Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die oergeskiedenis van die lewende wesens op aarde

198 EK sê: 'O, vra maar gerus, aan antwoorde sal daar by ons nooit `n gebrek wees nie, en sekerlik nooit aan sulkes wat slegs die konstante en onverwoesbare uiterlike en innerlike lewens­waarheid in hom verberg nie! Let daarom maar goed op wat se antwoord Ek jou op jou vraag sal gee!

[2] Sien, vóór die juis nou genoemde eerste ware mense was daar ook wel - soos wat op tallose hemel- en aardeliggame wat soos hierdie aarde lyk – wesens, en wat hulle uiterlike vorm aanbetref baie sterk na die huidige mense getrek het! Daar was talle tydperke op hierdie aarde waarin `n vroeëre geslag heeltemal ondergegaan het en daar langsamerhand `n nuwe geslag in sy plek gekom het wat altyd in `n bepaalde opsig iets volmaakter was.

[3] Baie lank voordat sulke geslagte mekaar afgelos het, gewoonlik om en by die 7 000 jaar en baie verseker om en by die 14 000 jaar, word die aarde slegs deur allerlei plantgewasse op die droë dele bewoon en daarna eers deur allerlei groot en klein warmbloedige diere, wat altyd eers baie langsamerhand ontstaan het. Die ryk van die waterdiere en later van die amfibieërs was egter al vóór die baie groot plantgewasse van die droë aarde baie sterk en magtig verteenwoordig, so ook die ryk van allerlei vlieënde insekte, soos die vlieg en duisende soorte hiervan, en byna gelyktydig hiermee enkele oersoorte voëls wat nou weliswaar nie meer bestaan nie, alhoewel die vlieg* as eerste lewende skepsel en as begin van alle gevleuelde diere van elke hemelliggaam nog tot op hierdie uur dieselfde is en ook in die toekoms sal wees" *(Lees 'Die vlieg'.van Jakob Lorber)

[4] Eers toe die aarde steeds meer humusryk geword het en enorme inwendige vuuruitbarstings dikwels voorgekom het en die hardgeworde seebodem op tallose plekke met geweld na bo gestu het, waardeur lang uitgestrekte bergkettings ontstaan het en daar ook deur ander magtige storms in die lug en op die water groot droë gebiede met `n ryker plantegroei ontstaan het, kon daar ten slotte meer volmaakte en met meer intelligensie begaafde wesens `n bestaan vind. Toe eers word hulle, die ‘kreatuuragtige’ mense**, in die individuele lewe geroep deur die hoogs wyse, ewige en almagtige Gees van God. **( Duits: die geschöpflichen Menschen – wat hier bedoel word die pre-adamitiese mense)

[5] Van toe af aan volg hulle, soos wat Ek al vroeër gesê het, gedurende vir julle ondenkbare lang aardse tydperiodes mekaar op, en steeds verdring `n enigsins volmaakter geslag die vroeëre, minder volmaakte geslag.

[6] Kyk, die see het talle miljoene kere bo die droë punte gestaan wat nou tog selfs seker meer as twintig manshoogtes bo die waterspieël van hierdie klein see lê. En dit het telkens, natuurlik dikwels in `n steeds sterker veranderde vorm, net soos nou droog geword. En voordat daar 6000 jaar van nou af sal verbygaan, sal hy homself weer onder die see bevind, en sal dan oor `n tydperk van nog ongeveer 9 tot 10 000 jaar weer soos nou droog wees. Hierdie toestande sal hulle op aarde steeds net solank afwissel totdat hierdie aarde, of liewer haar materie, geheel tot lewe oorgegaan het."

[7] HIRAM sê: 'O Heerser en enigste Oermeester van al wat is en leef! Hoe sal dit dan, as daar weer so `n oorstroming kom, met die voortbestaan van die sekerlik ook nog bestaande mense daar uitsien? Hulle sal dan seker weer almal jammerlik verdrink!"

[8] EK sê: 'Nee, absoluut nie; want sulke periodieke oorstromings van die see vind immers altyd uiters langsaam en heel ongemerk plaas, sodat alle mense baie lank voldoende tyd het om van die see weg te kom deur na die suidelike gebied van die aarde te trek, waar die see, deur homself terug te trek, weer enorme groot landstreke sal drooglê, omdat hulle hulleself in so `n periode weer meer na die noorde sal verplaas. En so sal dit dan ook weer gaan soos wat hulle hulleself weer opnuut na die suide verplaas.

[9] Daarby het die mense dus absoluut geen gevaar te vrees nie, en My Gees sal hulle dan wel lei sodat hulle reeds lank vooraf die korrekte voorsiening daarvoor kan tref. Het jy dit nou `n bietjie verstaan?"

[10] HIRAM sê: 'Ja, ek het wel die indruk dat ek dit verstaan het; maar om `n heel duidelike beeld te kry van hierdie vroeëre nog nooit vermoede en nog minder ooit gehoorde wonderbaarlike toestande wat daar in die immense grootse natuur van die groot wêrelde en hul ordening bestaan het, is meer daarvoor nodig as my oneindige beperkte verstand! Om dit vanuit die grond van die saak te verstaan, kan ek dit dus onmoontlik nie deurvors nie; maar ek glo U op U woord; want U is wys genoeg daarvoor om dit alles baie presies te weet en te deurgrond, omdat U Gees, soos wat Asiona my vandag nog vertel het, in die mag, in die aanskoue en in die hoogste volkome verstaan, geheel één moet wees met die Gees van `n Allerhoogste God, waarvan ek weliswaar ook nie kan insien hoe dit moontlik is nie, maar ek glo dit, omdat U vir ons nou al sulke buitengewone geweldige bewyse daarvan gelewer het, sonder dat ons daarom gevra het. Miskien kom daar vir ons ook nog `n tyd dat ons dergelike dinge beter sal insien as nou; maar vir nou moet ons dit gewoonweg glo."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205