Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die onbegryplike weë van die Voorsienigheid. Waarom Stahar ten aansien van die Heer twyfel

105 STAHAR: 'So soek byvoorbeeld `n jong man `n bruid. Hy klop hier en daar aan en kry die een afwysing na die ander. Hy word daaroor baie kwaad en sê: 'Nee, nou het ek genoeg daarvan gehad! Ek bly ongetroud en sal my huishouding so goed as wat moontlik is, self uitvoer!' En noudat hy ernstig daarvan afsien om `n bruid te soek, kom die saak vinnig heel anders te staan! Nou kom daar tientalle bruide, aan elke vinger tien as hy hulle maar kon onderhou! Ja, waarom dan nou en nie vroeër, toe hy die bruide gesoek het nie?

[2] `n Derde gaan visvang, juis omdat dit dringend nodig is omdat hy vis vir die mark moet hê. Hy sloof hom `n hele nag af, ruim voorsien van alle knepe en ander kunsgrepe vir die vis, en sy nette bly leeg. Die oggend gee hy sy hele visvangery heeltemal mismoedig op, werp egter sy nette suiwer vir die grap tog nog `n keer uit, en wel in die volle oortuiging dat hy geen enkele vis sal vang nie. En kyk, die uitgewerpte nette begin te skeur van die groot aantal mooi en edel visse wat hy vang. Ja, waarom dan nou opeens soveel, en daarvóór gedurende die hele nag niks?

[3] So smag die mense ook etlike duisende jare onder die juk van die dikste duisternis van allerlei bygeloof. Duisend maal duisende soek die egte, ware lewenslig. Maar wat vind hulle? Presies dit wat ons beide tot op hede gevind het, naamlik - niks! Wat baat dit uiteindelik vir jou en my en so ook talle duisende? Niks anders nie as om baie takties mooi vas te hou aan wat ons het en wat ons aan onsself deur allerlei ervaringe ons eie gemaak het! Nou, aan die einde van ons aardse lewe het ons niks meer gesoek nie, en sien, soos met `n towerslag het die poort van die ou Elohimslig oopgegaan en ons asem nou strome lig in! Waarom dan nou en waarom vroeër nie? Sien, so gaan dit in die wêreld en so wil die Heer dit kennelik hê! En waarom dit juis so en nie anders is en kan wees nie, dit sal slegs die Heer ook ten volle weet!

[4] Daar aan die tafel by die Heer sit Sy vernaamste leerlinge. Wie is dit dan? Ek ken hulle almal! Hulle is vissers, nouliks `n paar van hulle kan lees en skryf, verder eerlike en ywerige mense! Van hulle het daar sekerlik geen, soos wat ons beide, hoëre en diepere lewenswaarheid gesoek nie, en sien, hulle het `n lig vroeër as ons gekry, wat ons ons hele lewe lank gesoek het! Glo my, ons name sal ondergaan soos die lig van `n vallende ster en soos die van `n bliksemstraal; maar hulle lig en hulle name sal skitter tot aan die einde van alle tye en gedurende die ewigheid! Wie is nou beter daaraan toe, iemand wat verder as `n baie eerlike mens op aarde geleef en gehandel het, of iemand wat sy hele lewe gewy het aan die ondersoek na die innerlike, diepe lewenswaarhede?

[5] Die huisorde van die Heer is en bly vir die sterflike mens altyd `n onoplosbare raaisel. Maar wat kan die magtelose mens anders doen as om die saak met alle geduld so te neem soos wat dit kom; want deur ons kan niks hierin bepaal en verander word nie! Of kon ons nou of selfs vroeër gesorg het dat ons nou, so toevallig as wat maar moontlik is, die allerkolossaalste en intensiefste lewenslig bereik het? Ons soek lank genoeg met alle lanterns om ons van `n ware God ten minste soveel begrip te verskaf, sodat ons met volle oortuiging kon aanneem dat daar `n God moet wees wat alles lei en oral heers. Maar tevergeefs!

