Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die selfbeskikking van die siel

98 RAFAEL: “En as die Heer die mens al vir die uiterlike lewensbehoeftes self laat sorg om die siel te oefen in selfkennis en eie aktiwiteit, hoeveel te meer is dit dan nie vir die siel self noodsaaklik nie!

[2] Selfs in die siele van diere is `n drang (instink) geplant wat heeltemal aan homself gegee is, waarvolgens hy, en wel elkeen op sy eie manier, poog om te handel. Dit sou heeltemal onwaar wees om aan te neem dat hierdie skynbaar spraak- en verstandlose skepsels hul handelinge verrig soos masjiene, wat deur `n krag van buite af in werking gestel word. As dit die geval was, dan sou selfs die allerbeste huisdier nog nie vir die mees eenvoudige werk afgerig kon word nie, en sou hy seker geen gehoor gegee het aan die mens wanneer hy hom roep nie.

[3] En omdat elke dier ook `n eie siel het wat in haarself `n lewenskrag besit wat kan besluit, van waaruit die siel van die dier volgens haar eie willekeur die organisme van haar liggaam in beweging sit, kan `n dier ook op verskillende maniere afgerig word. `n Wese wat suiwer van buite af tot lewe gebring word, het geen geheue, en ook nie `n soort beoordelingsvermoë nie. Sy hele lewe is meganies en wat hy wil is so afgemete en onvry, dat daar absoluut geen sprake kan wees van `n veredeling deur `n bepaalde soort onderrig nie; dit kan dan ook maar net op meganiese wyse van buite af plaasvind. 

[4] Jy kan vir `n boom duisend jaar lank sê dat hy so en so moet staan en edeler vrugte moet voortbring, - dit sal alles tevergeefs wees! Jy sal dan gebruik moet maak van `n mes en `n saag, jy sal die takke van die wilde stam moet verwyder, die romp versigtig splyt, edeler jong takke daarin steek en hulle dan goed met die wilde, gesplete rompe verbind, dan sal die, op so `n manier dus, suiwer meganies veredelde boom, vir jou mettertyd ook edeler vrugte oplewer!

[5] Die dier kan jy egter al deur woorde en bepaalde handgrepe afrig, dan sal hy vir jou per geleentheid, waarin dit noodsaaklik is, van diens wees, en hom heeltemal na jou wil rig. En dit is `n onmiskenbare bewys vir jou dat diere self ook `n soort vrye wil het, waarsonder hulle jou ewemin sou kan gehoorsaam en dien as `n klip of `n boom.

[6] As diere egter al `n siel besit wat sigbaar op haarself staan, met sommige kennis en wilsvryheid, waaraan, volgens hul eie manier van lewe, selfbeskikking gegee is, hoeveel te meer en hoeveel uitgesprokener moet dit dan wel by `n mensesiel die geval wees! Daar kan vooraf heeltemal geen sprake wees van vreemde invloede wat op een of ander manier van buite kom, nie van die goeie nie en nog minder van slegte.

[7] Die siel het immers sonder meer alles wat sy maar enigsins nodig het vir die eerste lewensopbloei. As sy haarself in haarself deur haar hoogste eie wilskrag en deur die vrywillige liefde tot God in `n magtiger lewenslig geplaas het, besef sy ook spoedig wat haar nog alles ontbreek, en sy sal dan ook vrywillig daarna strewe om dit met die inspanning van al haar lewenskragte te bereik, waaraan dit haar nou juis nog ontbreek; die weë en die middele daartoe sal dan vir haar baie goed duidelik word, en met haar hoogste eie wil sal sy dit ook wil hê, en daarna gryp en haar verryk met die skatte van die steeds hoër, meer geestelike en meer volmaakte lewe.

[8] Wat die siel haar dan eie maak langs hierdie weg, wat `n korrekte weg is in ooreenstemming met die orde van God, dit is en bly dan volledig haar eie, en geen tyd en geen ewigheid kan dit meer van haar afneem nie. Maar wat die siel nooit self deur haar wil en deur haar kennis kan verkry nie, soos byvoorbeeld die uiterlik, organiese liggaam en hiermee so baie uiterlike aardse voordeel, dit kan ook nie blywend van haar wees nie, maar dit sal van haar afgeneem word soos wat dit aan haar gegee was. 

[9] En as dit alles so is, soos wat die ervaring dit elke dag vir elke mens laat sien, dan kan daar ook in die verste verte geen sprake wees van boosaardig-demoniese gewelddadige kragte wat aan die siel trek en vir haar bepaal nie; want alles hang van die wil en die insig en uiteindelik van die liefde van die siel af. Soos wat jy dit wil, insien en liefhet, so geskied dit vir jou - en onmoontlik nooit anders nie!

[10] As jy die korrekte van God se orde wil, insien en liefhet, dan sal jy langs hierdie weg ook altyd tot die realiteit kan deurdring; as jy egter wil, insien en liefhet in stryd met hierdie orde, waarin slegs realiteit en werklikheid gebied word, dan lyk jy soos iemand wat wil oes van `n akker waar daar nooit graan op gesaai was nie, en uiteindelik moet jy dit slegs aan jouself toeskryf wanneer jou lewensoes nul geword het. - Sê my nou, of dit vir jou duidelik is?'