Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 248

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor die vergewe. Evangelie van Matthéüs. 18:15-22

248 Buite die huis van Petrus ontstaan tussen enkele huiswaarts kerende vissers `n luide rusie en Petrus meen dat ons na buite moes gaan om die bose twis te besleg.

[2] EK sê: “Ja, doen dit, want dit is ook `n goeie werk om die stryd tussen die mense te besleg en daarvoor te sorg dat hulle boosheid ophou; want dit is `n produk van die hel en verpes die hart vir jare en maak die siel duister. Gaan maar en besleg die rusie!”

[3] Petrus gaan na buite en vra aan hulle, wat nog voor sy huis aan die rusie maak was, wat die rede was waarom hulle so `n erge rusie gekry het.

[4] Toe sê één van hulle wat bietjie meer gematig was, dat `n kneg van `n burger uit die stad, wat geen visreg het nie, en homself hier in hul midde bevind het met vishoeke, op een van die beste visvangplekke visgevang het, en `n aansienlike vangs gemaak het; en toe hulle as vissers met `n vergunningsreg, hom daarmee betrap het, hom tereg gewys het, en sy vangs volledig tereg afgeneem het, het hy hom teen hulle verset en het met die mees growwe uitdrukkings probeer bewys dat hy ook die volste reg het om vis te vang waar hy wou. Hy het ewenwel geen pagbrief gehad nie en het homself somaar die reg aangematig wat hulle nie kan en mag duld nie.

[5] Toe Petrus dit hoor, sê hy: “Die man is weliswaar `n dief, maar laat hom nou tog maar gaan. As hy hierdie oortreding nog `n keer durf begaan, lewer hom dan eers oor aan die gereg; want julle weet immers self dat ons volgens die wet die vyand eers sewe keer moet vergewe!”

[6] Toe sê die vissers wat die visdief vashou:”Ons het hom egter al sewe maal sy oortreding vergewe; en oor agt maal vergewe spreek die wet nie, daarom wil ons hom nou voor die regter bring.”

[7] Petrus sê:”Daartoe het julle nou weliswaar die volste reg; maar doen my nou `n plesier en doen die beste, vergeef hom ook hierdie laaste, ofskoon reeds agtste keer! Maar as julle hom vir die negende keer met hierdie oortreding betrap, bring dan eers julle goeie reg aan hom ten uitvoer?”

[8] Na hierdie woorde laat hulle die dief vry, nadat hy hulle eers beloof het om die oortreding nooit weer te begaan nie; en so word die erge stryd dus bygelê en die strydendes keer rustig na hul huise terug.

[9] Toe Petrus weer by ons in die kamer kom, sê hy: “Majesteit en Heer, die stryd is weliswaar bygelê, omdat ek my bure daartoe beweeg het om ook vir die agtste keer die oortreding van die visdief deur die vingers te sien; maar wetlik gesien het hulle hom hierdie agtste keer wel voor die regter kon daag. Dit sou wel goed wees, Heer, as U ook op die aardse juridiese gebied die wette van Moses bietjie noukeuriger wou uitlê, veral in hierdie tyd, waarin ook die Romeinse wette `n groot invloed gekry het op die lewensomstandighede van die Judeërs en `n mens nie meer so goed weet of `n mens hom nou meer by die wet van Moses of by die Romeinse wet moet hou nie. In sommige opsigte is die Romeinse wet duidelik mensliker as die Mosaïetiese, wat as staatswet in baie baie gevalle glad nie meer letterlik toegepas kan word nie. Watter wet is nou volgens U groot Liefde en Wysheid beter?”

[10] EK sê: “Ek weet dat sake nou so daar uitsien en dit vir `n regter moeilik is om met hierdie twee verskillende wette reg te spreek, en ook om te bepaal hoe en wanneer iemand hom teenoor `n ander skuldig gemaak het, omdat die een wet byvoorbeeld iets goedkeur wat volgens die ander wet `n sonde is.

