Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 276

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Heer neem afskeid van die dorp in die berge

276 Die volgende dag gaan Ons na die ver weg wonende bure en daar bring Ons die hele dag asook die hele nag deur. Hier gebeur dit dat Ek My en ook die ander gaste voor almal sigbaar deur die engele van die hemel laat bedien. Hul verwondering het toe al heeltemal geen einde meer nie, en die bewoners het heeltemal die gevoel asof hulle in die hemel was. Hulle spreek ook oor velerlei dinge met hierdie suiwer hemelgeeste en loof hul groot wysheid en groot mag; want daar word in hierdie nag talle wonderwerke verrig en wel ten behoewe van hierdie baie brawe bergbewoners.

[2] Een van die talle wonderwerke was ook dat die verre bure `n hele nuwe en doelmatige huis gekry het en ook nog ander dinge in oorvloed, ook eetware en wyne van die beste soort. So word vir alle bewoners ook vir `n groot aantal nuttige huisdiere gesorg, en word hul tuine goed beplant; ook word al hul woonhuise goed reggemaak en van bedryfsgeboue voorsien, vir elkeen ooreenkomstig sy behoefte. Dat hierdie mense hierdeur van egte verwondering en dankbaarheid gewoonweg oorgeloop het, het natuurlik geen nadere toeligting nodig nie.

[3] In die oggend eindig die nagtelike gebeure en alle bure keer aan My kant baie bly, buitengewoon gestig, en vol hoogste dankbaarheid huiswaarts, en almal bekyk vol salige bewondering hul sterk verbeterde huise, tuine en akkers. Maar ondanks dit alles kon hulle geen afskeid van My neem nie, en Ek moes nou eers in die een, dan weer in die ander huis hul gas wees, tesame met die leerlinge, waar dan steeds baie oor allerlei toestande in die wêreld gepraat word.

[4] En so word die arme volkie dubbel gehelp, naamlik fisies en moreel. Maar toe die tyd dat Ek daar sou bly, verstryk het, en Ek daaroor begin praat dat Ek spoedig van hier sou vertrek en na `n fees in Jerusalem sou gaan, word almal baie bedroef en Barnabe vra My hoe dit tog moontlik was vir My om na hierdie baie gedemoraliseerde, goddelose stad te trek.

[5] Toe sê EK: “Vriend, waar die meeste siekes is, is die behoefte aan `n Arts ook die grootste.”

[6] Op hul dringende versoek bly Ek tog nog enkele dae daar, en Ek het hulle nog oor `n aantal goeie en nuttige dinge onderrig, asook My leerlinge wat dit daar ook nie bepaald heeltemal mee eens was dat Ek na die herfsfees in Jerusalem sou gaan nie.

[7] Maar EK sê aan hulle: “So is die wil van die Vader en dan kan dit nooit anders wees nie!”

[8] Toe hulle dit hoor gee hulle toe, en bring niks meer daarteen in nie.

[9] Dit was `n dag vóór die Sabbat toe Ons op weg gaan. Want Ons wou op die Sabbat waarop die fees begin het, in Jerusalem aankom en dus moes Ons op die vorige dag reeds die plek verlaat het waar Ons verskeie weke gerus het, om op die Sabbatmôre in Jerusalem te wees; want dit was nog ruim `n dag se reis daarheen.

[10] Na die oggendmaaltyd seën Ek die plek en sy bewoners en begeef My op reis, deur almal begelei, deur die nuwe uitgang wat tevore nog deur niemand betree was nie. By die uitgang deur die grot sê Ek My begeleiers dat hulle moes omdraai, en beveel hulle nog één keer die volle geloof aan My en die liefde tot God aan. Ek sê dat hulle ook nooit wankelmoedig moet word in die geloof nie, dan sou Ek verglans oor `n paar jaar weer na hulle toe kom en aan hulle almal die krag van My Gees verleen. Hiervoor dank almal My en vra My om hulle nie te vergeet nie, ook as Ek ver weg was.

[11] EK sê egter: “My dierbare vriende! Vergeet bestaan nie by My nie; dit bestaan slegs by mense. Wie My nie vergeet nie, die vergeet Ek ook ewig nie. Bly My daarom getrou solank julle in die vlees woon, dan sal Ek julle gee wat Ek julle al meer kere verseker het, en selfs getoon het, die onverganklike, ewige lewe in My ryk. Amen!”

[12] Hierna gaan Ek gou op weg, terwyl die begeleiers Ons nog `n uur lank agternakyk, en aan Ons hul groete en goeie verlange nastuur.

[13] Toe draai hulle om, vol van die beste voornemens en vol goeie wil; en tegelyk besluit hulle, omdat hulle nou so goed van alles voorsien was, en dit nie meer nodig was om vanweë die sout na Nahim te gaan nie, ook hierdie in- en uitgang so te bedek dat dit deur niemand meer ontdek sou kon word nie. En wat hulle besluit het, voer hulle ook sekuur met verenigde kragte op hierdie dag voor die Sabbat uit en was sodoende heeltemal van alles afgesluit, en lei daar `n streng lewe heeltemal volgens My leer.

Einde van die vyfde deel