Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die vuurwonder van Johannes

191 JOHANNES sê: "Kyk, so!"

[2] Johannes spreek slegs: 'Mag die hout brand op hierdie vuurherd hier en in die ander hutte ook!", en op dieselfde oomblik laai die vuur hoog in die hutte op.

[3] Toe slaan albei van hulle van verwondering hul hande inmekaar en sê: 'Nee, dit kan slegs vir `n God moontlik wees! Ons het al wel eens towenaars vuur deur middel van handevryf sien maak, maar net deur die woord te spreek, nog nooit! Dit kan natuurlik wees dat jy een of ander geheime poeier het waarmee jy egter met magiese snelheid die hout bestrooi het wat nóg deur my nóg deur iemand anders opgemerk is, en die poeier sal dan, as dit met die hout in aanraking kom, onmiddellik begin brand; het die ou Egiptenare nie so `n poeier gehad nie? Anders is dit `n suiwer, hoogs onbegryplike wonderwerk!'

[4] JOHANNES sê: 'Op natuurlike wyse sou dit met die bepaalde poeier nog die beste te verklaar gewees het; maar ek was vry om hierdie nood nou met één slag in ál julle hutte tegelyk te verlig, waarvan julle jul weldra kan oortuig; daarom sal daar dus hier van die bepaalde Egiptiese vuurpoeier geen sprake wees nie!"

[5] Johannes het hom nouliks uitgespeek, of daar kom die bure al deels vol angs en deels vol vreugde nader gehardloop en vertel haastig wat daar in hul hutte gebeur het.

[6] Maar ASIONA stel hulle gerus en sê: 'Gaan maar rustig en kalm na julle hutte terug; want ons weet reeds wat julle oorgekom het'

[7] Hierop haas die boodskappers hulle na hul huis en berei ook hul karige maal.

[8] En nou sê HIRAM ook: 'Ja, my beste en wonderlike vriende, nou sal ek ook vir `n kort tydjie na my huis toe gaan om my seker reeds gekookte visse sonder sout of ander kruie te gaan eet; daarna sal ek julle onmiddellik weer ten dienste staan!"

[9] JOHANNES sê: 'Bly hier, en wees met die huisgenote van Asiona ons gas!'

[10] HIRAM sê: 'Edelste vriend, dit sou vir my meer as teveel wees van julle steeds onbegryplike goedheid! Maar ek moet vir julle tog ook vir `n nagverblyf sorg, daarom is dit noodsaaklik dat ek self na my huis gaan om in my hut altans vir één van julle, vanweë die beperkte ruimte, `n behoorlike slaapplek gereed te maak!"

[11] JOHANNES sê: 'Ook dit is nie nodig nie, want ons skip, waarop ons almal baie goed kan oornag, is al daarvoor ingerig; en miskien bly ons wel soos wat gewoonlik gebruiklik is, gedurende die hele nag selfs buite onder die boom op die mooi grasveld sit, dus hoef jy nêrens meer vir ons te sorg nie."

[12] HIRAM sê: 'Ja, as dit so is, bly ek natuurlik nou sondermeer hier! Net, die enigste wat in hierdie buurt `n bietjie onaangenaam is, veral snags, is die enorme swerms allerlei nare muggies en ander vlieënde insekte; en dan is daar ook nog baie slange wat snags uit hul skuilplekke na buite kom en ons dikwels baie lastig val. Daar is hier weliswaar ook `n groot aantal ooievaars en kraanvoëls wat in groot swerms aangevlieg kom en hier hul baie rojale maaltyd hou; maar desnieteenstaande vermeerder die ongediertes hulle sienderoë so baie dat daar elke aand nog genoeg oorbly om ruim tien maal soveel ooievaars en kraanvoëls te voed. Om die rede is dit hier in elke geval nie so aangenaam om buite te oornag nie. Ek sou liewer wou sien dat julle die nag op die skip deurbring, waar mens hom in die vertrek nie vir die insekte, nog vir die muggies en nog minder vir die slange in ag hoef te neem nie!"

[13] JOHANNES sê: 'Wees gladnie besorg oor al hierdie dinge nie, want nóg die een nóg die ander sal julle nou en ook in die toekoms ooit meer tot las wees nie!"

[14] Met hierdie woorde verlaat Johannes die hut en kom weer by ons en wou My vertel wat daar nou alles voorgeval het.

[15] EK prys hom egter en sê: 'Alles vir hierdie mense het Ekself prima gereël! Maar Ek sê julle nou iets anders!"