Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die wyse wetgewing in Mathaël se koninkryk aan die Pontus

17 Roclus sê: “Tevrede of nie tevrede nie, wat kan ons teen u mag doen? Magtelose wurms moet immers met alles instem; want wee hulle as hulle hul ook maar enigsins in die stof van hul nietigheid begin te roer, dan word hulle dadelik deur die vrolike voëls uit die lug opgemerk, gevang en geëet! Die swakke moet immers die magtige gehoorsaam as hy wil lewe en dus sal ons ook vir Markus, wat nou meester en owerste is, moet gehoorsaam as ons nie geëet wil word nie. Maar aangenaam - om heel eerlik te wees - is dit beslis nie vir ons nie, dat hierdie bejaarde, ruwe krygsman oor ons sal heers; want dit is die mees onverbiddelike mens wat ons ooit mee te doene gekry het. Regverdig is hy, dit kan niemand ontken nie en hy het, gesien sy talle ervaringe, ook `n oordeel wat altyd gesond en reg is; maar vir die res is hy die mees onsosiale mens en van mensliewendheid is by hom absoluut geen sprake nie! Wel, wel, dit is `n gelukwensing aan ons werd, dat hy ons outoriteit geword het! Werklik, sowel ons as ons kinders en kindskinders sal weet om van goeie tye te vertel! Dit sou nou beslis die beste wees om te emigreer, maar waarheen?”

[2] Toe staan Mathaël op en sê: “Wel, as julle wil emigreer, kom dan na wat nou my ryk is, wat agter Klein-Asië aan die wye Pontus lê. Dit is `n groot ryk, wat deur twee groot seë begrens is, in die weste deur die Pontus en in die ooste deur die Mare Caspium (Kaspiese See). Daar sal julle onder my wette, wat egter wel uiters streng is, veilig en werklik baie rustig kan lewe. Net dit sê ek aan julle, dat daar in my ryk selfs geen skyn van onregverdigheid mag voorkom nie en elke leuen sal uiters hard en ontoegeeflik gestraf word; maar `n algeheel regverdige, waarheidsliewende, onself­sugtige burger sal onder my ystersepter die beste lewe hê!

[3] Niemand sal by my vry wees van belasting nie; want wie in staat is om enige werk te doen, moet werk en iets verdien! Wie egter iets verdien, kan ook belasting aan die koning betaal, wat steeds vir die welsyn van die hele ryk moet sorg en daarom altyd talle en groot skatte tot sy beskikking moet hê om `n weermag te onderhou, wat sterk genoeg moet wees om `n moontlike vrypostige vyand die hoof te kan bied.

[4] Hy, die magtige koning, moet skole en tughuise onderhou en die grense van die ryk voorsien van sterk onoorwinlike vestings, waaroor geen vyand so maklik kan spring nie, maar waarvoor baie geld nodig is.

[5] Daaruit sien julle hoe streng `n koning daarop moet toesien dat elke mens aan hom die verpligte belasting betaal; en julle kan dus nou wel na my ryk emigreer, as julle dit eens is met die verpligtinge wat ek van elke onderdaan met die onverbiddelikste strengheid sal eis! Julle het my toestemming; indien die juk van Rome onder die beheer van die bejaarde Markus julle te swaar druk, dan weet julle nou reeds waarheen julle kan emigreer!

[6] Maar om julle in algemene sin bekend te maak met my instellinge, vertel ek aan julle ook nog, dat daar by my aan niemand ooit `n onbeperkte reg op inkomste verleen sal word nie. Vir elkeen staan dit weliswaar vry om `n vermoë op te gaar, maar dit mag nooit, selfs by doodstraf nie groter word as tienduisend pond nie. Alles wat iemand meer as dit verwerf, moet hy uiters gewetensvol in die algemene staatskas stort; doen hy dit nie, wat volgens my insig heel gou ontdek en bewys sal word, dan word die hele vermoë verbeurd verklaar; en aan die oortreder van hierdie so buitengewoon heilsame wet vir die algemene welsyn van die staat van al my volke, sal daarby nog ander baie swaar strawwe opgelê word.

[7] Bowendien word dit ook aan niemand toegestaan om die toelaatbare bedrag van tienduisend pond `n in al te kort tyd te verwerf nie; want dit is maar al te duidelik dat so `n verryking in `n te kort tyd nie moontlik is sonder allerlei bedrog en andersoortige gewelddadige afpersing nie, behalwe in geval van `n geskenk of `n erfenis of `n moontlike vonds nie.

[8] Maar in die geval van skenkings, erfenisse en alle soorte vondse bestaan in my ryk die volgende baie wyse bepaling dat die helfte daarvan steeds afgestaan moet word aan die staatskas, waaruit in die eerste plek die onmondige kinders opgevoed en versorg moet word, net soos ook ander arm mense wat nie tot werk in staat is nie. Kortom, in my ryk is alles so gereël dat daar niemand nood sal ly nie, maar ook niemand `n onnodige oorvloed sal hê nie! Net `n buitengewoon goeie, wyse en uiters regverdige mens kan ook oor twintigduisend pond beskik, maar oor meer egter niemand in my hele ryk nie, behalwe ek en my allervertroulikste amptenare en veldhere!

[9] As julle met hierdie staatsinstelling van my tevrede is, pak dan julle besittings en verhuis na my ryk!”

[10] ROCLUS sê: “O, voortreflike koning van die Pontus en die Mare Caspium (Kaspiese See), ons wens u baie geluk toe in u ryk, maar sal van u prysenswaardige aanbieding nogtans geen gebruik maak nie! Onder die omstandighede is ons maar liewer Romeinse slawe eerder as u belangrikste ryksonderdane. Nee, met so `n staatsinstelling sou ons niks te doen wil hê nie! Die More daar het beslis `n meer menslike staatsinstelling! Is daar hier iewers nog so `n koning wat aan ons so `n pragtige aanbod wil maak?!

[11] Dit kan beslis wees dat u regering dit baie goed bedoel, as mens eenmaal daaraan gewoond geraak het, soos dan die os aan sy juk; maar nou? Dan sien ons nog liewer tien stede bo ons hoofde afbrand en twintig Markusse heerser oor ons word! Dit gaan u goed, wyse koning van die ysgrou Noorde!”