Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus se tussenwerpsel

95 ROCLUS sê: “Hoe kan `n intelligente wese iemand skade toebring sonder om dit te wil?! `n Demoon moet immers nog altyd minstens soveel selfbesef en selfbewussyn hê, sodat hy kan weet wat hy wil; en as hy dit weet, is dit strafbaar vir sy bose wil! En die toelaat van sulke geheime influisterings van bose demone in `n onskuldige mensesiel vind ek ook nie heeltemal in orde nie; as hulle dan om een of ander geheime wyse rede toegelaat word, dan kan die arme siel tog nie skuldig wees as sy deur die menere duiwels bederf word nie!

[2] As die duiwels egter geen intelligensie het nie en derhalwe nog minder `n vrye wil, dan kan hulle die siel ook geen skade toebring nie, - en as hulle haar sal skaad, dan het nóg die siel wat beskadig word, nóg die duiwel wat geen intelligensie of wil het nie, enige skuld nie; dit kom dan slegs op die rekening van hulle wat so-iets toelaat! So oordeel ek vrylik daaroor, en ek aarsel gladnie om dit hier openlik uit te spreek nie!

[3] Maar as die duiwels, soos wat mens sê, selfs `n baie skerp intelligensie het - wat waarskynlik so is, omdat hulle by `n arme siel dadelik waarneem op watter punt sy in die materiële sfeer swak is, dan het hulle ook `n wil wat haar skade wil toebring; en ook in hierdie geval is die siel sonder skuld, en dra slegs die duiwels en hulle wat dit toelaat, hier wederom die skuld!

[4] Gee my wapens en sê my wie die vyand is, dan sal ek verseker verhoed dat hy my maklik te lyf gaan! Maar as ek die vyand, wat my aansienlike skade kan toebring, deurdat hy my heimlik en onsigbaar tot die afskuwelikste ondeugde kan verlei, nie ken nie, en ek dan bowendien naderhand nog die skuld en die hoogste noodwendige gevolge daarvan moet dra, nou, dan sê ek nee dankie vir so `n lewe!

[5] Dit is dan dieselfde wanneer `n swak persoon naak uitgelewer word aan `n kudde hongerige wolwe, hiënas, leeus, tiers en luiperds. As hy hom deur hulle laat verskeur en opvreet, dra hy ook nog die skuld, en moet daarom ook nog deur die regter veroordeel word, omdat hy hom dan `n heeltemal weerloos, swak wese ten eerste deur gewapende, meedoënlose beulsknegte na die wildernis moes laat sleep het, en ten tweede, omdat hy daar deur die wilde diere verskeur en opgevreet is!

[6] Hoe geval jou hemelse wysheid hierdie voorbeeld van dergelike regspraak?! Vriend, as dit so gestel is met demone en duiwels, en die arme ellendige mensesiel is die enigste wat die skuld en die gevolge daarvan moet dra, met of sonder intelligensie en wil van haar tot verderf strekkende duiwels – wel dan, - dan is daar geen wyse, liefdevolle regverdige God nie, maar miskien net so `n toweragtige, blinde, almagtig wese, dus `n soort fatum, (noodlot) wat steeds, net soos die hooggeplaaste Romeine, die grootste vreugde beleef aan diere wat teen mekaar opgehits word, en woeste stiergevegte, en waarteen die mens maar net kan sondig as hy homself met die korrekte middele ingespan het om wysheid te bereik!

[7] Voorwaar, ek sê vir jou: As dit egter so is soos wat jy sê, dan het die Fariseërs wel gelyk! Ek het die Heer Self oor so baie hoor spreek, en ek kan op basis daarvan sê, dat jy, mooi bode van God se hemele, hierdie keer `n bietjie langsaan sit; en ek bly daarby, dat ek slegs met my huidige liefde tot die Heer die vroeëre genoemde aantal farisese duiwels totaal uit die veld sal slaan.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205