Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Cyrenius onthul die mening van die Fariseër oor die wonderwerke van die Heer

162 CYRENIUS sê, skynbaar `n bietjie onwillig: 'As jy egter openlik gepraat het, moet jy net so met my praat soos wat jy daar by die see met die ou Markus en met jou kollegas gepraat het! Jy kon jou innerlike weliswaar nie heeltemal vir my verberg nie en daar ontval jou die een en ander oor jou innerlike gesindheid; maar jy dink diep in jouself nog baie anders, soos wat jy ook baie anders met Markus en jou kollegas gepraat het.

[2] Dit is natuurlik baie onaangenaam vir jou, as ek jou nou sê wat jy gepraat het en nog onaangenamer wat jy eintlik gedink het; maar al is dit hoe onaangenaam vir jou, jy sal dit nou tog uit my mond moet verneem! Luister dus na my, tesame met jou beste metgeselle!

[3] Toe jy by die see die skepe en die hawe aanleg bewonder en die ou brawe Markus jou vra wat jy op alles te sê het, het jy jou skouers bedenklik opgehaal en gesê: 'Daar is baie, maar in `n bepaalde opsig ook baie weinig oor te sê. Baie baie, as dit uiteindelik ondanks alle plegtige versekerings en getuienisse tog geen wonderwerk is nie, maar op `n heel natuurlike wyse tot stand gekom het; en natuurlik baie weinig of selfs niks, as dit alles tog werklik `n wonderbaarlike werk mag wees! Dat ek en al my kollegas egter, ondanks die plegtig versekering wat ons van die mense het, nie kon aanneem dat dit `n wonderwerk is nie, kan elke weldenkende mens hom natuurlik goed voorstel, omdat ons self nou eenmaal geen getuie daarvan was nie, en ons hierdie streek sedert ruim tien jaar nie meer gesien het en nooit meer hier gekom het nie. Wat kon homself nie alles hier op hierdie afgeleë plek afgespeel het deur die sluwe politiek van die Romeine nie! Deur spioene weet `n mens dat ons die plan opgeneem het om in die land te ondersoek wat daar alles teen ons onderneem word, en ook om agter te kom watter persone druk besig is om ons teen te werk. Mense het seker geweet dat ons onsself hier aan die Galilese see bevind, stuur loodse na ons toe en bring ons hierheen, waar die Romeine `n belangrike kamp opgeslaan het.

[4] Dat ons daardeur baie verras was, sal hopelik nie moeilik te verstaan wees nie, as mens bedink dat die Romeine gewoonlik nie van grappe hou nie en ook dat niks ernstig met hulle bereik kan word nie. Ons merk al sedert geruime tyd dat die Romeine ons nouliks duld en dit slegs nog doen vanweë die volk, maar dat hulle in die geheim die Essene begunstig wat natuurlik die grootste genoeë daaruit put om die grond van alle kante onder ons voete weg te vat. Ons ken die gegoël van die Essene en weet van hul bedrieglike wonderwerke; maar ons mag geen vinger verroer nie en moet ons dinge laat welgeval wat reëlreg ingaan teen ons godsdienstige voorskrifte, soos byvoorbeeld die volkstelling, die individuele belasingheffing en die invoer van die tolheffing, ook aan die paaie. En ofskoon daar in hul wetboek staan dat die kinders van Abraham in die land vry is, word daar tog geen rekening mee gehou nie en die kinders van Abraham word vir die tolbome ewe-goed aangehou as die vreemdelinge.

[5] Selfs ons priesters moet die tolpenning betaal, terwyl Moses ons van elke betaling vrygestel het en ons self die reg het om `n tiende te neem van die kinders van Abraham, Isak en Jakob, omdat ons immers nooit grond mag besit nie! Maar die Essene, ons aartsvyande, is orals vry - en hoef nie die een of ander belasting en veral geen padtol te betaal nie! Wel, wie nou nog nie sien dat die Romeine `n uitgesproke antipatie teen ons koester nie, moet tog wel met sewevoudige blindheid geslaan wees! En omdat ons dus by die outoriteite van Rome heeltemal geen vriende meer en geen mag het om hierdie drukkende las van ons af te skud nie, bly vir ons ten slotte niks anders oor as om ons as vertrapte wurms te roer en te probeer om ons soveel as wat maar enigsins van regsweë moontlik is, teen die duidelik sigbare vyande van ons instituut te beskerm en hul so moontlik die swye op te lê.

[6] Die Nasarener in kwessie, duidelik `n briljante leerling van die geheime skool van die Essene, is, soos wat ons maar al te goed weet, een van die vernaamste teenstanders van ons kollege en `n uitgesproke vyand van die tempel, bowendien die seun van `n boumeester. Hy het al `n hele aantal kollegas van ons wat hier en daar in Galilea opgestel was, totaal afvallig gemaak, deels deur die mag van sy woorde en nog meer deur sy versluierde wonderwerke, om van die volk maar nie te spreek nie wat hom in drome skyn na te loop. Dit hoef `n verstandige mens dus gladnie te verbaas dat ons ten slotte in aksie gekom het en pogings begin aanwend het hoe ons `n einde kan maak aan hierdie ellendige situasie.

[7] Mense het hier voor ons selfs `n lokval geplaas om ons ook deur geweld of lis los te maak van die tempel en daarom laat die mense ons `n wonderwerk sien wat in `n oomblik tot stand moes gekom het, maar waar mens in die geheim baie goed enkele jare daarvoor nodig sou gehad het, en daarmee probeer mense ons nou vir die gek te hou; maar omdat ons ook mense is wat al heelwat ervaring het, sal dit werklik nie so maklik gaan nie! Om vir die blinde volk wonderwerke te verrig, is maklik, maar vir `n skerpsiende Fariseër is dit baie moeilik! Ons weet wat ons is en wat die wêreld is, en hoe hulle altyd en orals met alle moontlike middele tot hulle eie voordeel weet te handel en daarom sê ons: Die badhuis met die buitengewone pragtig ingerigte tuine en hierdie hawe strek die Romeinse menere as uiters goeie argitekte tot eer, sonder dat ons dit beskou as `n wonderwerk wat in `n enkele oomblik tot stand gebring is!'