Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Doel van die boetedoenings in Indië

38 RAFAEL: “Jy was wel in Indië gewees en het heelwat verkeerde gebruike gesien, naamlik die harde boetedoenings. So-iets is vir `n suiwer verstandsmens sonder meer `n dwaasheid, verbind met `n in elke geval skynbaar gruwelike willekeur van die priesterkaste aldaar. Maar tog is dit nie heeltemal soos wat dit blyk te wees nie. Hierdie volk leef in `n land wat op aarde die grootste groeipotensiaal besit vir plante asook vir diere en mense. Gaan eers in die land na die bosse in die berge, dan sal jy daar dae lank kan rondloop sonder ook selfs op die oudste bome ook maar één dorre takkie te vind en breek jy van so `n boom `n tak af en lê jy dit heeltemal vry en oop neer, selfs op sanderige grond, dan sal jy die tak na een jaar sekerlik nog heeltemal groen aantref, ja, heel dikwels selfs met nuwe wortels in die grond.

[2] Die lewensvatbaarheid is dus veral in die gebiede in die middelgebergtes buitengewoon groot, sowel by plante as by diere. Mens kan daar aan `n dier of ook aan `n mens `n beduidende wond besorg, dan sal dit tog nie sulke erge pyne veroorsaak nie, omdat die lug wat dit bedek, alreeds geneeskragtiger daar werk as die mees geneeskragtige pleister hier. As iemand jou hier `n klap met `n stok of `n roede sou gee, sal jy dae lank pyn daarvan hê; daar kan jy jou duisend houe met `n roede laat gee, dan voel jy die een klap nouliks tot jy die volgende kry. As jy hier `n spyker in jou liggaam probeer steek, sal jy alreeds `n pyn voel wat ondraaglik word! Die plek sal geswel raak, daar kan `n brandende ontsteking, ja selfs dodelike koue vuur daarby intree, of die wond sal begin te etter en jou onuitspreeklike pyne besorg; maar gladnie in die genoemde gebied in Indië nie! Jare lank kan jy met `n spyker wat in jou liggaam gesteek is, rondloop, dan sal jy kort nadat hy daarin gesteek is, amper geen pyn daarvan voel nie, omdat die lug daar so geneeskragtig is soos balsem, sodat daar by verwonding byna nooit `n ontsteking sal ontstaan nie. En as dit nie intree nie, is daar alreeds heeltemal geen sprake van pyn nie en glad en geheel nie van ondraaglike pyn nie. 

[3] Terselfdertyd egter is die mense daar, omdat hulle deur te veel natuurlewenselemente besiel is, altyd baie opgewonde en sou, veral as dit om seksuele drif gaan, tot ontaarding oorgegaan het, soos wat dit nêrens op aarde voorkom nie. Die swaar boetedoenings hou hulle die meeste hiervan af. Deur die hewige kastydinge word hul liggame in `n sekere sin gevoelloos gemaak en hulle word hiertoe gebring deur hul vrees vir die vuur van die hel wat hulle sterk ingeprent is; die vuur is aan hulle deur die priesters so lewenseg as wat maar moontlik is, beskryf, sodat hulle al slegs deur die beskrywing daarvan behoorlik warm kry; want vir vuur het die Indiër die grootste angs, omdat dit hom reeds hier die grootste pyn besorg wat sy liggaam kan voel. Deur die swaar boetedoenings wat God die Heer tot nou toe en ook nog langer by die Indiërs toegelaat en geduld het, bly die siel van hierdie mense tog behoue in haar menslike lewensvorm en is sy dan vir die ewige hiernamaals in staat om na `n hoër lewensvervolmaking oor te gaan.

[4] Jy wil weliswaar die volgende tussenwerpsel maak deur te sê: “Mens hoef hierdie volk egter maar net wetenskaplik te vorm, dan sal hulle sekerlik nie oorgaan tot alle moontlike ontug nie!” Dit help nie, my gewaardeerde vriend, ondanks jou nog so helder verstand! Vir volke met `n fantasie wat van nature so lewendig is, is wetenskap `n ware lewensgif! Laat ons aanneem dat die fantasieryke Indiërs met hul groot verbeeldingskrag die wetenskappe van Griekeland, Rome en Alexandrië sou besit, dan sou die hele aarde nie veilig gewees het vir hulle nie! Allerlei kunste en wetenskappe sou aan hulle maar net die middele in die hande gegee het om een van die verskriklikste en ontaardste volke van die aarde te word; want hulle sou baie gou dinge te voorskyn gebring het wat alles, wat eens Babilon en Ninevé en heel Egipte, Athene en Rome gemaak het, in die hoogste graad sou oortref. Berge sou voor hul moedswilligheid moes wyk, stede sou hulle bou wat hulle sonder meer oor vrugbare lande sou uitstrek, riviere en strome sou hulle opdam, om dan enorm groot mere daar te laat ontstaan. Kort en bondig, die Indiërs wat in alle wetenskappe ingewy sou wees, sou die verskriklikste volk van die hele aarde geword het, ook al besit hulle nou nog so `n sagmoedige gemoed en gesig!”