Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die stoïsynse* lewenshouding van die bewoners van die vissersdorpie

 Stoïsis´me1. Leer v.d. Griekse wysgeer Zeno (kyk Stoa) en die Stoïsyne, wat leer om slegs die rede te volg, die hartstogte te beteuel, die leed te verontagsaam en deur selfbeheersing kalmte van gees te verkry en so die hoogste geluk te bereik.

173 DIE GASHEER loop vinnig met sy vrou en reeds volwasse kinders na sy hut, kom vinnig vol vreugde en dankbaarheid terug en sê verheug: 'Wie van julle het dit heimlik vir my gedoen? My voorraadkamer is tog so voortreflik voorsien dat ons almal `n heeljaar daarvan sal kan eet! Ja, nou kan julle wel `n hele jaar hier bly sonder dat die groot voorraad uitgeput gaan raak! Waar het ek en my familielede ons oë dan gehad dat niemand gemerk het hoe julle my voorraadkamer met al daardie voedsel gevul het nie?! Ja, nou sal ons geen vis eet wat maar net in ongesoute water gekook is nie, want ons het nou sout in oorvloed! Maar nou aan die goeie werk!' 

[2] Toe alle bewoners van die dorpie vanweë die middag na hul hutte gaan, sê EK vir die twaalf leerlinge: ‘Hoe vind julle hierdie mense hier?"

[3] PETRUS sê: 'Ja hoe moet `n mens hulle eintlik vind?! Dit blyk heel eerlike mense te wees; dat hulle arm is, wel, daaraan kan hulle niks doen nie. Die vissersberoep en klipperige grond het nog nooit iemand ryk gemaak nie, wat ek deur jarelange ervaring volgens waarheid volledig kan bevestig. En hulle is ook sulke vissers; hulle het miskien wel die slegste baai van die hele see. Hul hutte staan weliswaar op rotse; en op so `n bodem groei dikwels geen grashalm nie. Waarvan sou hulle dan kan rykword?

[4] Daarom moet hulle ook wel eerlik bly; want in hierdie streek is niks te steel en nog minder te roof nie. En as dit slegs die geleentheid is wat `n mens tot `n dief en `n rower maak, dan moet hierdie mense wel hul lewe lank eerlik bly; want op hierdie mense kan die ou gesegde 'die geleentheid maak die dief!' nooit van toepassing wees nie. Dit is my mening oor hierdie mense wat seker geen skrifgeleerdes is en waarvan ook seker niemand `n Fariseër is nie."

[5] EK sê: 'Vir hierdie wêreld is jou oordeel heeltemal korrek; maar behalwe die wêreldse bestaan van `n mens is daar, soos wat julle nou al dikwels gehoor het en ook weet, `n bestaan op sielevlak en ten slotte `n suiwer geestelike bestaan. Hoe dink jy in die opsig oor hierdie mense?"

[6] PETRUS trek sy skouers op en sê: 'Heer, om self `n definitiewe oordeel daaroor te vel, sal nie so maklik wees nie! Maar in soverre hulle hoogs eenvoudige en, noodgedwonge, baie eerlike mense is, sal hulle tog wel minstens `n baie vrugbare bodem wees vir geestelike saad! Want netsoos dit makliker is om `n goed passende mantel te maak vir `n goedgeboude liggaam as vir `n kreupel lyf met `n boggel, is ook sulke eenvoudige en natuursuiwere siele sekerlik buigsamer om `n geestelike kleed aan te trek as wat baie kreupeles en verharde siele van die Fariseërs en skrifgeleerdes is. Ek dink dat wanneer mens hierdie mense by `n geskikte geleentheid iets oor God se ryk op aarde sal vertel, hulle ook gou in orde sou wees. Wel, ook dit is weer my heel natuurlike mening; ook al kom daar geen skitterende woorde in voor nie, dan het ek hiermee miskien tog die spyker op die kop geslaan!"

[7] EK sê: "Baie goed geoordeel; daarom sal ons hulle hierna ook aan die tand voel en sien, in hoeverre hulle vir iets hoër toeganklik is! Maar Ek sal nie hier as leraar optree nie, dit sal julle doen as gesondes en self leerlinge van die Wyse uit Násaret. Eers as hulle na julle geluister het en die woord oor die koms van God se ryk op aarde aangeneem het, kan julle hulle na My wys en sê dat Ek Die Een is, oor wie julle gepredik het. 

[8] En dan sal ons hier op die kleinste en onaansienlikste plekkie van die hele aarde `n baie groot werk verrig! Maar julle moet die werk nie vooraf as te maklik onderskat nie; want hoe eenvoudig hierdie mense ook skyn te wees, hulle is baie gekompliseerd en ook baie verward in hul innerlike!

[9] Hulle beskou hulself as wêreldwyses en steek tot oor hul ore in die sogenoemde stoïsisme, wat die moeilikste te bestry is. Daarom het Ek julle spesiaal hierheen gebring, om julle `n geleentheid te gee om nou ook met dergelike mense te leer en te werk, omdat julle by die ou Markus baie aan ware, innerlike wysheid gewen het.

[10] Maar Ek sê julle vooraf dat julle julleself buitengewoon sal moet beheers! Want aan niemand is dit moeiliker om met sukses `n wet te gee, as aan iemand wat nie die minste vrees het vir selfs die grootste narighede in die lewe nie, ja selfs nie vir die pynlikste dood van die liggaam nie, en wat heeltemal geen waarde heg aan watter geluksaligheid van die lewe dan ook nie. En dit is nou van die helde wat nêrens vir niks omgee nie, en vir wie geen enkele ander deugde ook enige waarde het nie, behalwe die eienskap om die behoeftes so klein as moontlik te maak, en maar net lewe en iets doen omdat die natuur, wat vir hulle alles in alles is, hulle nou eenmaal in die lewe geroep het.

[11] Met mense soos wat ons hier het, het ons nog nie heeltemal te make gehad nie! Daarom moet julle hier baie beheersd te werk gaan! Weinig woorde, maar elke woord wat aan hul gesê word moet `n kern bevat! Die beste van hulle is dat hulle by al hul stoïsisme baie nuuskierige voëls is en slegs waarde heg aan die kennis wat iemand het. Maar daar kom ons gasheer al met sy familie en hy bring `n mandjie met vis en brood. Daarom sal ons die middagete hier in die skaduwee van hierdie boom nuttig."

[12] Nou kom die visser, sy vrou en sy kinders en sit die etensmandjie voor ons neer.

[13] By die neersit van die mandjie sê DIE VISSER: 'Hier, onbekende vriende, is die verlangde middagete! Tafels, banke, stoele, bakke en ander sake wat vir `n maaltyd bestem is, besit ons nie, en ons behoeftes wat baie klein is, kan ook baie goed sonder hierdie soort dinge bevredig word. Bowendien was ons middele ook altyd so gering dat ons dergelike dinge tog as onnodige dinge beskou het en ook sou ons dit nooit kon aangeskaf het nie. Ons eet slegs as ons erg honger het, en dan is `n mandjie en ons hande voldoende; die res kom vanself. Ek wens julle toe dat die eenvoudige middagete julle goed sal bekom."