Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Nood as middel tot opvoeding

158 DIE MEESTER: 'Alles wat dus eenmaal bestaan en toegelaat is, moet daar wees as dryfveer vir die mense om beter te word. Elke ontwikkeling vereis werksaamheid en vir werksaamheid is `n beweegrede en `n stimulans nodig wat natuurlik wel altyd ten volle moet beantwoord aan die aard van die werksaamheid.

[2] Daarom moet alles wat mens in stryd met die morele wet ag en wat mens daarom ook boos en sleg noem, slegs as `n hefboom gesien word wat Ek toegelaat het, en op die wyse is vir die suiwere mens alles suiwer en goed. Vir `n swak en onsuiwer mens is dit anders en dit moet ook wel so wees, omdat hy nog menige stimulans nodig het om tot werksaamheid aangespoor te word.

[3] Toe die kinders van Abraham ten tye van Moses, Aäron, Josua en ook nog tydens die eerste Rigters `n sigbare goddelike leiding, onbeperkte Wysheid, en bowendien die grootste aardse welvaart geniet het, het hulle lui en traag geword soos wat die poliepe en oesters op die seebodem is. Hulle was van My uit deur die mond van die profete dikwels tot werksaamheid en waaksaamheid aangespoor en selfs aangemaan; maar hul antwoord was: 'As ons iets doen, dan kan ons dalk ook `n sonde begaan wat dan alles wat ons goed gedoen het, tot niet maak; maar as ons niks doen nie, kan ons ook nie sondig nie en staan dan vry van sonde, regverdig voor U, o Heer!' Deur op hierdie manier te filosofeer, het hulle hulleself steeds meer in allerlei traagheid laat verval. Dit het `n groeiende nood tot gevolg gehad en op die duur fisieke en ten slotte ook morele swakheid.

[4] In so `n toestand rig hulle hulself dan tog weer tot My en beloof My om werksaam te wees binne die korrekte lewensorde. `n Tyd lank gaan dit dan ook weer egter goed en gaan hulle goed vooruit; maar as daar dan weer na so `n vrug van hul werksaamheid `n geseënde welvaart ontstaan, begin die ou traagheidsdans dadelik weer van vooraf. Mens het alles in oorvloed gehad en wou skitter en wou `n aardse koning hê as verteenwoordiger van hul fisieke rykdom en welvaart.

[5] Hul word `n koning gegee en hy word gesalf. Maar ook die verdrag tussen koning en volk het sy uitwerking gehad, en so was die euwel wat die volk verlang en gekry het, wederom niks anders nie as `n pynlike stimulans vir die volk om noodgedwonge opnuut en in hoëre mate werksaam te word.

[6] Toe die koning en ook die volk baie gou daarna in slaapsug verval het, was dit ook noodsaaklik om hulle van buite `n baie dreigendlykende vyand, naamlik die ruwe en magtig geworde Filistyne, te besorg. Toe dring die oorlog die land van My volk binne met allerlei daarmee gepaard gaande noodtoestande; hierdeur word hulle wakker geskud, werksaam gemaak en daardeur ook sterk.

[7] In die groot nood en ellende vind hulle weer die weg na My en neem in nouliks begryplike mate toe in barmhartigheid, wysheid en welvaart. Dit veroorsaak egter reeds tydens die regeringsperiode van Salomo `n sterk vermindering van die vroeëre werksaamheid en die ryk val letterlik uiteen in die tyd van die eerste nakomelinge van Salomo. En so moes die volk steeds weer deur allerlei ellende en nood geplaag word om enigsins werksaam te bly.

[8] Nou bevind hulle hul oor die algemeen weer diep in die toestand van die diereryk, veral die priesters en die leraars. Maar daarom het Ek Self in die vlees gekom, om juis die traagste deel van die volk in die grootste verleentheid en verwarring te bring; daarom probeer hulle ook om My gevange te neem en te dood, omdat hulle bang is dat hulle hul lui gebotterde brood-lewe gaan verloor deur My baie groot aktiwiteit. Maar hul moeite is natuurlik tevergeefs.

[9] Die kiem van algehele traagheid is al te diep in hulle gewortel. Daarom moet die traagheidsgevoel eers van hulle af weggeneem word, en hulle moet hulle in alle windrigtings versprei en `n swerwende bestaan ly of toetree tot die nuwe, deur My nou gevestigde lewens- en werksaamheidsverbond, waarby niemand sy hande lui in die skoot sal mag lê as hy wil lewe nie.

[10] Wie dit nie sal doen nie, sal honger en dors ly en in waardelose vuil kom, steunend op `n bedelstaf, en sal moet rondgaan en mense sal hom die harde woorde toeroep: 'Wie nie werk nie, mag ook nie te eet nie!' Want elke arbeider is sy loon werd.

[11] O, dan sal elkeen wel sy beste doen om so hard as moontlik te werk! En as iemand dan tog nog traag en lui word, dan sal hy, tot voorbeeld vir talle ander, dadelik voor elkeen sigbaar die tugroede te dra kry.

[12] En Ek jou sê: Elke traag en week geworde van die volk sal, soos wat ook elke mens afsonderlik, die blywende tugroede op sy rug te dra kry en sy naam sal vir altyd verdwyn uit die boek van die lewe, en sy grootheid, mag en aansien sal verlore gaan! Dit sal vir die mense steeds meer dwars gaan sit en hulle aanspoor tot allerlei flinke dade wat goed sal wees. Het jy dit nou alles goed verstaan?"