Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus vergelyk menslike met goddelike dade

34 ROCLUS: “Ek vra hier maar net, wat die wêreldse regbanke sou doen met `n mens wat met `n aantal handlangers hom die slegte grap sou veroorloof, om byvoorbeeld snags die geseënde velde net oor `n klein gebied soveel moontlik te verwoes? Ek glo dat die Romeine so `n moedswillige booswig minstens tien maal sou kruisig as hulle hom in die hande sou kry, of hulle sou hom op `n uiteindelike verklaring van `n arts lewenslank in `n gestig opsluit. Maar `n god aanbid mens nog daaroor en beskou hom as eindeloos wys! Ook nie sleg as mens jou daarby maar net gelukkig voel nie! Want die hoogste wysheid van die gode het immers die onoorwonne voorreg in die hele skepping om die allerdwaaste streke uit te haal; hulle kan na goeddunke roof, moor en ten gronde rig en niemand sal dit in sy kop kry om ook maar te dink dat hulle daarmee `n bose streek uitgehaal het nie. Wel waag die bygelowige mense wat tog dink, dat die voorheen genoemde verwoesting van die gewasse nou nie bepaald iets goeds was nie; want as dit iets goeds sou gewees het, sou die arme, goeie mense hulle dit sekerlik kon gespaar het om na die plaasvervangers van die gode te gaan.

[2] Wat gebeur daar dan met `n mens, wat die huis van `n ander aan die brand steek en daardeur nie net sy huis nie, maar ook alles wat daarin is, vernietig en dus van `n welvarende burger `n bedelaar maak? Volgens die wet hoort, na my wete, die brandstigter aan die kruis. As die here god Zeus egter die vernietigende weerlig in iemand se huis slinger en daardeur alles deur die vuur laat verwoes, dan is dit ondenkbaar dat dit anders as baie goed en uitermate wys kan wees! Wee diegene wat dit nie so sou insien en nie ystervas daarin sou glo nie; die PONTIFEX MAXIMUS sou hom dan wel die toorn van die god Zeus op `n dergelike manier laat voel, dat die afbrand van `n huis daarby vergeleke `n enorme weldaad sou wees! Ek het egter die vrymoedigheid om hier te vra: As die plaasvervangers van god die daad van huise-afbrand, wat van Zeus uitgaan, as wys en uiters goed en regverdig beskou, waarom vind hulle dan een en dieselfde daad deur `n mens gepleeg só verdorwe sleg, dat hulle dit nodig vind om hom daarvoor met die pynlikste marteldood te bestraf?

[3] Ek oordeel op hierdie punt ewenwel as volg en sê: Die waarlik goeie en waarlik wyse moet, deur wie ook al gedoen, ewig goed en wys bly en verdien daarom geen straf nie!. Omdat die geslepe mense as plaasvervangers van die gode op aarde egter heimlik self wel weet, net soos ons goedmoedige Essene, dat daar geen gode bestaan nie, maar dat daar net `n algemene oernatuurkrag is, wat net suiwer toevallig iets tot stand kan bring wat na verloop van tyd op die mees verskillende gebiede eers oorgaan in noodwendig edeler vorms, daarom het die plaasvervangers van god deur middel van hul fantasie die natuurkrag allegories as `n god gepersonifieer en aan die ander mense, wat self nooit oor iets nagedink het nie, gewoonlik visueel ter verering en aanbidding voorgestel.

[4] Die god wat op hierdie wyse versin is, moes laat merk dat hy daar was en dit natuurlik so wonderdadig moontlik! As die volk die god eenmaal deur `n aantal wonderwerke waargeneem het, dan moes hulle hulleself ook baie gou streng wette van hom laat welgeval. Wee die oortreders daarvan! Om te voorkom dat die mensdom in sy blinde, dom vrees vir die eenmaal as vasstaande, aangenome wonderdadige god, egter nie na `n maklik begane sonde in volledige vertwyfeling sou raak nie, het die geslepe plaasvervangers van god middele uitgedink ter versoening met die beledigde godheid. Hulle het daarvoor offers en ander pynlike maniere van boetedoening uitgedink, waardeur die sondaar weer die vriendskap van sy beledigde god kan terugwen. En so bestaan daar nou reeds orals op die liewe aarde, benewens die burgerlike wette van die land, ook wette wat van die een of ander god uitgaan en wat so opgestel is, dat `n mens, ook al is hy hoe kuis en deugsaam, daagliks sonder meer wel tien keer daarteen moet sondig, waardeur hy hom vir die barmhartigheid en die welgevalle van sy god enigsins onwaardig gemaak het. Hy moet homself in die aand, nog voor sonsondergang, deur voorgeskrewe middele reinig, omdat hy andersins dadelik in `n erger kwaad kan verval.

[5] Ek kan en wil dit beslis nie sleg noem nie; want dit skaad nie as die mensdom `n gevoelige gewete het nie, en sekere wassings en die skoon hou van die liggaam het nog nooit enige mens geskaad nie. Maar aan my en my gelykes mag mense hierdie voorskrifte nie oplê as voorskrifte van `n god wat nêrens bestaan nie! Ek en my metgeselle weet wat ons weet, en niemand kan ons dit ten laste lê dat ons vir ons suiwer wete ooit leerlinge gewerf het nie. Maar dit sal ons tog in die geheim ten minste wel geoorloof wees, dat ons `n X nie as `n U beskou nie?! Ons sal nooit iemand te na kom nie, omdat ons almal mensevriende is; maar ons vra ook dat ons met rus gelaat word. Waarom pik die priesters in Jerusalem nou voortdurend op ons Essene? Laat hulle wees wat hulle is en ons wat ons is; want hulle is vir die forum van die suiwer verstand geen haar beter as ons nie - en ons uiteraard ook nie beter as hulle nie. Ons vervloek hulle egter nie, maar betreur net hul growwe blindheid. Maar wie gee aan hulle die reg om ons te vervloek, terwyl ons tog self aan ons die moeilike taak gestel het om nooit `n mens te oordeel en ten gronde te rig nie, maar elkeen net met raad en daad te help?!

[6] Ook al verrig ons pseudowonderwerke, want daar was nooit egtes gewees nie - dan gebeur dit oor die mensdom, wat blind is en blind wil bly, en om hulle des te makliker te help, omdat hulle op `n duidelike, suiwer menslike manier nie meer te help is nie. Dit sou egter deur sulke priesters, wat hulleself skrifgeleerdes noem en tog ook moet weet hoe dit met hulle gesteld is, ook ingesien kan word! Hulle moes hulle met ons verenig het en met ons saamgewerk het, dan sou die mensdom binne enkele jare al heel anders daar uitgesien het as nou.”