Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor die wese van die diamant en die robyn (Thummim en Urim)

86 Cyrenius was met hierdie verklaring volkome tevrede én stel My nou `n vraag met betrekking tot die More, wat hy sedert `n uur uit die oog verloor het, en wat hy ook nie aan `n tafel die aandete sien nuttig het nie.

[2] EK sê: “Hulle het, van al die noodsaaklike voorsien, al meer as `n uur gelede hiervandaan vertrek, en sal nou al ruim drie uur se reis hiervandaan wees! Ek laat dit vanweë die Essene gebeur, omdat hulle meer as enigeen uit is op wonderwerke, en daar dadelik enkeles vir hul instituut sou gevra het, waardeur die goeie, wat Ek met die instituut beplan, in `n hoë mate verydel kon geword het. In plaas van een van die More, waarmee Roclus in elk geval met al sy lewenservaring al gou sou aangelê hê, het Ek RafaEL op hulle afgestuur, wat beslis goed weet hoe om hierdie skerpsinnige man besig te hou, en homself ook nou nog met hom besig hou tot heil van homself, van die bekende instituut, en van die lydende mensdom."

[3] CYRENIUS sê: “Ag, ek vind dit jammer vanweë Oubratouvishar; want dit was werklik die toppunt van menslike natuurwysheid! Ek sou Justus Platonicus graag wil sien, as Oubratouvishar in Memphis by hom kom en hom verseker en presies sal vertel wat hulle hier almal meegemaak het!"

[4] EK sê: “Wel, dan sou jy alles wat hom hier in die talle ure wat die More hier was, afgespeel het, en wat daar alles gespreek is, haarfyn en presies opnuut hoor! Want die soort mense het ten eerste `n baie sterk geheue en ten tweede - wat uiters belangrik is - ken hulle nie die leuen nie en hou hulle niks agter nie; daarom sal hulle ook niks verswyg vir die owerste van Memphis nie. Origens het jy wel `n baie mooi en kosbare aandenking van hulle, naamlik die groot diamant, (Thummim) wat `n onskatbare waarde het op hierdie wêreld.

[5] Omdat Ek hierdie klip nou ter sprake gebring het, moet Ek jou ook iets oor die besondere eienskap daarvan vertel. Omdat hy `n buitengewoon gladde oppervlak het, ontwikkel daar op die oppervlak altyd `n soort elektromagnetiese vuur, of duideliker vir jou uitgedruk: om sy buitengewoon gladde oppervlak speel steeds `n hele boel natuurgeeste van die edelste soort. Hulle dring daar in groot getalle omheen en omgeef hom van alle kante, en veroorsaak deur hul voortdurende aktiwiteit ook `n sekere besondere oplig van sy vlakke, wat aan hierdie klip dan ook in die oë van die mense `n besondere waarde verleen.

[6] Byna dieselfde waarde het ook die urim (robyn), wat ook `n tipe diamant is; die (ware) diamant is slegs `n moeilik splytbare, onmiskenbare bundeling van ontelbare wysheidsnatuurgeeste, vandaar ook sy buitengewone groot hardheid, terwyl die urim `n bundeling van liefdesnatuurgeeste is, vandaar dat hy ook rooi is, bietjie minder hard en daar om die oppervlak van die robyn heen, veral as hy baie goed en baie glad gepoleer is, steeds `n groot aantal liefdes-natuurgeeste skaar, wat hierdie klip dan ook `n heel besondere ligtende glans verskaf, wat dikwels, selfs in `n pikdonker nag, as `n dowwe gloed vir die liggaamlike oog sigbaar is.

[7] As jy nou die genoemde twee steensoorte op jou bors hang, bring jy daardeur `n aantal liefdes- en wysheidsnatuurgeeste meganies in noue kontak met die uitstralende lewenssfeer van jou siel (aura); hierdie geeste word dan deur die lewensgeur van jou siel in beweging gebring, word baie aktief, en bring daardeur in jou siel `n groter lig te weeg; in die lig veroorsaak die spesiale intel­ligensiedeeltjies van die natuurgeeste dan ook `n soort spieëlweer­kaatsing in jou siel, waardeur die siel op daardie oomblik vanself in `n hoër en dieper wete geraak, en op hierdie manier helderder sien as andersins in haar normale aardse toestand.

[8] Om hierdie rede het Moses, ook soos sy broer Aäron, die opperpriester, aangeraai om die thummim- en urimplate op sy bors te dra, en wel gedurende die uitvoering van sy amp, waar hy dan ook in staat was om te profeteer.

[9] Maar van nou af aan sal in plaas van die genoemde plate die ware Liefde tot God en Haar Wysheid dieselfde bewerkstellig, en dit in `n baie hoër en sterker mate; maar ondanks dit het Ek jou maar net die besondere eienskap van albei genoemde edelsteen­soorte bekend gemaak sodat jy dit weet."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205