Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Stahar vertel oor homself en sy lewenservaring

104 STAHAR staan nou op en sê `n bietjie versteurd aan Roclus: 'Oor die algemeen het jy die huidige Fariseërdom bepaald nie verkeerd beoordeel nie; maar wat jou oordeel van my betref, daarin het jy jou behoorlik vergis! Want ek het in die geheim net soos jy duidelik die waarheid van die lewe gesoek en het dit ook eers hier in oorvloed gevind, en is daar aan niemand meer goed gedoen as aan my nie, en miskien was ook niemand van julle in homself so geseënd daarmee as juis ek nie! Vir my was en is die waarheid `n edelsteen van onskatbare waarde wat ek nooit meer kwyt wil wees nie, al kry ek die hele aarde daarvoor!

[2] Ek was en is nog oorgelukkig in die lewenslig; maar daar het `n wolkie oor my gemoed gekom toe ek die Heer so stewig na Sy beker sien gryp. Waarom? Dit weet julle intussen al, en Floran het met sy lewenswind die swart wolkie heeltemal weggeblaas en het daardeur aan my `n baie goeie taak verrig, waarvoor die loon hom nie weerhou sal word nie; maar jy, vriend Roclus, het my meedoënloos en ook `n bietjie foutief beoordeel!

[3] Dat ek egter nou en ook vroeër nooit so heeltemal tot die Fariseërs behoort het soos wat jy nou net `n paar tonele opgevoer het nie, wil ek jou bewys deur jou ten eerste jou totale verkeerde beoordeling van my van ganser harte te vergewe, en jou ten tweede vriendelik te versoek om ook vir my, tesame met Floran, in julle instituut op te neem!

[4] By hierdie geleentheid maak ek jou dan ook bekend dat ek meermale in die raad te Jerusalem, wat teen julle instituut is, selfs die voorsitterskap vervul het, en dat julle instituut baie aan my te danke het! Want volgens die ou spreekwoord, dat talle honde die haas se dood is, sou ook die instituut ten gronde geoordeel gewees het as ons alle middele daartoe aangewend het; maar deur my baie gedugte teenspraak het dit uiteindelik geslaag om julle instituut in ons buurt te duld. Want ek het die menere van die tempel duidelik gemaak dat julle instituut eerder `n voordeel as tot nadeel van die saak van die tempel is, omdat daardeur baie wat al lankal hul geloof in die tempel verloor het, juis deur die wonderwerke van julle instituut hul oë weer op die ou gebruike van die tempel sal rig, waarvan hulle uit die Skrif en die mondelinge oorlewering nog baie goed weet watter buitengewone dinge daar om almal en in en omgewing afgespeel het.

[5] Ek het dit ook in die tempel afgeraai om teen die wonderwerke van julle instituut te velde te trek, omdat die tempel daardeur sy eie wonderwerke verdag sou maak. En sien, my raad was van die kant van die tempel tot nog toe nog altyd baie gerespekteer en jy kan nie beweer dat daar deur die tempel ooit iets wesenlik teen julle onderneem is nie! En as ek my egter nog as `n aartsjood teen julle gedra het, dan sal ek dit as lid van julle instituut verseker nie doen nie, en dit nou nog minder, noudat ons hier almal die grootste lewenswaarheid gevind het in een en dieselfde Heer en Leraar van alle ewigheid! As my aanbod jou beval, neem dit dan aan, en dan is ek met al my nie te geringe skatte, julle man in die Naam van die Heer?'

[6] Hier reik ROCLUS heeltemal ontroerd vir Stahar die hand en sê: 'Wees duisend maal welkom, broer Stahar! Jy sal aan my kant die instituut lei!"

[7] STAHAR sê: 'Ja, wat in my mag lê, sal ek sonder meer doen; maar soos wat jy self wel duidelik sal merk, is my krag nie meer geweldig groot nie, want as mens ruim sewentig jaar oud is, kan mens geen berge meer versit nie! Wel, is ek vir die res nog baie flink en het ek nog egter jeugdige krag, veral op mooi, helder dae; maar dit is met die jeugdige krag van `n grysaard ongeveer net soos met die aangename ure op `n mooi en warm laat herfsdag. `n Paar uur later laat niks te wense oor nie; want dadelik daarna steek daar `n koue gure wind op, en met die aangenaamheid van die dag is dit dan ook gedaan!”

[8] So is dit ook met my. Vandag voel ek so sterk soos `n jong leeu, en môre kan ek my so ellendig en swak voel, asof vampiere elke druppel bloed van my opgesuig het! En daarom moet jy van my hulp geen groot verwagtinge hê nie.

