Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die egoïstiese huishouding van die ou Egiptenare en die wantoestande aldaar

41 RAFAEL: “Toe die meesters van die land egter later deur die werk van die slawe ryk geword het, maar nie almal in gelyke mate nie, sodat sommiges aansienlik ryker geword het as ander, het dit nie lank geduur nie of daar ontstaan afguns, twis en rusie. Eers toe het mens dit noodsaaklik gevind om burgerlike wette op te stel waarby almal hulleself moes hou, selfs die “VAR”(Farao = Herder) ingesluit. Toe eers het die mens dan ook begin om die beskawing na die slawe te bring deur hulle - natuurlik op baie bedekte wyse - begrippe van die godheid by te bring en hulle op hierdie wyse vir elke afsonderlike en sigbare verskynsel wat van god uitgaan, dadelik `n simboliese persoonlikheid voor oë te stel, wat die slawe as `n godheid moes vereer. Daardeur het die slawe, wat met die verloop van tyd magtig geword het, meer gedweë en meer saggeaard geword en het hulle hul lot met meer geduld verdra; want hulle was baie bevrees vir die onsigbare maghebbers, omdat hulle deur die geheime kunste van die Egiptenare tot `n bepaalde oortuiging gekom het dat daar sulke gode in alle erns bestaan het en dat daar geensins met hulle te spot was nie.

[2] Indien, soos wat reeds gesê is, die slawe nie magtig geword het nie - beide deur hul voortplanting en deur die feit dat daar twee keer per jaar nuwe slawe bygekoop is, - dan sou die ou Egiptenare hulle nooit die bestaan van valse gode en al gladnie van min of meer regte gode bygebring het nie; slegs uit hul vrees vir die krag vir die ruwe, liggaamlike geweld en krag van die slawe het die ou, oerwyse Egiptenare hulle verplig gevoel om die slawe sommige begrippe van die godhede by te bring.

[3] Stel jou nou self die situasie van die ou wyse Egiptenare voor! Hulle was wys en ryk; wat die een gehad en verstaan het, dit het ook elke ander, verstaan, want elkeen het ook dieselfde rykdom besit en hoef dus gladnie by die buurman sy kos te verdien het nie; meestal het elkeen net vir sy eie grondbesit en eie kinders gesorg. Solank die mense nog jonk en kragtig was, het dit wel goed met so `n egoïsties huishouding gegaan; maar toe die mense egter ouer en swakker geword het en te doene gekry het met ouderdomskwale, het die verlange na hulp in hulle wakker geword. Maar wie moes hulle help? Jy sê: “Hul kinders!” Dit sou mens gedink het; maar in daardie tyd het Moses God se gebod nog lank nie aan die mense verkondig nie. En volgens hul natuurlike, wyse wette was die kinders ten voorskrifte van hul ouers ook niks anders as elke ander vrye mens nie. Die kinders het hul ouers net gedien en gehoorsaam totdat hulle volwasse was. Daarna het hulle vry geword en het hulle geen verpligting meer teenoor hul ouers gehad nie; want met hul suiwer verstand het hulle die wyse grondreël aangeneem dat kinders teenoor hul ouers, as synde hul werk, net so min verpligtinge gehad het as `n huis teenoor sy boumeester, behalwe dat mens daarin woon, - hoe dit gebou word, is die verantwoordelikheid van die persoon wat die bouwerk kontroleer en die boumeester. Is die huis goed gebou, dan sal dit ook goed en aangenaam wees om daarin te woon; maar as die huis sleg en agterlosig gebou is, dan sal dit ook `n slegte woning wees, waarvan die skuld dan nie by die huis nie, maar by die boumeester self gelê het.

[4] Wel, die oudstes sou hul kinders wel graag so wou opgevoed het dat hulle hulle dan hul hele lewe lank sou gedien het; maar die kinders het ook hul vyf sintuie deur die onderrig van hul ouers gevorm, dikwels meer prakties as teoreties, en so het hulle net soos hul ouers wyse egoïste geword en die ouers is daardeur genoodsaak om hul dienaars elders te gaan soek. Hulle het gekom en gedien; en met hul suiwer verstand het die bejaarde wyses toe gedink: As ons wil hê dat hierdie mense ons vaste dienaars moet bly, dan mag hulle niks van ons wysheid te wete kom nie, andersins word hulle uiteindelik net soos ons kinders, wat ons ook nie wil dien nie, omdat hulle in al ons wysheid ingewy is!” 

[5] Die slawe het sodoende lang tye dom gebly en geen ander onderrig ontvang nie behalwe in dit, wat hulle as dienaars en knegte moes gedoen het. Maar die aantal slawe het sterk toegeneem en hulle het begin om met hul krag te erken, dit wat die ou wyses heimlik baie begin vrees het! Die suiwer verstand het tot die wyses gespreek: “Maak spoedig mense van hulle, andersins sal hulle julle soos groot kuddes wilde diere verskeur!” Toe eers het die mens vir die gevreesde slawe die bekende godedom uitgedink en het die mens die gode in teenwoordigheid van die slawe allerlei wonderwerke laat verrig. Daardeur is die slawe geïntimideer en het die ou Egiptenare nou as `n heilige stand vrywillig met dubbele inset gedien. Eers hierdeur het Egipte in die hoogste graad tot bloei gekom en het baie vreemdelinge aangetrek, waaronder nou en dan ook afgunstiges en verraaiers was, deur wie in latere tye groot verleenthede ontstaan het.

[6] Sien, dit is enkel en alleen die werk van die suiwer menslike verstand, wat my lyk soos `n mens wat vanaf `n hoë en steil berg na benede begin loop en wanneer hy goed op dreef is, nie meer gestop kan word nie! Wat dan die gevolg is, kan jy jou maklik voorstel."