Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die liefde as die mees ware lofprysing van God. Die Heer gee gelykenisse oor die aarde en die plante

127 Na `n oomblik het Mathaël homself weer herstel en wou so `n egte grootse vurige lofgesang vir My gaan aanhef.

[2] EK sê egter vir hom: 'Vriend, wat jy hier openlik wil uitspreek, weet Ek by voorbaat al lankal van A tot Z; laat dit daarom maar! Ek is geen vriend van sulke grootse lofprysinge nie. Die lofprysing wat My die alleraangenaamste is, is dat jy My in die diepte van jou hart waaragtig liefhet!

[3] Wanneer jy by jou volk sal wees, kan jy wel met alle entoesiasme baie ophef oor My maak, en Ek sal dit aan jou vergoed met allerlei barmhartigheidsgawes vir hart, siel en gees; maar hier in My teenwoordigheid is so-iets sekerlik nie nodig nie, omdat alle ander aanwesiges My tog al netso goed ken as jy, en My ook eer net soos jy.

[4] Glo My: Iets wat groter, verhewener en God meer waardig was as David se Psalms en Salomo se Hooglied is daar op aarde sedert Noag nie geskryf en gesing nie. Maar daarom het Dawid en Salomo My nie meer werd en welgevalliger geword nie! Salomo het homself uiteindelik heeltemal buite My barmhartigheid geplaas, en Dawid het nie deur sy Psalms `n man na God se hart geword nie, maar slegs deurdat hy My wil erken het en vrywillig daarvolgens gehandel het. En eers toe hy dit doen, het sy Psalms waarde vir My gekry. Jy sien dus nou wat alleen waarde vir My het. Doen dit dus, en jy sal My daardeur die meeste eer, tot My ware vreugde en tot ware verlossing vir jou siel!

[5] En nou moet My Roclus eers hier kom; want Ek sien dat hy nog iets op sy hart het en graag `n nadere uitleg daaroor wil hê, wat hy dan ook sal kry. Roclus, kom nader na My toe, want Ek het nog die een en ander met jou te bespreek!"

[6] Toe ROCLUS dit hoor, kom hy gou na My toe en sê: 'Heer en Leraar, hier staan U minste en hoogs nuttelose kneg al diensvaardig voor U! Gebied, o Heer, en ek sal dit dadelik presies uitvoer! Want toe ek U woorde van flussies noukeurig verneem het, het ek dit in die liefdesvuur van my hart getoets en vind daarin selfs alles natuurlik en waar wat U, o Heer, geleer en so getrou en duidelik uiteengesit het. Weet en insien moet weliswaar die eerste wees, maar dadelik daarna volg die handeling; want alle kennis en insig het sonder handeling geen enkele waarde nie! Daarvan is ek nou so volledig oortuig, dat alle wyses van die hele aarde my nie tot `n ander oortuiging sou kon bring nie. Daarom hoef U, o Heer, slegs te gebied en ek sal dadelik aan die werk spring!"

[7] 'Ja, ja", sê EK, "daar lê wel `n groot werk voor ons, en daar is maar min arbeiders! Die oes kan groot wees, die gewasse het ryp geword; maar daar is slegs min maaiers en are lesers. Daarom is dit hoog tyd om aan die werk te spring, sodat die gerwe in My skure gebring kan word voordat daar storms sal kom wat die edele lewensgraan daaruit sal slaan en verstrooi, en die voëls dan kom om hul groot honger daarmee te stil.

[8] Daar staan weliswaar op die Libanon nog menige seders onder welke takke Samuel eens gebid het. Toe was hierdie bome nog jonk, vol krag en weelderig, en die in woede ontstoke storms het tevergeefs probeer om hul woede daarop af te koel. Maar die ouderdom kom met gebreke en die peste van sy verbleikte lewe word voos! Daarom het die ou seders van die Libanon nou nog wel hier en daar krag in `n enkele tak, en hulle trotseer nog menige storm met die deel wat nog gesond is; maar meer as twee-derdes van die takke het al afgeval en die wat daar nog oor is - nouliks `n derde - is nog maar vir die helfte gesond en bied nog slegs aan die ape `n armsalige beskutting en `n swak beskerming teen die storms waarvoor die Libanon bekend staan. Nou het jy oorryp saad om te oes en soos `n verstandige houtvestiger die Libanon met jong seders nuut te beplant; maar hoe moet jy te werk gaan om betyds klaar te wees vóór die tyd van die groot storms? Verstaan jy My goed, My vriend?"

[9] ROCLUS kyk verbaas en sê: 'Heer, dat U hierdie keer suiwer Grieks gespreek het, het ek wel verstaan; maar van die eintlike sin van U woord het ek nie één lettergreep verstaan nie! Heer, waar het U dan op aarde `n akker, wat nou vol ryp koring staan en wat gemaai moet word? Sê my waar dit is, dan sal daar môre al duisend maaiers en are lesers bedrywig aan die werk wees, en die op hande synde storms kan dan rustig hul gang gaan oor die droë stoppels!

[10] Maar wat gaan die Libanon ons aan, waarop daar nou al byna geen seders meer staan nie? Die eienaars daarvan moet maar sien hoe hulle hom opnuut kan beplant, en die talle ape kan nog lank rondspring op die dik, nog baie sterk takke en spruite van die ou beskerming en saad biedende seders van Samuel, Dawid en Salomo! Ek dink dat dit baie beter sou wees om ons soveel moontlik te bekommer oor die ware kultuur van die mense, en die Libanon met rus te laat. U akker, wat U waarskynlik êrens by Násaret besit, of miskien maar net gehuur het, neem ek dadelik vir my rekening, en môreaand staan daar geen halm meer op die ope veld bloot vir die storm wat aan kom is! Heer, U hoef dit daarom maar net te sê en oor enkele ure sal ek dadelik, sonder moeite, sesduisend hande aan die werk hê"