Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die godsdienstige verhoudinge in Rome in Jesus se tyd

8 CIRÉNIUS sê: “Kindjie, jy het heeltemal gelyk; so staan in Rome, natuurlik net wat die publiek aanbetref, die saak met die PONTIFEX MAXIMUS en voorlopig is daar ook niks aan te verander nie! Maar ek kan jou ook baie beslis verseker, dat net die allerlaagste gepeupel, wat geen beter opvoeding besit nie, nog min of meer daaraan glo; van die beter volksdeel glo niemand dit meer nie en daarom is daar met ons Romeine altyd nog wel iets uit te rig.

[2] Vanweë die allerlaagste volk sal die verbreiding van hierdie suiwer, goddelike waarhede wel eendag menige ongewilde stryd oplewer, maar ook aanhangers wat egter volgens Romeinse sedes met vreugde goed, bloed en lewe vir hierdie leer sal instaan. Want jy vind op aarde nie maklik `n ander volk wat vir die dood minder angs het as juis die Romeine nie! As `n regte Romein eenmaal vir iets gewen is, heg hy ook altyd sy lewe daaraan! `n Ander volk doen dit nie, daarvan kan jy volkome verseker wees!

[3] Ons priesters is nou juis `n vyfde wiel aan die wa en hul volksfeeste en preke dien net om die volk te vermaak. Sedelik steur niemand hulle meer daaraan nie. Daarvoor sorg ons allesomvattende regswetenskap, wat `n uittreksel is van die beste en mees wyse filosowe wat as mense ooit êrens en te enige tyd hierdie aarde betree het.

[4] Die Pontifex Maximus word net deur die staat onderhou terwille van die laagste bevolkingsgroep en sy eertydse vrye doen en late het die mens baie beperk. Ja, `n paar eeue gelede het dit nog baie seldsaam daaraan toe gegaan; toe was die Pontifex Maximus wel so te sê `n soort god onder die mense! Hy was in sigself steeds `n mens met heelwat kennis en moes dit ook wees, omdat hy andersins nie maklik so `n hoë amp sou kon bereik het nie. Hy moes goed bekend gewees het met die misteries van Egipte en volledig op die hoogte wees met alle orakels en hul geheime. Ook moes hy `n volleerde magiër wees, waaroor hy altyd voor `n geheime kollege van die oudste edelmanne van Rome, `n uiters streng eksamen moes aflê. Besit hy alle noodsaaklike eienskappe, dan word aan hom die hoëpriesteramp verstrek met alle regte, voor- en nadele.

[5] Daarna kon hy weliswaar heelwat ten opsigte van die volk onderneem, maar hy moes in die geheim steeds vir die edelmanne `n gepaste respek hê en ook doen wat hulle verlang het. Indien hulle oorlog wou maak, dan moes hy sy profetiese mededelings altyd so ingeklee het, dat die volk daaruit die noodsaaklikheid van die oorlog as die wil van die gode gesien het; maar die eintlike gode was tog maar net die edelmanne van die ryk en met hulle die vernaamste beste opgevoede burgers, kunstenaars en digters, wat allereers van die gedagte uitgegaan het dat mens net aan die fantasie van die mense `n weliswaar veelomvattende, maar tog duidelike rigting moes gee, om hulle teen die ergste afdwalings te bewaar.

[6] Want elke mens het `n natuurlike verbeelding. Indien dit verwaarloos word, kan die edelste mens daardeur `n verskeurende gedierte word; maar word sy verbeelding egter reg bestuur en na edeler vorms gelei, waaronder hy hom heel ordelik begin te gedra, dan sal die fantasie ook selfs edeler vorms begin skep en in `n suiwerder denke en strewe oorgaan en sy beste innerlike skepping wil realiseer.

[7] En so is dus die hele afgodeleer niks anders nie as `n fantasieproduk wat steeds meer georden word en is uitgedink om die algemene menslike fantasie te bestuur en te reël en dit soveel moontlik met alle menslike middele prakties sigbaar en effektief in werking te stel. Vir ons wyse en ervare edelmanne het die noodsaak vanself maklik verstaanbaar ontstaan, dat ons dit moes skyn te wees wat ons wou gehad het dat die volk in ons oë moes word.

[8] Soos wat dit egter toe was, so is dit ook nou nog, net met die verskil dat die proletariaat nou ook reeds in baie dinge ingewy is waarin net ons edelmanne vroeër ingewy was en daarom glo nog maar net baie weinig heel wanhopig aan die hoëpriesterlike amp. Die meeste glo wel aan `n hoër goddelike wese, maar baie glo aan glad niks meer nie en `n verder ontwikkelde deel is volgelinge van Plato, Sokrates en baie dikwels van Aristoteles.

[9] Daardie priesters wat egter die Pontifex Maximus aan jou beskryf het, is deels op hul manier dikwels werklik so dom dat hulle alles woordeliks glo wat hulle ingeprent is; maar dikwels is dit baie geslepe deugniete, wat voor die volk `n groot lawaai maak en voordoen asof hulle elke dag met die gode aan die Persiese skaakbord speel! Self glo hulle egter maar net die woorde van Epikuris, wat ongeveer so lui: Ede, bibe, lude! Post mortem nulla voluptas; Mors enim est rerum linea*. *(Eet, drink, speel! Na die dood is daar geen plesier meer nie, want die dood is die einde van alles.)

[10] Indien jy, my andersins allerliefste Jarah, wat vir jou leeftyd wonderbaarlik wys is, dink dat ons net so is soos die twee onderpriesters en ons daarvolgens beoordeel, dan sou jy ons `n groot onreg aandoen; want ons Romeine is presies soos wat ek nou hier aan jou beskryf het. Al die ander kan maar net `n waardelose uitspraak van `n leek wees, wat die wese van Rome net so weinig ken, soos jy dit voorheen geken het, maar wat ek nou as mederegeerder van Rome aan jou onthul het. Noudat jy dit egter weet, moet jy ons Romeine tog wel met meer begrip en toegeeflikheid beoordeel en behandel! Wat dink jy, is my versoek aan jou geregverdig of nie?”