[9] Maar my talle ervaringe sal tesame met my aardse skatte jou eiendom wees! Jy sal hulle nog lank baie goed kan gebruik, omdat jy nou eers in die vyftig is, wat jy met my vergeleke `n ware jongelingsleeftyd kan noem. Maar aan allerlei ervaring ontbreek dit my werklik nie en miskien laat ek jou met my talle, belangrike ervaringe `n groot en vir die lewe meer waardevolle skatte na as met my baie goud, edelstene en pêrels!

[10] Ook ek was aanvanklik `n ywerige soeker na waarheid. Ek het ook deur talle lande en stede gereis en het waarheid gesoek in mense, en ek moet eerlik beken dat my soeke nie bepaald sonder sukses was nie. Ek het dikwels in myself baie ligte oomblikke waargeneem. Maar soos wat dit altyd in hierdie wêreld met die mens gaan, so het dit ook met my gegaan. Vandag is dit vir `n mens baie helder en lig, maar môre kom daar allerlei dom aardse sorge voor en verduister die gemoed van die mens geheel en al, en om dan in die gees te konsentreer, help niks.

[11] Die wêreld bestorm ons gemoed meedoënloos en sonder om ons te spaar, en verwoes dikwels elke spoor van `n hoër en innerlike lewenslig. En bekyk mens homself na allerlei dergelike wêreldstorms, dan sien dit daar in die hart presies so uit as in die groot sandwoesyn, die Sahara in Afrika; al die hoëre lewe lê daar as dood ten gronde, en begin mens dit weer wakker te skud en op te rig, dan het mens die gevoel asof mens op `n woeste steppe akkers, tuine en weilande begin aanlê!

[12] Ja, dit behoort wel nie bepaald tot die onmoontlikhede om op die wêreld ook van `n sandsteppe `n vrugbare aarde te maak nie; maar daarvoor is baie werk en geduld nodig! Mens sou eers goeie putte moet boor, en dan van ver, van `n ander gebied af goeie grond moet gaan haal en die sand orals daarmee dik genoeg bedek; dan sou mens vanuit die putte waterleidings na alle kante toe moet aanlê en die grond wat oor die sand lê, flink water moet gee, op die manier sou `n voormalige sandsteppe sekerlik spoedig in `n paradys verander kon word. Maar wie sou vir so `n werk genoeg tyd en sin hê, en wie het die vereiste middele?

[13] En, vriend, presies so gaan dit met `n mens deur die verskillende wêreldstorms wat `n ware lewens-sandsteppe geword het! Dit ontbreek nie soseer aan die moontlikheid om `n volledige ligmens te word nie; maar waar kry die mens die krag, die geduld en ook die vereiste middele vandaan, veral as hy byna alleen daarvoor staan?! Ja, hier by hierdie buitengewone, nog nooit voorgekomende geleentheid word natuurlik die mees woeste sandsteppe nog maklik tot `n bloeiende paradys gemaak, fisies en geestelik! Dit kom deur die Almag van die Heer wat van water die beste wyn en van klippe die mees smaaklikste brood kan maak!

[14] Ek het egter vyftig jaar lank intensief aan myself gewerk en tot nog toe niks daarmee bereik nie; en nou het ek gladnie meer gewerk en wou ook van geen enkele arbeid meer iets hoor nie, en juis nou in my werklose toestand het die Heer my meer gegee as wat ek ooit gesoek het! Daardeur is my ou lewens-sandsteppe nou wel verander in `n weelderige lewenstuin; maar ek het in die maak daarvan, nie `n hand daarin gehad nie, maar die Heer het dit vrywillig gedoen! En soos wat dit nou hier met my en my nege-en-veertig kollegas die geval is, so is dit ook die geval met talle ander, waarop jyself geen uitsondering is nie!

[15] Ek was al baie dikwels getuie daarvan gewees dat die mense juis dit waarna hulle dikwels die ywerigste soek, selde vind, en dan ook nog die allerminste op die oomblik dat hulle soek. As iemand onderweg iets verloor het, omdraai en ywerig soek na wat hy verloor het, dan vind hy sekerlik alles behalwe juis dit wat hy kwytgeraak het. En `n totaal vreemde wat later op dieselfde pad loop, vind heel toevallig en maklik wat sy voorganger, wat vir hom seker heeltemal onbekend is, verloor het. Waarom word die verlore goedere gevind deur iemand wat dit baie sekerlik nooit gesoek het nie, en waarom nie deur hulle wat dit kwytgeraak het en dadelik ywerig daarna gaan soek het nie? Wat dit aanbetref, het die heidene nagenoeg gelyk, naamlik dat hulle sulke verskynsels 'streke van die lot' noem!"