Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die stoïsynse wêreldvisie van visser Asiona

175 ASIONA sê: 'Wel, dit hang in die eerste instansie daarvan af of ek dit geheel en al wil doen! Inderdaad neem ons nie iets maklik aan nie, as ons nie vooraf opvallende verskynsels gesien het nie. En aan die sigbare werking van die bekend gemaakte rede deur U aan my ontbreek dit hier absoluut nie; my voorraadkamer is vol eetware, en nou is hierdie wyn hier uit die suiwerste water! Dit sal dan tog, soos wat `n mens sê, aardig tasbare bewyse daarvoor wees! Maar dit kom nou daarop aan om duidelik te weet of julle miskien tog nie heimlik een of ander spesifikum besit wat nog so geringe hoeveelheid toegevoegde suiwer water in wyn moet verander nie! Dit sal waarskynlik wel nie die geval wees nie; maar die gedagte moet wel by iemand opkom, as hy die suiwer wonderwerk sien; en solank mens die gedagte nie kan teëhou nie, is daar geen sprake daarvan dat daar heeltemal geen twyfel is nie, en werk dit ook nie deur U goed beskrewe volledige geloof nie! En daarom sien ek by voorbaat maar al te goed in dat niemand van ons bewoners van hierdie plek, ooit in staat sal wees om ook maar `n druppel water die smaak van wyn te gee nie! 

[2] Ons lewe hier weliswaar so armsalig as wat maar moontlik is, ons voeding bestaan slegs uit bokmelk, vis en water; want verder is daar niks in hierdie woestyn nie; maar ons is daarmee tevrede in ons allersuiwerste natuurtoestand. Dit sluit die ervaringe wat orals deur ons opgedoen is, nie uit nie. Op talle en ver plekke in die wêreld was ons gewees; want ons was sangers en towenaars, en ek het in Athene die aptekersvak geleer om bepaalde geheime stowwe te berei, deur middel waarvan mens vir die talle leke `n groot aantal wonderwerke tot stand kan bring.

[3] Kortom, ek besit, hoe eenvoudig ek ookal hier uitsien, allerlei kennis en ervaringe! Ek ken die lewenskruid van die koningslang en ek ken die wondersteen Besoar. Ek ken Asië tot ver in Indië, ek ken Europa, was in Spanje, in die land van die Galliërs en ook in Brittannië, ek ken die gewoontes en die tale van hierdie lande, ek kom weer na Griekeland en leer daar wyse kennis van die skool van die groot wyse Diogenes en sê toe: 'O wat is die mens tog `n groot dwaas! Hy trek deur lande en groot ryke vanweë dom geld; Diogenes, die grootste wyse, was geseënd in sy armoede, omdat hy soos geen ander baie duidelik ingesien, verstaan en bewys het dat die wêreld en haar skatte totaal niks beteken nie, en die verganklike aardse lewe volledig waardeloos is!'

[4] Tien jaar gelede verlaat ek toe Athene met my geselskap en trek na hierdie verlate plek, weg van die wêreld af. Hier bou ons toe hierdie hutte, waarin ons nou baie tevrede woon. Ons word gevoed deur ons klein kudde bokke wat ons saamgeneem het, en die ryklik voorkomende vis, waarvan ons slegs met die oortollige, vanweë die sout, `n bietjie handel dryf met die stad Césarea.

[5] Maar noudat hierdie stad enkele dae gelede die vlamme ten prooi geval het, is ook hierdie handel natuurlik onderbreek, en ons almal het nou al vier dae lank tot ons groot vreugde ondervind dat `n mens ook sonder sout kan lewe, omdat `n mens tog deur een of ander onsigbare mag van die natuur gedoem is tot lewe.

[6] Want ek en ons almal dink dat die lewe `n straf is vir die klein natuur wat ons, lewende wesens, verteenwoordig, omdat dit hom losgemaak het van die groot algemene natuur. Die denkende wese, wat van homself bewus is, moet alle bekoring van die lewe voel, om hom dan ten slotte des te pynliker van die versekerde dood te moet losmaak. Daarom is die volgende vir `n ware wyse van die grootste belang, waarmee ons almal geheel deurdronge is: Wat die minste waarde het, moet mens vroegtydig volkome leer om te verag, en die dood moet mens as die versoening met die groot natuur beskou en as die grootste geluk van elke lewende wese sien! As `n mens eers eenmaal groot en bekwaam daarin geword het, dan het hy daarmee ook die enigste ware en grootste lewensgeluk bereik. Hy leef dan baie tevrede en verlang geheel en al na die dood wat die grootste vriend is van elke lewende wese.

[7] Ons beleef ware vreugde daarin aan elkeen wat ons met ons geringe middele `n diens kon bewys; maar ons het ook om goeie en ware redes medelye met elkeen wat sy beste doen om iets in die wêreld te bereik. Waarom soveel moeite doen en hom bekommerd maak oor iets wat letterlik maar net van vandag tot môre bestaan? En wie vir ons iets anders wil wysmaak, laat ons net die grafte van die dooies sien, waaruit nog geen enkele wese weer lewend te voorskyn gekom het nie! Wat mens was, dit word mens ook weer, naamlik grond wat dien as voeding vir die gelukkige plante wat bestaan en nie voel dat hulle bestaan nie, en nie dink dat hulle sal vergaan nie. O, hoe groot en gewyd is die nie-lewe nie vergeleke met die lewe wat duidelik van homself bewus is!

[8] Die lyk asof julle ook sulke vaardige kunstenaars is, wat probeer om `n sogenaamde aardse geluk te verwerf!? Ons, baie gelukkiges, kan maar net medelye met julle hê as julle die ware lewensgeluk op `n ander terrein wil soek as net daar waar dit blywend te vinde is. Bly hier, en bou klein woonhutte soos wat die van ons is! Neem die onbeduidende, heeltemal niksseggende asook niksbetekenende lewe met so min moontlik genoeë, dan sal julle langsamerhand begin insien en verstaan hoe korrek en waar dit is wat ek julle nou net gesê het!

[9] En jy, woordvoerder, sal dan ook verstaan dat hierdie reële kennis van my baie meer werd is as jou vaste, ongetwyfelde volle geloof. Waarvoor het dit sin, as jy met jou volle geloof rye berge verplaas, maar uiteindelik tog moet sterwe en in die nimmereindigende vernietiging moet oorgaan? Ons almal is niks meer as `n spel van die groot natuur tussen aarde, maan en son nie! Tussen hierdie drie vorm daar toevallig wetmatighede wat momenteel lewe op die aardbodem veroorsaak. Die blinde, swak besielde mense sien dit natuurlik nie in nie; maar ons, wat deur baie strale van die son gereis het, het dit leer ken en kon met die beste gewete in die wêreld aan elkeen vertel wat die lewe is en wat mens daarvan te verwagte kan wees?'

[10] Hierna swyg Asiona.