Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

`n Belofte vir hulpsoekendes. Die Heer neem afskeid van die huis van Markus

169 EBAHL, die vader van Jarah, kom na My toe en sê: 'Daar is nou eintlik niks meer waaroor ons U nog vrae sou kon stel nie; want ons het hier soveel waarhede gehoor en wonderbaarlike dinge meegemaak gedurende hierdie sewe dae, dat wanneer ons dit oor seweduisend jaar sou verdeel, daar in elke jaar `n flinke aantal sou wees en die mensdom dan ook elke jaar genoeg sou hê om hom oor te verbaas en oor na te dink. Ons het nou buitengewoon ryk geword aan waardevolle skatte vir die gees; dit kom nou slegs nog daarop neer om hierdie skatte ook daadwerklik in ons lewens te gebruik, want anders is dit waardeloos vir ons siele, om wie se verlossing dit in die lewe enkel en alleen gaan. Ek opper slegs die vraag: Sal ons, omdat ons eintlik tog maar swak mense is, nog steeds voldoende wilskrag hiervoor besit? Wat moet ons doen as ons met verloop van die tyd deur allerlei gebreke oorval word, waarvoor selfs die mees goedgewillige mense dikwels nie gespaar word nie?"

[2] EK sê: 'Ek sal die hulp, krag en ondersteuning wees van elke ernstige strewe. In tyd van nood sal Ek niemand verlaat wat andersins altyd trouhartig, My liefhet en op My paaie gewandel het nie. Maar as `n mens deur allerlei wêreldse verleidinge van My paaie afgewyk het, het `n mens dit natuurlik aan homself te wyte as My hulp ten tye van nood wegbly, en dit net so lank as wat die gevallene hom nie vol erns, berou en geloof na My sal wend nie!

[3] Ek sal weliswaar ewig een en dieselfde troue herder bly en agter My skape aangaan wat op die een of ander manier verdwaal is; maar die skaap moet wel gaan blêr en hom laat vind, ooreenkomstig sy eie en onaantasbare vrye wil.

[4] Wie gebuk gaan onder `n te groot lewenslas wat vir sy kragte te groot is, moet in sy hart na My kom, dan sal Ek hom krag gee en hom verkwik! Want sommiges gee Ek `n groot las om te dra, sodat hulle swak voel en in hul hart na My toe kan kom om My voldoende krag te vra, sodat hulle hul groot lewenslas makliker kan dra; so iemand sal Ek krag gee tydens elke nood in sy lewe en hom `n ware lig gee vir die bewandeling van die duistere paaie van die lewe van hierdie wêreld. En wie hierdie swaar las goed voel, maar nie na My toe in sy hart kom nie, moet dit aan homself toeskryf wanneer hy beswyk onder die te swaar las van die aardse lewe.

[5] Dit is die antwoord op jou vraag, My vriend Ebahl! Het iemand nog iets te vra? Laat hom kom en vra!"

[6] In diepste eerbied kom SCHABBI na My toe, die woordvoerder van die aanwesige twintig Perse, en hy sê: 'Heer, sal U my ook nog `n paar woorde toestaan?'

[7] EK sê: 'Spreek Schabbi! Daarom het Ek vir elkeen gesê: Kom en vra!'

[8] SCHABBI sê: 'Heer dat U iemand sal help as hy U daarom vra, is sekerlik so en staan vas; maar wat moet die mense doen wat, sonder dat hulle daaraan iets kon gedoen het, onmoontlik iets van U, o Heer, kon geweet het en nog vir `n lang tyd niks van U sal hoor en weet nie, terwyl hulle nou in die grootste lewensduisternis lewe en onmeetlike lewenslaste te dra het? Tot wie moet hulle hul rig vir hulp en krag in hul onbeskryflike groot nood?"

[9] EK sê: "Daar is geen plek op aarde waar die sonlig nie kom nie, en so is daar ook niemand wat nie ten minste `n vermoede het van `n Almagtige Goddelike Wese nie. Laat hy vra, verlang en hoop ooreenkomstig sy geloof, dan sal hy ook hulp vind! Daar is nou net so baie mense wat heeltemal geen geloof het nie. Hulle help hulleself en maak op die koste van die ander hul lewenslas so lig as moontlik; en hulle het dan werklik geen hulp van ons nodig nie. Wie van Satan s`n wil wees, moet dit maar wees, want aan iemand wat dit self wil wees, geskied geen onreg nie! En verder hoef jy maar vir jou dit in herinnering te roep wat Ek oor die verskillende lewensomstandighede van alle mense op die hele aarde en vir alle tye gesê het, dan sal jy daarin alles helder belig vind!

[10] En nou het My uurtjie, waarin Ek onder julle is, ten einde geloop. Julle kan nou nog langer hier in My Naam bymekaar bly, maar Ek sal My met My leerlinge noodgedwonge op die pad moet begewe. Laat niemand van julle My egter vra, waarheen nie! Want voorlopig weet Ek, as suiwer Menseseun, dit self nie; slegs die Vader in My weet dit en Hy sê: 'Staan nou op en gaan! Onderweg sal Ek Jou openbaar waarheen!' Vrede en My Liefde sy met julle almal?' 

[11] Toe sê Ek vir Markus: 'Maak die groot nuwe skip los! Ek en My leerlinge sal aan boord gaan. En julle, My leerlinge, staan op en volg My! Bemanning het ons nie nodig nie; die skip sal ongedeerd op die regte tyd vanself sonder stuurman na die hawe terugkom."

[12] Almal begin nou te huil toe Ek met die apostels aan boord gaan. Maar Ek versterk hul bedroefde harte, voer gou na die vol see en verdwyn spoedig uit die gesig. Hulle bly egter nog die hele dag en die hele nag tesame en praat met mekaar oor My, My leer en My dade. Eers die volgende oggend keer hulle huiswaarts en Cyrenius maak aanstaltes om die talle Fariseërs wat hier bekeer was, almal na hul nuwe bestemming te bring. Sommiges wil My agterna vaar, maar RafaEl hou hulle daarvan af en sê dat Ek tog gou weer na Kis, Genésaret en ook hierheen sal kom. Toe word almal rustig en loof God dat Hy hulle so `n groot barmhartigheid waardig bevind het. Binne enkele dae kom daar al `n groot aantal gaste van Tirus en Sidon om die wonderwerke hier te bekyk en van die geneeskragtige bronne te geniet, en Markus neem ook dadelik talle dienaars aan.