Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor beterwetery

12 EK sê: “Ja, My uiters liewe vriend, dit sal baie moeilik vir My wees om aan jou, of jou metgeselle wat `n ander mening toegedaan is, gelyk te gee! Stel jou eers `n stok voor wat `n bietjie los in die grond staan; dit moet, om ietwat stewig te kan staan, deur middel van `n paar hamerslae met `n houthamer stewiger in die grond geslaan word. Daar het egter twee ietwat onhandige timmerlui gekom wat in hul kuns nog leerlinge was en die een wat gedink het dat hy dit beter kan doen, het aan sy metgesel gesê: “Broer, ons kunsvaardigheid is weliswaar gelyk, maar gee tog maar die hamer aan my, dan gee ek die eerste hou op die kop van die stok! Want dit is kenmerkend van my om die spyker op die kop te slaan!” –”Goed”, het die ander, gesê “Laat my sien hoe trefseker jy die kop van die spyker kan raak!” Daarop het die eerste die hamer geneem en `n harde hou gegee. Hy het die stok geraak, maar net sydelings aan die linkerkant, waardeur die stok sekerlik nie stewiger gestaan het nie. Sy kollega het daaroor gelag en gesê: “Gee die hamer maar weer aan my; want as jy die kop van die stok so bewerk, sal hy wel nooit vaster as voorheen in moedertjie aarde staan nie!” Toe het die een wat die stok nie op sy kop geraak het nie, gesê: “Hier, neem die hamer en probeer jy maar jou geluk!” Nou het ook hierdie een `n geweldige harde hou gegee, maar die spyker egter ook nie op die kop geraak nie, maar het dit skrams aan die regterkant geraak. En nou het daar tussen beide `n stryd ontstaan oor wie van hulle nou `n beter hou geslaan het. Dat beide nie maklik eens daaroor geword het nie, is begryplik; want waar twee onderling twis, hou die twis nie op voordat `n sterker en meer geoefende persoon daarby kom en aan beide twistendes, terwille van die reg, laat sien hoe mens die spyker op die kop slaan nie. Later het dit beide ook geluk, maar sonder die derde persoon sou beide nog wel geruime tyd net daaroor gekibbel het wie van hulle beter geslaan het, of die slag na links beter was as die een na regs.

[2] En kyk, presies so is dit met julle meningsverskil gesteld en Ek moet ten slotte die derde persoon wees wat julle wysheidstryd beëndig deur die spyker vir julle op die kop te slaan, omdat julle andersins onderweg nog tot `n bloedige geveg sou kom net oor die vraag of die gemiste slag na links beter was as die net so gemiste slag na regs!

[3] Dus nòg jy, nòg jou metgeselle het die waarheid gevind met betrekking tot die wonderwerk wat tot stand gebring is en die vraag of so-iets ook gedoen sou kon word deur `n geestelik volmaakte mens, maar julle het dit nouliks links of regs geraak!

[4] Nou, dat Ek die spyker goed op die kop sal tref, is gewis en seker; maar voor Ek nog in hierdie saak vir julle die vaste hou sal slaan, moet jy na jou metgeselle gaan en aan hulle sê, dat nòg die linker- nòg die regterparty gelyk het, maar dat elkeen nouliks die waarheid aangeroer het. Julle moet eers saam vooraf ooreenkom dat julle heeltemal niks weet en verstaan van hierdie aangeleentheid nie. Kom eers daarna terug, dan sal Ek jou vertel wat in hierdie saak waar en korrek is om te weet en te dink!”

[5] Daarmee het die swart aanvoerder weer na sy metgeselle teruggegaan en aan hulle alles vertel. Hulle het daarop heel verstandig gesê: “Dit is heeltemal reg, goed en waar dat die Heer Self aan ons hierdie antwoord gegee het; want dit geld nie net vir nou nie, maar vir alle toekomstige tye. Hoe dikwels het dit nie by ons voorgekom dat die een die saak so, `n tweede anders, en `n derde nog anders beoordeel het nie! Wie van die drie het dan, volgens die volle waarheid, korrek geoordeel? Geeneen van ons het die stok op die kop getref nie, moontlik dikwels nouliks skrams geraak! Uiteindelik moes deur `n algemene raad en deur `n meerderheid van stemme besluit word, wie by die beoordeling van `n saak of `n handeling gelyk het; en dit gebeur beslis dikwels, dat juis die een wat met sy slag die verste van die stok geslaan het, met `n meerderheid van stemme gelyk kry. Sou ons toe reeds van iemand so `n uiters wyse raad gekry het, hoeveel onnodige rusies sou daar dan nie agterweë gebly het nie! Maar ons het nou eenmaal nie hierdie heilige aanwysing gehad nie en het dikwels rusie gekry, net omdat elkeen van ons die wysste wou wees.

[6] Maar dit het tog ook weer sy goeie kant, want daardie ewige getwis het ons dors na suiwer waarheid steeds meer gewek. Sonder hierdie dors sou ons in die eerste plek nie vir jou, Oubratouvishar, as ons wegwyser gekies het nie; sonder jou sou ons egter nooit in Memphis en sonder Memphis nog minder hierheen gekom het nie, waar ons nou self die suiwerste waarheid kan hoor uit die mond van die Een wat die ewige Oergrond van alle lewe, van al die bestaan en van alle dinge is. Gaan nou en bring die innigste dank van ons almal oor vir die Goddelik wyse wenk wat ons almal gekry het en wat ons daadwerklik so lewendig en waaragtig moontlik wil en sal eer in al ons nageslagte! Dus; geen rusie meer tussen hulle wat duidelik broers is nie!”