Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 201

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

`n Blik op Saturnus

201 HIRAM sê: “Alles sou nou baie goed in orde gewees het, omdat ons van U, o groot, verhewe Wyse, alles nou volgens U woord glo. Maar omdat alles vir U moontlik blyk te wees, sou dit vir U tog ook nie onmoontlik wees om ons `n nadere blik te laat werp op so `n heeltemal ander aarde(planeet) nie, - maar albei van ons tegelyk, sodat ons daarna aan die ander `n geldige getuienis kan gee!”

[2] EK sê: “O, niks is makliker as dit nie! Maar net met julle liggaamlike oë sal dit wel onmoontlik wees. Daarom sal Ek die oë van julle gees, julle siel en julle liggaam vir `n kort tydjie verenig, en sien julle daar boaan die uitspansel `n taamlike groot en matige sterk ligtende ster? - Dit is juis die sogenoemde planeet Saturnus. Rig nou julle oë vas daarop, dan sal julle hom gou groter en groter sien word, en dit net so lank as wat dit is asof julle julleself volledig daar bevind! Dan kan julle elkeen vertel wat julle gesien het! Doen dit nou!”

[3] Nou het hulle albei begin om die ster strak aan te kyk en gou word hy groter en groter. Hulle sien selfs reeds `n gedeelde ring en enkele van sy mane. Weldra word die mane so groot soos die aardse maan en ook gou groter; en die planeet self staan reeds in ontsagwekkende omvang en majesteit voor hul oë. Hul luide verwondering begin al alle grense te oorskry; want terwyl hulle dit almal steeds vollediger sien, spreek hulle met hul mond alles hardop uit wat hulle sien.

[4] Hulle is nou vlak by die eerste maan, wat feitlik die verste verwyder is van die planeet, en HIRAM roep hardop uit: “O, dit is `n hele groot, maar helaas baie verlate wêreld! Is daar werklik mense, diere en plante hierop? Maar alles maak `n baie kwynende indruk en uit die mense straal weinig gees, - hulle is ook glad nie mooi nie. Die diere is ook baie swak verteenwoordig en sien daar baie vreemd uit. Die plantewêreld sien daar ook baie eentonig en sterk kwynend daar uit. Nee, hier geval dit ons glad nie!

[5] Ag, daar kom nog so `n wêreld op ons af! O, dit beteken nog minder! Daar `n derde, dit beteken ook niks, - dit sou `n egte wêreld vir die wyse Diogenes wees! Nou, dit het ons wel gesien! Hé, daar is `n vierde en die sien ook niks beter daaruit nie! Daarom maar weer verder! Daar kom reeds `n vyfde, dit is alles wel op baie klein skaal; maar die bewoonde deel sien daar tog wel iets beter uit as by die vorige. Die kleintjies spring werklik vrolik soos ape rond! Van `n woning is egter nêrens `n spoor te sien nie. Ook die diereryk skyn hier baie eenvoudig en baie spaarsaam verteenwoordig te wees, netsoos die liewe plantewêreld! Maar daar kom reeds `n sesde en nog `n kleiner wêreld, en daar selfs `n sewende! O, hierdie is ontsettend onooglik!

[6] Maar nou, o alle bliksems, hael en donder! Nou kom daar `n enorme wêreld op ons af! O, dit het heeltemal geen einde nie! (nota bene: dit is die buitenste ring.) O, dit lyk wel om heeltemal sonder einde in `n regte lyn ewig voort te duur! O, daar sien dit wel baie pragtig uit! Geweldige lang bergreekse lyk of hulle vir ewig aangaan, en daar is `n groot aantal mere en riviere sigbaar, en mense en plante vertoon meer gelykenis met die van ons. Maar van `n merkbare kultuur lyk ook daar geen spoor aanwesig te wees nie. Die mense wat daar baie vreemd uitsien, blyk geen vrolikheid te ken nie, en hulle is reusagtig groot. Maar daar is geen huise en heeltemal geen stede nie.

[7] A ha, daar kom alweer so `n groot wêreld ons tegemoet, die tweede! Die sien daar net so uit soos die een buitengewoon groot wêreld in die ander steek! Maar verder is daar nie baie verskil tussen hierdie en die vorige groot wêreld nie, en daar, daar kom alweer `n derde, byna heeltemal dieselfde! Nou, nou, hoeveel wêrelde steek hier dan inmekaar?! Maar daar lyk die bietjie kleiner mense baie spookagtig, en alles is baie verlate, - en byna heeltemal geen kultuur nie! Nee, op hierdie wêreld sou ons ook nie wil woon nie!

[8] En daar kom alweer so `n soort wêreldjie ons tegemoet! Wel, noudat ons vlak in die buurt is, sien dit daar tog wel baie aansienlik uit; maar daar is geen skepsel te sien nie! Maar, o alle elemente! Nou kom daar `n aarde ons tegemoet waarvoor `n mens éérs respek moet hê!”

[9] Hier duur dit, met alle moontlike verwonderde uitroepe gepaardgaande beskouing, byna `n halfuur, en Ek roep beide nou weer in hul natuurlike toestand terug, en laat hulle die volle herinnering aan wat hulle gesien het in hul siel en selfs hul brein behou, en vra hul toe hoe Saturnus hul geval het.*(Sien “Saturnus”, deur Jakob Lorber)