut van Asiona aantref, sê een van hulle: “Ag, hulle slaap nog; dan kan ons nou selfs gou huistoe gaan en ons familielede vertel wat hulle die hele dag moet doen!”

[3] Asiona sê: “O, laat dit daar! Hulle sal wel weet wat hulle te doen staan; want my gaste sal wel daarvoor sorg, soos wat hulle ook gisteraand gesorg het dat daar orals vuur op die vuurherde gekom het om die visse te kook, en daar in elke huis voldoende sout gekom het.”

[4] “Wat”, sê `n BUURMAN, “het die vreemdes dit gedoen?! Nou, dit moet dan wel buitengewone towenaars wees! Die wat ons seker êrens in ons nood op een van ons reise leer ken het, het miskien êrens in Césarea Philippi by die Romeine na ons verneem, en het gekom om ons te besoek en ons miskien ook `n bietjie uit die nood te help!”

[5] Asiona sê: “Hulle ken wel ons hele doen en late, maar op ons reise het hulle ons persoonlik nooit gesien of êrens besoek nie, en hulle is allesbehalwe towenaars, waarvoor ek hulle ook in die eerste instansie beskou het. In die loop van die dag sal jy nog ruimskoots geleentheid hê om te wete te kom wie hulle, en veral ook hulle Heer, is. Kort en kragtig, veral die Heer is iemand soos wat daar nog nooit voorheen een bestaan het nie, solank die mense op hierdie aarde gedink het en hul dade opgeteken het op die ystertafels van die groot wêreldgebeure nie. Dit is vir die oomblik genoeg; dink daaroor na! Ek moet nou in die kombuis gaan sien hoe dit met die oggendete gesteld is.”

[6] Asiona gaan nou na binne en sien dat sy mense daar baie druk besig is om alles te berei en gereed te kry, en die vuurherd brand dat dit `n begeerte is en alle roosters, braaispitte, potte en panne is volgeprop met visse wat ontgraat is op die gebruiklike manier van die môreland. Ook is daar geen gebrek aan welriekende kruie nie, waarmee die visse smaaklik gemaak word. Asiona kyk ook in die voorraadkamer hoe dit gestel is met die benodigde brood. Hy vind alle rakke vol en daar is verskeie groot kruike en ander kosbare vate wat `n buit uit die skip was, vol van die beste wyn.

[7] En Asiona roep baie verruk uit: “O Heer, alle lof en eer net aan U; want dit alles is alleen U Goedheid en Mag!”

[8] Sy vrou hoor dit egter en sy vra hom watter Heer hy eintlik bedoel; want tot nou toe het hulle gedink dat hulle vrymense was wat geen Heer bo hulle gehad het nie.

[9] Maar Asiona sê: “Jy is `n vrou en daarom dom, en jy weet niks behalwe hoe om vis goed gaar te maak nie. Wie het dit alles dan hier vir ons besorg? Kyk, Hy wat dit gedoen het, is ook ons Heer en ons grootste Weldoener. En vra nou nie verder nie, maar doen jou werk goed!”

[10] Toe word die vrou dadelik muisstil, want sy weet dat by soortgelyke geleenthede daar nie met haar man baie te praat is nie, en weinig te redeneer was. Net die woord “Heer” gaan nie meer uit haar hart nie en sy dink baie diep daaroor na.