Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verskil tussen `n ware en `n valse leier

119 MATHAËL sê: 'Ja, my Heer en my God, alles is nou vir my duidelik en veral ook, dat jy eers moet glo aan `n God, voordat jy Hom kan liefhê! Die geloof mag egter geen blinde geloof wees nie, maar moet vol lig wees, dit wil sê dat jy moet kan insien wie en wat die God is. Jy moet van Sy Wysheid, Mag, Grootheid en Sy Bestendigheid `n helder en vir die verstand `n duidelike begrip kry, om daarna eers te kan oorgaan in die volle Liefde vir die God wat jy op hierdie manier aangeneem het.

[2] Dit is inderdaad geen maklike taak vir iemand wat geheel en al deur allerlei vergissings in beslag geneem is nie; maar as jy self `n ware lig het, kan jy hulle wat die behoefte het aan lig, ook spoedig `n ware lig gee. En dit is iets heel anders, wanneer jy iets leer van iemand, wat dit wat hy `n ander bybring, self deur en deur verstaan, as van iemand anders wat die skyn wek dat hy ook deskundig is, maar van die betrokke saak so vaagweg iets gehoor het, maar uiteindelik as leraar op die gebied in feite eweveel verstaan as sy leerling.

[3] Die leraar wat grondig onderlê is, sal met allerlei deugdelike en passende beelde en gelykenisse die moeilik verstaanbare onderwerp met min moeite verstaanbaar maak, terwyl die valse leraar, om die indruk te wek dat hy `n diepgaande kennis het, slegs sy uiterste bes sal doen om die onderwerp wat hy moet onderrig, met sulke duistere en misterieuse frases te versluier dat die leerling daardeur, na die onderrig, nog tien keer meer verward sal wees as wat hy alreeds was.

[4] Ek stel my die saak as volg voor: Die egte, kundige leraar tree sy leerling tegemoet as iemand wat met `n groot, geslote lantern by `n mens aankom wat in `n pikdonker nag verder wil trek in die woestyn in sodat hy nie oordag die kwellende hitte hoef te verdra nie. Die reisiger vra dan dadelik aan die gids met die geslote lantern: 'Hoe sal ons in die duisternis in die woestyn sonder lig die weg vind? Ons kamele en perde sal in hierdie duisternis onwillig word en geen tree wil verset nie!'

[5] En dan sê die goeie gids: ‘Wees nie besorg daaroor nie! In hierdie lantern wat nou nog geslote is, is daar `n lig, wat sodra ek die kleppe van die lantern oopmaak, oor die hele woestyn `n lig sal versprei soos die opgaande son! Geeneen van ons lasdiere sal onwillig word nie!'

[6] En so begin hulle in die volste vertroue met die reis! In die begin van die reis maak die gids slegs `n baie klein kleppie van sy wonderbaarlike lantern oop en dadelik kom daar so baie lig daaruit te voorskyn, dat hulle daardeur alle struikelblokke op die weg goed kon ontwyk. Dan dink die reisiger: 'Ja, met so `n lig kan `n mens inderdaad goed reis, die woestyn sal ons geen sorge baar nie!'

[7] Maar hoe verbaas is die reisiger nie wanneer die gids alle kleppe van die groot lantern oopmaak en `n ware sonlig opeens die hele woestyn verlig asof dit `n klaarligte dag is, sodat selfs die wilde en verskeurende diere, wat hier en daar op `n goeie buit loer, gou op die vlug slaan, terwyl die vreedsame voëls van die hemel ontwaak en hul vrolike lied begin te sing, asof die son al werklik opgegaan het! Dit sou die lig van die goeie gids wees!

[8] Maar nou kom die pseudogids (valse gids) met `n egte naglampie in die hand en sê vir die man wat wil reis: 'Kom, laat ons deur die woestyn trek!' Die reisiger sê: 'Sal ons in die pikdonker nag wel regkom met jou lig?' En die gids sê met `n misterieuse patos (aandoenlikheid): 'Vriend, my lampie lyk weliswaar asof dit slegs `n baie swak skynsel versprei; maar dit is `n magiese lig waarmee `n mens selfs in `n nag, wat nog baie donkerder is, buitengewoon goed die weg sal kan vind!'

[9] Die reis begin. Die kamele bly telkens staan en wil nie verder nie; want met so `n lig word hul oë maar net nog meer verblind, sodat hulle daardeur later egter niks meer kan sien nie. Hulle gaan lê en is absoluut nie meer in beweging te kry nie.

[10] Dan sê die reisiger: 'Ek het tog al by voorbaat geweet dat so `n klein liggie nie sou werk nie, al is die woestyn hoe klein! Wat moet ons nou doen? Ons is nou eenmaal onderweg en dit lyk maar treurig!' Oordrewe ernstig sê die self verbaasde gids dan weer: 'Die diere is moeg en het wilde diere geruik wat op die weg is - en gaan tot ons geluk nie verder nie!' Die reisiger sê: 'En wat moet ons dan doen as die wilde diere die reuk van ons kry en ons in hierdie nag `n baie onaangename besoek kom bring?' Die gids, wat nog baie banger is as die reisiger, verseker hom: 'O, in so `n nag hoef ons nie daarvoor bang te wees nie; want dit het nog nooit voorgekom dat `n reisiger ooit deur die wilde diere lastig geval is in so `n nag nie!' Gelukkig kom daar inderdaad geen wilde dier so aan die rand van die woestyn tevoorskyn nie. Die gids en die reisiger wag tot dit dag word en praat mekaar, so goed as wat dit kan, moed in.

[11] Presies so, lyk My, gaan dit ook met die geestelike begeleiding wat deur `n pseudogids (valse gids) plaasvind. In die woestyn en die nag van die aardse lewe, waar leraar en leerling albei niks kan sien nie, hou die veronderstelde leraar die leerling ook aan `n lyntjie deur te sê dat alle misterieuse dinge eendag later aan die ander kant geopenbaar sal word. Maar die sogenaamde wyse leraar is hierby nog banger vir die dood van sy liggaam as sy onervare leerling; want die leerling het in elke geval nog sy blinde droomgeloof, terwyl sy sogenaamde wyse leraar dit ookal lank nie meer het nie."