Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Hiram se stoïsynse - naturalistiese wêreldbeskouing

181 Daarop sê ASIONA: 'Waarlik, nee, dit verstaan ek nog nie heeltemal nie! Hoe moet ek dit dan verstaan?"

[2] JOHANNES sê: 'Omdat jy `n Judeër is, sal jy tog ook wel eens van die Psalms van Dawid, die Hooglied van Salomo en die klaagliedere van die profeet Jeremia gehoor het?"

[3] ASIONA sê: 'O ja, verseker, ofskoon ek nog weinig daarvan gehoor en nog baie minder daarvan verstaan het?'

[4] JOHANNES sê: 'Sien, dit is geestelike musiek en geestelike sang, omdat dit aan die genoemde sangers deur God se Gees ingegee is! Wel, verstaan jy dit nou al beter?"

[5] ASIONA sê: 'Nou ja, dit begin my wel `n bietjie te pla; maar op `n helder insig kan ek my nog lank nie beroem nie! Hoe verstaan jy, Hiram, dit dan?"

[6] HIRAM sê: 'Net soos wat jy sê! Daar hang wel `n soort geestelike geur hieroor; maar as hierdie aardige en wonderbaarlike vriende ons byvoorbeeld die Hooglied van Salomo gaan voorsing, dan gaan ek weg. Want met die lied kan iemand my soos `n gemsbok oor alle bergtoppe heen jaag; dit is volgens jou bekende aptekersuitdrukking werklik die toppunt van menslike domheid, afgesien van die feit dat Salomo verder een van die wysste Judese konings was.

[7] Oor die Psalms van Dawid en die Klaagliedere van Jeremia wil ek nie direk iets sê nie; want daarin skyn baie goeie en verhewe dinge voor te kom, en allerlei en mooi duister gehoue voorspellings oor `n Messias van die Judeërs wat nog sal kom, ongeveer soos in die Ilias* van die Grieke. Maar dit is alles egter mooi poësie, waaragter nie eens my huidige, mooi en hier ook in vervulling gegane ligdroom kan skuil nie! Die arme sterflike mense stel hulle so goed voor en hulle gaan steeds tevrede aan met suiwer goeie dinge; maar waar bevind die reële werklikheid homself? Dit bly ewig agterweë, en elke mens met al sy mooiste verwagtinge vind uiteindelik daar onder in die koel aarde die vervulling! Dit is en bly ewig en altyd dieselfde waarheid; al die ander verstuif in die ou, ydele niks! * (Die geskrewe helde-epos van die Grieke deur die digter Homerus)

[8] Dit is waar, Asiona het my tot nou toe baie en opmerklike sake vertel, waaragter waarskynlik wel een of ander geheime, deur ons nog heeltemal onbekende waarheid steek; maar die liewe aarde het sedert Moses, Sokrates en Plato al baie buitengewone wyse manne gedra, wat mens baie maklik al vir gode kon aangesien het. Hulle bestaan verseker, en alle kragte van die natuur gehoorsaam hul wenke! Maar hulle word tog ouer en swakker en gebrekkiger, en aan die einde van hul dae blyk dit ook dat hulle slegs sterflike en verganklike mense was, en hulle het in dieselfde niks oorgegaan soos hulle wat soos ons mense van weinig betekenis was, wat nooit op die gedagte gekom het om op die wêreld iets te wil beteken nie. Daarom is alles ydel en hierdie wêreld is vol dood!

[9] Mense spreek so in die algemeen wel van `n sieleryk wat hom êrens aan die ander kant bevind; net, waar is dit, wie het al ooit `n siel gesien, en die land waar die siel in die toekoms moet gaan woon? Ja, baie stories en sages is orals in oorvloed daaroor! Ons het baie hier, dit wil sê in verhouding tot die baie verlate oord van die aarde; maar daaronder is daar ook nie één wat met sekerheid sou kon sê of hy self ooit eenkeer `n siel gesien het of maar net egter lewendig gevoel het nie! En as dit hom nie duidelik tydens sy lewe voordoen aan elkeen wat as mens tog ook reg daarop sou hê nie, maar meestal maar net aan die verskillende priesters en baie ander individue wat soos hulle lyk, wel, dan is dit hopelik vir `n waaragtige, enigsins onbevange, weldenkende mens tog nie moeilik om te raai deur watter bodem en ten voordele van wie, dergelike sages, versinsels en selfs leringe ontstaan het nie! Geseënd is hulle, aan wie sulke lugtige woordbousels enige troos en gerusstelling kon bied! Ons, beste vriende, het duidelik iets beters leer ken en aangeneem, naamlik die oeroue, altyd gelyke waarheid in haar diepste diepte, en vind juis ons grootste troos en tegelyk ons grootste gerusstelling in die feit dat ons so gou moontlik weer terugkeer na die ewige oeroue niks; want in die ‘nie-wees’ bevind hom tog immers die grootste en allersaligste rus. 

