Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die ontstaan van slawerny

40 RAFAEL: “Wat het dit tot gevolg gehad? Kyk en luister: Niemand wou meer die kneg van sy naaste word nie, elkeen het ten slotte vir homself gewerk en geleef en vir geen prys wou nog iemand vir sy naaste werk nie. Uiteindelik het die mense egter tog ingesien, dat `n lewe wat op so `n manier versorg is, tog wel heel deeglik ellendig is. En die oudstes van die volk het dit eerste ingesien dat hierdie situasie `n wantoestand was, want veral hulle het behoefte aan diens gehad. Hulle het met mekaar beraadslaag wat hieraan gedoen kon word. Een van die wysste van hulle, het gesê: “Die aarde is groot; laat ons daarin uittrek en kyk of daar nie êrens mense lewe wat arm is en ons graag vir `n goeie loon sou dien nie!” Hulle het na Asië gegaan en baie spoedig gevind wat hulle gesoek het. Die klein volkie in Asië, wat nie so ver van Egipte gewoon het nie, het baie gou gesien waaraan die meer as ryk Egiptenare ontbreek het en hulle het rondgetrek in die lande wat verder in Asië op was om dienaars daar te koop, wat hulle vervolgens teen `n hoër prys in Egipte verkoop het. Sien, so het die slawerny en die slawehandel ontstaan, wat teenswoordig helaas al byna orals `n alledaagse verskynsel is. Kan jy so `n vrug van die vroeëre buitengewoon hoë, algemene wysheid van die ou Egiptenare prys?  

[2] Maar die oorspronklike, ou wyse Egiptenare het ook uit hul ervaring geleer, en het hul dienaars vir geen goud in hul diepste wysheid ingewy nie; want hulle sou van hul dienaars immers maar al te gou ryk mense gemaak het, wat geen sin meer sou hê in dien en werk nie en hulle, die ou wyses, sou dan weer niemand gehad het wat hulle getrou en op hul wens sou bedien en vir hulle sou werk nie.

[3] Het jy egter ook in Indië slawe gesien, dit wil sê, slawe wat hulle elders gekoop het? Sekerlik nie! Daar is wel slawe van die eie bygeloof, wat ook baie erg is, maar tog nie so baie as slawe wat mens koop nie! Die slawe wat verkoop en dan weer deur ander gekoop word, word net soos lasdiere behandel en vir lang tye ver gehou van alle geestelike ontwikkeling. Wat hulle moet doen, is: Blindelings gehoorsaam, swyend duld en nog erger ly as die vee. As hulle dit nie doen nie, is die grootste, willekeurige mishandeling, wat voor geen enkele gereg ter wêreld te verantwoord is nie, hul deel! Selfs die doodmaak van `n slaaf, as dit van sy meester uitgaan, is nie wetlik strafbaar nie! Net wanneer jou buurman `n slaaf van jou doodgemaak het, is hy verplig om skadevergoeding aan jou te gee. 

[4] En sien, hierdie ellende wat die mensdom aangedoen is, is en bly nog altyd `n gevolg van daardie tyd van Egipte, waartydens die mensdom oor die algemeen `n hoë mate van wysheid besit het en baie welvarend was en niemand vir `n begane sonde enige straf moes ondergaan nie, omdat waarlik niemand ook maar die minste rede gehad het om sy buurman `n onreg aan te doen nie, aangesien elkeen self soveel van alles besit het as wat hy nodig gehad het om van te lewe, sodat hy sy buurman jare lank vir niks hoef te gevra het nie. Toe die slawerny egter opgang gemaak het, het mens wette opgestel waarvolgens geen slawebesitter hom teen sy slawe kon versondig nie, al het hy hulle hoe wreed behandel. Maar as mens geen sonde kan doen nie, waarom sou mens dan boete doen?!”