Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die wonderbaarlike verandering van die gebied. Wilsvryheid en opgaan in God se wil

217 EK sê: “Let dan op, en Ek sê jou verder niks as: Ek wil dit! En aanskou jy nou, my beste Epifanus, hierdie streek en sê My hoe hy jou geval!”

[2] Epifanus, Asiona en Hiram en alle aanwesiges wat hier is, slaan hulle op die bors en is totaal sprakeloos van verwondering, en Epifanus kyk met verbaasde oë afwisselend na die omgewing wat daar nou pragtig uitsien, die berge vol bosse en die oewerstreek wat tog `n oppervlakte van byna duisend morge het, en waarop niks gegroei het as net hier en daar `n bietjie gras vir enkele bokke en skape om te vreet nie, en daar nou vrugbaar en weelderig lê - en dan weer met `n ondersoekende blik na My.

[3] Nadat hy `n geruime tyd vol verbasing gekyk het, open hy eers weer sy mond en sê (Epifanus): “Ja, om so-iets in één oomblik te kan bewerkstellig, moet `n mens byna meer wees as `n god! Want by `n god, soos wat ek dit van die verskillende godsdienste van die Egiptenare, Grieke, Romeine, Judeërs en selfs Perse en Indiërs ken, neem dit tyd en hy doen sy wonderwerke op sy gemak en skyn hom daarvoor van `n aantal grootse middele en apparate te bedien. Daar moet `n son wees, `n maan, meer planete en tallose ander sterre. Dit help hom onder bepaalde omstandighede, stande en konstellasies om die wonderwerke op hierdie aarde te verrig, - waarby dan, behalwe by `n bliksem uit die wolke, alles baie kalmpies laat gebeur.

[4] Maar U het hier in één enkele oomblik iets tot stand gebring waarvoor `n god, soos wat ek daar meermale uit die boeke en geskrifte ken, selfs met alle moontlike menslike hulp, seker nog `n paar honderd slepende jare tyd sou gevat het. Hieruit trek ek onmiskenbaar die gevolgtrekking dat U blykbaar meer god moet wees as alle ander gode waaroor ek baie gehoor en gelees het! Majesteit en Heer van alle meesters van die aarde! Hoe, hoe - en nogeens - hoe is U daartoe in staat? En sou dit na verloop van tyd ook selfs vir mense soos ons moontlik wees, as mens geheel en al leef volgens U nuwe leer?”

[5] EK sê: “Ja, My beste vriend Epifanus, anders het Ek jou dit nie gesê nie! En hoe dit moontlik is, het Ek jou al vroeër gesê en selfs ook duidelik uitgelê, - en Ek voeg ook nog daaraan toe dat My egte leerlinge mettertyd op hierdie aarde nog groter dinge sal doen en tot stand bring as wat Ek nou gedoen het. Maar natuurlik moet al My egte leerlinge steeds bly erken en weet dat hulle slegs in staat sal wees om so-iets tot stand te bring, as hulle in hulle gees volledig één sal wees met My Gees, en by elke geleentheid in hulle gees met My Gees sal oorleg pleeg of dit ook noodsaaklik is om `n goeie doel te bereik. Want as iemand, al leef hy nog so presies volgens My leer, dit nodig ag om `n teken te verrig ter bevestiging van sy hoogste sending omdat `n magtige iemand dit van hom vra, of selfs om sy liggaamlike lewe te red, en Ek hom in sy gees sou sê: “Doen dit nie; want dit is nie nou My wil nie!” moet die leerling ook presies wil wat Ek wil; mag hy dan egter tog van plan wees om `n teken te verrig, dan sal hy nie daartoe in staat wees nie, omdat My wil nie één is met syne nie. 

[6] Slegs met My, dit wil sê in voortdurende vereniging met My Gees en My wil, sal julle in staat wees om alles tot stand te bring, maar daarsonder, niks nie; want Ek is die Heer en sal dit vir ewig bly. En sien, dit behoort ook tot My leer! - Het jy My verstaan?”

[7] Epifanus sê: “Ja seker, Majesteit en Heer van alle meesters! Maar daar is iets wat volgens my beoordeling nie so goed te rym is met die eintlike volledige vryheid van die menslike gees nie. Want as ek byvoorbeeld maar net `n teken kan verrig as U dit mede-wil, is my wil immers na gelang van U wil, vir ewig dus gebonde en nie vry nie.”

[8] EK sê: “O, daarin vergis jy jou baie! Die teendeel is juis die geval! Hoe nouer die gees van `n mens met My Gees in verbinding staan, des te vryer is hy in sy gees en sy wil, omdat Ekself die allerhoogste en onbeperkte vryheid en mag in My berg. Mense beperk hulleself in hulle vryheid slegs in soverre mens hom nie met My verenig nie; maar wie heeltemal één sal wees met My, sal ook alles vermag wat Ek vermag. Want buite My bestaan daar immers nêrens `n onbeperkte mag en `n onbeperkte vermoë om iets tot stand te bring nie.

[9] Die volste vereniging met My ontneem niemand ook maar één atoom van sy selfstandigheid nie. Watter groter en saliger lewensvoordeel kan jy jou voorstel as met My, dit wil sê met My Gees, net soos Ek almagtig en daarby tog volkome selfstandig te wees?! Sê My nou hoe dit jou geval?”

[10] Epifanus sê: “Grootste Majesteit en Heer! Ek is in hierdie nuwe en nog nooit voorheen gehoorde lewensake nog te min ingewy om egter iets sinvol daaroor te kan sê, en soos wat elkeen maklik sal kan verstaan, kan ek my nog onmoontlik `n duidelike beeld daaroor vorm, en daarom ook geen oordeel oor uitspreek nie; maar vir sover ek my nou deur U woorde `n voorstelling kan maak, sou so `n lewe inderdaad baie begerenswaardig wees. Want om met `n almagtige goddelike gees mede-almagtig wees en daarby tog volledige selfstandigheid besit, is inderdaad wel die hoogste wat mens hom van `n volmaakte lewe kan voorstel, en dit sal ook wel so wees, omdat U dit vir my en ons almal nou so verkondig het.

[11] Oor die “hoe” wil ons onsself nou nie heeltemal bedruk maak nie; want dit sou geen sin hê nie, omdat ons as jongste leerlinge van U leer, die begrip wat hiervoor nodig is, nog heeltemal ontbreek. Bowendien is ons nou almal vanweë die ongehoorde groot meesterlike wonderwerk te oorbluf en te verward om vir ons `n rustige oordeel te kan vorm. Laat ons daarom, o Majesteit en goddelike Heer, nou `n bietjie uitrus en tot onsself kom, sodat ons U dan, o Majesteit en Heer, in `n groot gemoedsrus `n beter antwoord kan gee as wat ek U juis nou gegee het!”