[10] Dat ons nou bestaan, lewe, dink en voel, is reeds so `n eienaardige, onbegryplike spel van die natuur. Die winde speel met die golwe van die see en dit raas en bruis, asof hulle op één slag die hele aarde met al haar berge wil verslind; maar spoedig gaan die wind lê en is dit verby met die mag van die golwe, al gaan hulle nog hoe te kere. So ook styg daar wolke op wat `n ontsettende onweer met hulle saamdra. Mens sou glo dat dit `n einde sou maak aan die aarde, maar gou is die storm uitgeraas en dan volg die ou rus weer. En so wissel die groot spel van die natuur. Alles vergaan en kom ook weer terug; net die groot natuur bly altyd dieselfde. Son, maan, sterre en hierdie aarde is steeds dieselfde, en die verskynsels en hul spel ook.

[11] Sien, beste en baie agtenswaardige vriende, julle kan doen wat julle wil en, netso allerlei wysheid spreek, voorskryf en onderrig gee, dit is tog alles ydele woorde! Slegs dit wat ek julle vanuit my seker eenvoudige en onbaatsugtige armsaligheid gesê het, is en bly waar. Want dit leer die mens die daaglikse ervaring, en dit ken as die oeroudste leraar van alle skepsele beslis geen enkele uitsondering nie, omdat dit aan alle skepsele so eie is as wat beide hierdie oë van my eie is solank ek leef. Alle ander wyses en profete het hul wysheid en hul kennis weer van hul voorgangers gekry en wou dit teen die ou ervaring opneem; maar dit was alles suiwer vir niks en ydele woorde! Daar onder het hulle lank reeds vergaan en niks het daar van hulle oorgebly nie, behalwe hul leë, wyse leringe en sommige van hul groot dade. Slegs swak geeste wat nog sterk aan die onbeduidende lewe hang, kon in dergelike verstandspinsels nog enig behae skep en soms selfs nog `n ydele troos daarin vind.

[12] Dit is nou my lewensbeskouing. As julle miskien `n beter een het, gee dit dan ten beste en ek sal baie bly wees as julle ons nog iets kan sê wat meer waarheid bevat! Maar ek weet al by voorbaat dat julle met niks kan kom wat meer waar en opbouender is nie, omdat iets dergeliks nêrens bestaan en ook nie kan bestaan nie."

[13] PETRUS sê heimlik vir My: 'Heer, nou spreek hy duidelike taal! Werklik, as ek nie met U al sulke buitengewone ervaringe opgedoen het nie, sou hy die eerste wees wat my heeltemal sou kon ompraat"

[14] EK sê: 'O, wag maar, dit is nog lank nie die belangrikste nie; dit sal wel nog pittiger word! Daarom het Ek julle immers vantevore gesê dat julle baie goed sal moet nadink om hierdie mense tot `n ander oortuiging te bring en wat die hoofsaak is, hulle tot liefde vir die lewe te bring. Johannes, gaan jy nou maar verder'

[15] JOHANNES sê nou `n bietjie bedeesd: 'Maar Heer, wil U my dan steeds die woorde in die mond lê; want daarstraks het U my enkele oomblikke slegs laat spreek, en dadelik was ek - wie weet waar! Ek het weliswaar niks onpassend gesê nie; maar kortom, ek merk dat ek nie op dieselfde lyn gebly het nie"

[16] EK sê: 'My beste Johannes, wees jy gladnie besorg daaroor nie! Wat jy gespreek het, was alles prima in orde, want alles moes presies so verloop. Gaan jy daarom nou maar baie moedig verder, en ons sal ons nog in een van die mooiste oorwinnings kan verheug!"

[17] Dit gee Johannes moed; hy begin dadelik weer te praat, en wel met nog meer gees en moed as voorheen.