Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 260

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Heer besoek `n plek in die gebergte saam met Sy leerlinge

260 Na `n paar uur se loop bereik Ons die verborge plek wat soos talle ander plekke geen naam het nie. Sowel Judeërs as Grieke gee hul bewoonde plekke dikwels geen naam nie, sodat hulle nie so maklik gevind kan word in verband met die belastingheffing deur die Romeine en die leenvorste nie; want as so `n plek eenmaal ontdek word, beskryf en van `n naam voorsien was, was hy ook belastingpligtig.

[2] Maar daar was ook nog `n ander rede daarvoor dat klein plekkies dikwels geen naam gehad het nie, en dit was die volgende: Om die kolonisering en kultivering van die onherbergsame en woeste streke te vergemaklik en gouer te laat verloop, was dit by die Romeine gebruiklik dat `n nuwe kolonisasie met die bybehorende nuwe geboude plek gedurende twintig, dertig, veertig tot vyftig jaar geen belasting hoef te betaal nie, na gelang `n streek meer of minder tyd nodig gehad het vir die volledige kultivering. Omdat die Judeërs en Grieke, wat nooit besonder goeie vriende was van die betaal van belasting nie, goed geweet het om hierdie menslike Romeinse wet baie tot hulle voordeel uit te buit, sal sekerlik niemand ook maar enigsins betwyfel nie. Daarom het hulle `n nuwe geboude plek geen naam gegee nie, en as `n Romeinse kommissaris hul ooit daaroor sou vra, sou die plek maar net tien jaar oud gewees het, ook al is die plek al meer as `n halwe eeu oud. Nadat so `n plek dan deur `n kommissaris besigtig was, kry hy `n nommer, maar nog geen naam nie; eers vanaf daardie oomblik word die nuwe plek na die verstryk van die wetlike termyn belastingpligtig en kry dan `n naam.

[3] En so was die klein plekkie waarby Ons juis nou aangekom het, dus naamloos, en dus hoef daar nog geen belasting betaal geword het nie. Hierdie omstandigheid het ook dikwels in Ons voordeel gewerk; want die bewoners van sulke nuwe, of beter gestel, belastingvrye plekke was baie vrygewiger en toegankliker. En so was dit ook hier weer die geval. Ons kom presies tydens sonsondergang op die vooraand van die Sabbat in die, waarlik baie verborge plekkie, aan.

[4] Die plek het hoog in die berge in `n dal gelê wat egter vrugbaar was, en wat besonder geskik was vir veeteelt; maar dit was maar van één kant af toeganklik, en selfs daar was dit baie moeilik. Mense met hoogtevrees sou dit waarskynlik nouliks gewaag het om langs hierdie steil pad na bo te gaan. Die dal self het volgens die huidige meting meer as vierduisend voet bo die see gelê, wat in Asië ewenwel nie veel sê nie, omdat daar nog baie hoër geleë bewoonbare plekke was, en ook nou nog is.

[5] Toe Ons dus in hierdie plek aankom, sien meer inwoners Ons baie gou, en hulle roep vinnig hul oudste en leier om Ons te vra waarom Ons hierheen gekom het. Die leier, wat reeds `n grys Judeër was, was terstond aanwesig, hy bekyk Ons en vra toe wat Ons hier van plan was, en wat Ons daartoe gebring het om na hierdie, van die hele wêreld afgeslote en ontoeganklike plek, op te klim. 

[6] En EK sê aan hom: “Vrede sy met jou en met hierdie hele, waarlik nie onbelangrike plek nie. God se ryk het naby gekom, wat julle beskeie en eenvoudige mense tydens die rus wat Ek hier by julle wil neem, nog ruimskoots sal leer insien! Maar vir die oomblik vra Ek jou of Ons nie vir `n kort tyd onderdak by jou kan kry nie?”

[7] DIE LEIER spreek: “Julle is geen slegte mense nie, dit het ek met die eerste opslag gesien; maar julle is tipe avonturiers, en dit maak nie saak nie, daarom kan julle wel onderdak kry in my woning. Maar julle moet my baie, baie vertel oor hoe dit nou in die wêreld daaraan toe is; want ek het nou al ongeveer twintig jaar lank nie na benede gegaan nie, na die sondige wêreld en weet daar dus weinig of heeltemal niks daarvan nie! Ook die bewoners van die plekkie gaan maar af en toe na die, in die buurt geleë stadjie of plekkie Nahima, vanweë die sout wat ons nie hier het nie. Maar in Jerusalem was ons, ofskoon ons oortuigde Judeërs is, nie in geen twintig jaar meer gewees nie. Want toentertyd al heers daar niks anders nie as leuens, bedrog, heerssug en die stinkendste hoogmoed vanuit die tempel tot in alle lae van die volk. Hoe sal dit dan nie nou daar uitsien nie?

[8] As egte Judeër het ek my daarom ook uit ware liefde tot God teruggetrek op hierdie plek met nog enkele ander wat dieselfde ingesteldheid gehad het as ek; sodoende stig ons hier `n weliswaar vrye gemeente, wat maar so suiwer moontlik aan God, die enige Heer getrou toegewyd is, en Hy het ons hiervoor al baie ryklik geseën.

[9] Julle is ook Judeërs en sal die tempel in Jerusalem nog wel baie hoog ag in verband met julle sieleheil? Maar julle was nooit skrifgeleerdes en dienaars van die tempel gewees nie, en kan daarom ook gladnie vermoed wat `n huiweringwekkende misbruik, wat elke beter menslike gevoel tart, daar binne die mure van die tempel gemaak word van die mees heilige regte van mense nie! Ek en verskeie van my vriende was baie verontwaardig daaroor! Ons het daarvandaan gegaan en hierdie dal gevind, waar ons dadelik die nodige voeding vir ons liggame gevind het.

[10] Met verloop van tyd het ons hierdie werklik lieflike huise gebou en ons lewe nou baie gemoedelik en vreedsaam hier met elkeen en gee altyd slegs aan God die eer. Maar één ding moet ek julle vra, naamlik dat julle ons teenoor niemand verraai, wanneer julle weer terugkeer na die sondige wêreld nie! Dan sal julle hier baie welkome gaste wees. Laat ons nou na my huis toe gaan wat vir God Die Heer nou seker welgevalliger is as die tempel van Salomo in Jerusalem. In my huis, met `n goeie maaltyd, sal ons nog baie bespreek, en daar sal julle ons eers goed leer ken!”