[6] Wat ons gesoek het, verdwyn steeds verder in die niet en ons staan toe, volkome in waarheid, spoedig heeltemal sonder `n God op die uitgestrekte aarde. Jy word `n Esseen en as sodanig `n towenaar in optima forma*. Ek daarenteen, bly uiterlik gesien `n oortuigde Fariseër en verrig as sodanig flink wonderwerke van skynbare vroomheid vir die blinde volk. En so leef ons beide nou geruime tyd heel onskuldig verder. * (in beste vorm)

[7] Die pad hier na die ou visser Markus toe het ons beide al baie dikwels vir ons plesier gereis. Het ons egter ook ooit maar die geringste voortekens gehad dat vir ons albei hier eenmaal die grootste lewenslig sou opgaan, dat ons juis hier die enige ware God, van wie ons nie één keer, ondanks alle soeke, ooit enige begrip kon kry nie, nie net begripsmatig, maar - incredibile dictu** - selfs volkome persoonlik sou leer ken, en dit op `n manier wat nie die minste twyfel laat bestaan nie? Kyk, so gaan dit met alle dinge vanuit God! As mens dit eintlik niks meer verder soek nie, dan vind mens dikwels duisendmaal meer as waarna jy gesoek het! ** (ongelooflik om te sê)

[8] Jy het weliswaar dalk aanstoot geneem toe ek bepaalde uitlatings gemaak het aangaande die godheid van die Heer, waaraan absoluut nie te twyfel is nie, en ek dit toe in twyfel getrek het. Heimlik beveel jou erns my, en as ek ernstig was met my voorgewende twyfel, glo my, dan het ek jou ook wel van repliek gedien! Maar heimlik verheug ek my egter oor jou; want ek dink by myself: 'As jy geweet het waarom ek nou eintlik my vertwyfeling presies na vore gebring het, dan het jou hart gejubel!' Daarby verbaas dit my net dat jy die vrolike gelykmoedigheid van die Heer oor die hoof gesien het, en dat jy die ware diepte van die woorde wat RafaEl aan jou gerig het, nie ten volle opgevat het nie. Daarom sê ek nou nogmaals aan jou dat die talle ervaringe wat ek opgedoen het van groot waarde is! Vriend, wie Albion*** se kus gesien het, het beslis heelwat ervaar! ***(Engeland- die Uitg.)

[9] As jy twintig vriende uitkies waaruit dit blyk dat hulle goed en opreg is, dan kan jy daarop reken dat daar onder hulle beslis `n verraaier sal wees, wat by die eerste en beste geleentheid `n skurk gaan wees! Ek staan hier aan die hoof van nege-en-veertig kollegas, - kan jy dan met sekerheid aanneem dat daar nie één by is wat met twee tonge praat nie?! Maar sapienti pauca****, jy verstaan my hopelik; want `n mens kan tog nie te hard daaroor praat nie! Dit was ook die rede waarom ek van die tafel af opgestaan het om `n endjie verder vrylik `n paar woorde met jou te kon wissel. Op my vriend Floran kan jy bou, dit klop, maar dan bly daar nog agt-en-veertig oor; en dit is baie noodsaaklik dat ons onsself vroeër volledig daarvan vergewis hoe hulle innerlik daaroor dink, voordat ons met hulle `n hele nuwe veld gaan verbou! `n Wyse het maar `n halwe woord nodig. **** ( `n Wyse het maar `n halwe woord nodig.)

[10] Jy was `n volslae ateïs, ek nie minder nie! Maar sommige van hierdie nege-en-veertig kollegas was nog altyd te dom daarvoor; en wat glo in die duidelik soos daglig bedrog van die tempel. Daarom kan hulle maar net bygelowige, oerdomme fanatici wees! En glo my dat sulke mense altyd gevaarliker is vir ons ware mense as `n hele trop leeus! Daarom is dit hier raadsaam om op onopvallende manier jou verstand te gebruik. En sien, dat ek skynbaar teen die Heer in opstand gekom het, het goed gewerk! Die meeste gee my ongelyk en is dit eens met die wyse Floran; daar kan egter `n paar wees wat eerder op my hand steun as op die van Floran. Maar selfs hulle meen dat ek moontlik miskien tog wel `n bietjie te ver gegaan het! En, beste vriend Roclus, oordeel nou na eer en gewete, ten eerste of ek korrek gehandel het, en ten tweede of ek net soos Floran jou vriendskap werd is!"