[11] Om nou vir julle, en ook deur julle vir alle mense `n bepaling te gee waarvolgens elkeen hom dan moet rig, moet julle goed na die volgende luister en dit ook opteken:

[12] As `n broer hom teenoor jou skuldig maak, gaan dan na hom toe en vertel hom onder vier oë, met vriendelike woorde en vra hom om jou so-iets nie meer aan te doen nie. As hy na jou geluister het en dit ter harte geneem het, dan het jy hom reeds gewen. (Matthéüs. 18:15) Luister hy egter nie na jou nie, neem dan, na gelang van die sonde wat hy begaan het, één of twee getuies, sodat die saak dan berus op verklarings van twee of desnoods selfs drie getuies. (Matthéüs. 18:16) Luister die een wat hom teenoor jou skuldig gemaak het, ook in die teenwoordigheid van die getuies, nie, laat dit dan, waar die getuies by is, weet aan die gemeente waaraan die sondaar toebehoort. Luister hy dan ook nie na hulle nie en bly hy ook teenoor hulle halsstarrig, dan moet hy deur jou, deur die getuies en deur die hele gemeente tot heiden en slegte tollenaar verklaar en as sodanig beskou word. (Matthéüs. 18:17)

[13] Mag dit voldoende wees vir jou en elkeen. Wat egter verder gaan as dit, is reeds uit die bose en veroorsaak nog groter kwaad. Hierdie bepaling is uit My goddelike orde geneem en geld nie net vir hier nie, maar ook vir die groot hiernamaals. Want waarlik, Ek sê vir julle: Wat julle so op hierdie aarde sal bind en losmaak, sal ook aan die anderkant, selfs in die hemelryk, gebonde of losgemaak wees. (Matthéüs. 18:18)

[14] En verder sê Ek vir julle, sodat julle aan alle stryd en alle ongemak op aarde nog makliker `n einde kan maak: Wanneer slegs twee mense saam eens is oor wat hulle die Vader in My Naam wil vra, sal dit ook vir hulle gegee word deur My Vader, in die hemel en ook op aarde. (Matthéüs. 18:19)

[15] As iemand derhalwe teenoor jou gesondig het, vergeef hom dan met jou hele hart en vra in My Naam aan die Vader of Hy nie die hart van die sondaar wil verbeter nie, dan sal dit ook geskied volgens jou geloof en namate jy hom, wat homself teenoor jou skuldig gemaak het, tevore self vergewe het.

[16] Ek sê vir julle nog `n keer: Waar twee of drie mense vir `n bepaalde saak wat goed en ooreenkomstig My orde is, in My Naam sal byeenkom, daar sal Ek in die Gees by hulle wees en verhoor wat hulle My sal vra. (Matthéüs. 18:20)

[17] En Ek dink dat julle in alle moontlike kritiese lewensom­standighede en ook te midde van duisend verskillende, dikwels baie met mekaar in teenspraak, wêreldse wette, deur hierdie reëls wat Ek julle nou gegee het, baie goed die weg sal kan vind!”

[18] Nou kom Petrus nogmaals na My toe en sê: “Heer, dit is nou alles goed en wel, en dit spreek vanself dat ons hierdie reëls van U self verseker volledig in ag sal neem, en dit ook vir die ander mense op die hart sal druk, sodat hulle dit getrou in ag sal neem; maar nou gaan dit by my om één enkele kritiese punt, en dit is die volgende: Hoe dikwels moet ek, of `n ander, iemand wat teen my gesondig het, met vergewing tegemoet kom volgens die gegewe versoenlike reëls wat U nou aan ons gegee het? Is sewe maal volgens die wet van Moses genoeg?” (Matthéüs. 18:21)

[19] Toe sê EK: “As dit dan volgens `n bepaalde getal moet gebeur, dan is die Mosaïetiese getal sewe te min, maar sewentig maal sewe maal moet dit gebeur! (Matthéüs. 18:22) Want, veral die hemelryk, bestaan immers hieruit, naamlik dat daar onder die mense dieselfde liefde, eendrag en vergewingsgesindheid sal heers soos in die hemele onder My engele, waarvan julle enkeles leer ken het.”