Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Hiram se besware teen die ewige voortbestaan van die mens

185 HIRAM, wie hom die maklikste kan uitdruk, sê: 'Beste vriend, van `n helder insig in wat jy gespreek het, is daar by ons nog geen sprake van nie, maar ons glo jou vanweë jou groot wysheid; want wie eenmaal van alle moontlike verskynsels op hierdie aarde so `n alles deurdringende kennis en insig het en selfs die mees geheime gedagtes van die mense soos uit `n geopende boek kan oplees, moet ook in alle moontlike sfere en op alle weë van die lewe die diepste en waaragtigste tuis wees, waaroor ook nie die minste twyfel meer kan bestaan nie.

[2] Wat jy gesê het, glo ons nou vas en verseker. Die suiwer geestelike bestaan vóór die geboorte en die materiële proefbestaan op hierdie wêreld ter ontwikkeling van die siel volgens jou beskrywing, laat weliswaar nagenoeg geen verdere vrae meer toe nie, omdat dit maar net so en onmoontlik anders gedink kan word en ook maar kan wees nie - want die bepaalde en steeds gelyke gevolge moet immers ook steeds dieselfde oorsake hê; dit is nou by ons `n goed uitgemaakte saak! Maar wat die bestaan na die dood betref, is daar nog wel `n groot aantal uiters belangrike vrae te stel, waarvan die grondige beantwoording waarskynlik tog wel `n bietjie moeiliker vir jou sal wees.

[3] Kyk, ek kan my veral nie indink dat daar nog `n rede voor is vir `n - soos wat jy sê - ewige bestaan na die afval van die liggaam nie! Wat moet ons dan daarna gedurende die nimmereindigende ewigheid doen? Wat `n ontsettende verveling sal daar uiteindelik moet intree, selfs as `n mens in die genot van die hoogste, onbeskryflike saligheid is! En die voltooide gees sal in die hoogste mate die slegste daaraan toe wees, wat natuurlik niks meer te leer sal hê nie! In sy bestaan sal daar natuurlik so `n enorme eentonigheid ontstaan dat ons heeltemal geen voorstelling daarvan sal kan maak nie.

[4] Vir my part laat ek my wel `n tienduisend-jaar-durende-lewe onder baie gunstige lewensomstandighede welgeval, maar dan wel in my liggaam op hierdie aarde; want hier is niemand ooit uitgeleer nie, sodat hy kan sê: 'Nou bestaan daar op die hele aarde niks meer wat nie aan my volledig bekend is nie!' Maar plaas nou eers `n hoogs volmaakte, met jou hoogste wonderbaarlike alwetendheid begaafde gees op hierdie aarde! Met één enkele skerp blik het hy dadelik alle geheime van alle toekomstige en ook verlede tye deurgesien! En wat dan, as hy streng op hierdie aarde sou moet bly? Hy sou hom nou met die domhede van die mense moet vermaak en met sy mag die tyd moet verdrywe deur met allerlei spektakel stukke die volke deurmekaar jaag, - anders sou hy hom immers onvoorstelbaar wanhopig verveel!

[5] Met my verstand sien ek die eintlike en bo alles saligmakende rede van `n ewige bestaan na die lewe nie in nie. En ten slotte begin ons mense nog die vraag na ruimte en plek baie benoud te maak! Wanneer byvoorbeeld op hierdie aarde honderdduisend maal honderdduisend jaar agtereenvolgens mense verwek word soos wat nou gebeur, en nie al die seë in land verander nie, waar - waar moet al die mense dan plek en voedsel vind! En watter ruimte sal al die ewig voortlewende geeste dan nodig hê? Want ook geeste moet in een of ander ruimte wees, omdat buite die ruimte, wat volgens Plato oneindig moet wees, nêrens `n bestaan denkbaar is nie.

[6] Daarom is dit volgens my baie logieser en meer in ooreenstemming met die suiwere verstand om slegs `n tydelike bestaan na die lewe aan te neem as `n ewige wat hom nóg met die lewensgevoel nóg met die ruimte in `n gunstige verhouding laat plaas. Vir ons het altans, in die regte lig gesien, die uiteindelike oorgaan van `n tydelike lewende wese nog altyd ruimskoots die voorkeur bo elke vorm van voortbestaan, al is dit hoe gunstig, en `n innerlike gevoel sê altyd vir my: Ondanks alles, selfs vir die hoogste, menslike wysheid is en bly die dood van die liggaam tog die laaste van alle dinge! - Wat sê jy, edele en wonderbaarlike vriend, nou hierop?"