Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 209

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Asiona en Hiram in gesprek met hulle bure

209 Asiona het weer na sy bure teruggekeer, wat ondertussen vir die grootste deel al `n plekkie op die grasveld gevind het. Hiram vra hulle of die ete binnekort gereed sou wees en of `n mens iets sou moes doen om diegene wat nog geslaap het, te wek, sodat hulle hul oggendete kon nuttig.

[2] ASIONA sê: “Ek dink dat dit by hierdie mense volkome onnodig sal wees; want hulle gees, wat bo alles wakker is, slaap seker nooit en weet alles wat daar is en gebeur, en daarom sal dit hulle ook seker nie ontgaan wanneer die ete volledig gereed sal wees nie!”

[3] HIRAM sê: “Ja, ja, jy het gelyk; dit waak in hul slaap meer as ons oordag, hoe wakker ons ookal is! Laat ons daarom wag tot hulle wakker word; ons het immers tyd genoeg?”

[4] `n ANDER BUURMAN sê: “Dink jy, Hiram dat hulle nou in hul slaap ook alles hoor en sien wat daar om hulle heen gebeur?”

[5] HIRAM sê: “Nie slegs wat hier is en gebeur nie, maar ook wat daar nou in die hele wêreld, selfs wat daar nou in die hele oneindigheid is en gebeur, ewigheid gelede gebeur het en oor ewigheid sal gebeur!”

[6] DIE BUURMAN sê: “Vriend Hiram, het die hitte van die son dalk te sterk op jou brein ingewerk? Jou woorde is immers so buitengewoon verward dat ons in alle erns medelye met jou begin te kry. Wie van alle sterflike mense kan hulle ooit `n voorstelling maak van die oneindigheid van die ruimte, wie van die ewige duur van die tydstroom? Hierdie mense sekerlik net so min soos ons, - en wanneer hulle slaap, ook gladnie! Wel, hulle mag dan wel werklik wys wees en `n magtige wil hê; maar volledige kennis van die oneindigheid van die ruimte, van die ewige tyd, die kragte, die lig en wese van die lewe kan geen enkele beperkte wyse op hierdie aarde bevat nie, en dus ook sekerlik nie hierdie vreemdelinge nie!

[7] En of daar werklik êrens `n goddelike wese bestaan wat deur sy kennis volledige duidelikheid het oor hierdie begrippe, is `n groot vraag wat tot nou toe ook sekerlik nog geen enkele sterflike wyse so beantwoord het dat ander mense voldoende insig kon gekry het om vanself te sê: “Nou het ons ook minstens `n idee daaroor!”

[8] Ja, beste Hiram, oor hierdie begrippe is in Athene op die hoë skool wat ek ook besoek het, baie gepraat, maar altyd sonder die geringste ook maar enigsins voldoende resultaat. Wat was die gevolgtrekking aan die einde van die talle besprekings en redevoerings? Dat dit die grootste oorwinning van `n wyse is wanneer hy insien dat hy heeltemal niks weet nie, en dat hyself as wyse nie eens op die onderste trap van die tempel staan waarin die godin van die wysheid haar skatte agter stewige slotte en grendels bewaar nie!

[9] Ja, my beste vriend, oor hierdié punt is dit `n bietjie moeilik om met my te praat! Maar laat ons maar ophou daarmee; die gaste begin hulle te roer en hulle moet ons nie by hul ontwaking aantref in `n verhandeling oor die begrippe van die onmoontlike nie!”

[10] HIRAM sê: “Jy is nou weliswaar `n rotsvaste ou Griek en dink dat my brein skade gely het deur die son; maar hierin vergis jy jou geweldig! Oor twee uur sal jy hopelik anders oordeel en praat! Want wat daar alles agter hierdie mense skuil, sal jy jou eers beter kan voorstel wanneer jy `n tyd self met hulle kontak gehad het. Ek is tog ook geen windwyser nie, en ons leier Asiona net so min; maar ons het nou albei heeltemal ander mense geword en het Diogenes geheel en al oorboord gegooi. Dieselfde sal seker ook met jou en met alle ander gebeur. Maar nou rig die Heer Hom op en ook Sy leerlinge, en ons moet Hom nou dadelik vra of Hy die oggendete sal wil nuttig.”

[11] EK sê: “Wag nog tot die son bo die horison sal verskyn en sit dan die ete op tafel!”

[12] Nou begin die leerlinge hulle ook te roer en op te staan vanaf die gras en van die banke. Enkeles gaan dadelik na die see toe om hulle te was; Ek doen dit egter nie en Asiona kom gou na My toe om te vra of Ek waswater nodig het.

[13] Maar EK sê aan hom: “Vriend, al die water het uit My gekom; waarom sou Ek dit neem om My te was? Maar om niemand aanstoot te gee nie, kan jy My `n kruik vol bronwater bring?”

[14] ASIONA haas hom en soek `n leë kruik, maar vind geen nie; want alle kruike en ander vate was tot die rand toe gevul met die beste wyn!

[15] Heel verleë kom hy terug en sê: “O, Heer, vergewe my! Daar is nie één vat in die hele hut wat nie tot aan die rand toe met wyn gevul is nie!”

[16] EK sê: “Wel, bring My dan maar `n vat wat met wyn gevul is, dan was Ek My `n keer ook met wyn!”

[17] Gou was Asiona daar met die vat wyn en Ek was My daarmee.

[18] Toe dring die kosbare geur van die wyn in die neuse van die gaste en sommiges sê: “Nou, dit is wat ons noem nog heerliker lewe as `n patrisiër in Rome! Want dit is ongekend vir ons dat iemand hom ooit in so `n kosbare wyn gewas het, alhoewel in ander welriekende olies en water!”

[19] Maar toe Ek vir Asiona weer die vat in sy hande gee, was dit net so vol soos wat dit aanvanklik was, ofskoon dit met die wassing gelyk het of Ek elke druppel daaruit gebruik het. Asiona laat dit dadelik deur die bure sien, en hulle was stom van pure verbasing.