Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die god van die natuurfilosowe

33 ROCLUS: “As die een of ander uiters wyse God die Skepper sou wees van die boom en sy vrugbeginsel, sou hy beslis ekonomieser te werk gegaan het, want binne die sfeer van die wysheid behoort tog ook `n wyse ekonomie! Maar uit die dikwels baie onekonomiese aanvanklike ontkieming van die dinge blyk tog wel meer as duidelik, dat die dinge wat uit die ruwe natuurkragte tydens hul wedersydse, sigself meestal op dieselfde wyse steeds herhalende stryd te voorskyn kom, in enorme getalle begin groei, waarvan daar dan net `n aantal tot ryping kom in soverre die strydende kragte mekaar nie wedersyds tot swye bring nie; want met die swye hou die aandrywende krag van die wording en onderhouding op en daarmee noodsaaklikerwys die werk self wat ontstaan het. In sover die stryd wat eenmaal egter begin het, homself nog in stand hou en voortbestaan, sal ook sy werk met hom voortbestaan, gedy en `n bepaalde rypheid bereik.

[2] Sou `n godheid wat hom van homself en van elkeen van sy handelinge duidelik bewus sou wees, in al sy wysheid en al sy volhardende vastheid van wil ook so kon handel? Ek sê: Nee, dit sou vir hom nog baie onmoontliker wees, as wat ek my `n uiters wyse heerser sou kon indink wat met die grootste vlyt en inset van hoë koste stede en paleise sou bou om hulle vervolgens weer omver te gooi en steeds maar daarmee sou bly voortgaan! Sou daar wel `n mens op aarde te vinde wees, wat so ontsettend dom is om op die gedagte te kom om hom wys te noem?! Tans moet die denkende en baie ervare mens `n God egter wys noem, wat dieselfde in `n nog baie ingewikkelder mate doen, wat werk met `n uiters groot innerlike, organiese volmaaktheid vir die grootste deel maar net in die bestaan roep om hulle dadelik weer ten gronde te rig en te vernietig! Nee, laat hy hom dit maar voorstel, wat in die groot beperktheid van sy kennis en ervaringe hom so-iets in sy groot blindheid kan voorstel; vir my is dit onmoontlik!

[3] By `n God, ook al is hy hoe wys, moet twee en twee net so goed vier wees, as by `n mens wat rekenkunde ken. As `n êrens bestaande God egter sou sê: “Hoor eers, my liewe mens, by my is twee en twee vyf, of ook wel sewe!” dan sou ek self aan so `n God sê: “Of u is `n dwaas, of u glo dat ek een is; want met sulke rekenkunde kan u moeilik `n hele wêreld skep en onderhou! Eerder sal `n blinde een van die beroemdste kunsskilders word, as dat u vir my met u wysheid die slegste sampioen uit die grond sal laat groei!” Ons Grieke het `n skilder, genaamd Apelles, wat mense en diere dermate natuurgetrou skilder, dat mens sou kon sê dat die natuur oortref is. Wel, hierdie beroemde skilder het beslis geen hale van die kwas verniet gedoen nie, maar het elke haal heel goed bereken; maar hoeveel hale doen daarenteen so `n God wat hom baie wys voordoen nie verniet nie, by wie om heel spesiale, wyse redes twee en twee ook sewe kan wees of selfs moet wees!

[4] Dikwels staan alles daar in die voorjaar so mooi en veelbelowend! Die mense verheug hulle reeds oor `n goeie oes, om beloon te word vir hul werk en moeite. Hulle dank reeds by voorbaat die onsigbare wese, dat hy volgens die geloof wat hulle as kind reeds bygebring het, as die almagtige God of ook as meerdere gode aanbid. Maar net `n paar weke voor die oes kom daar `n geweldige storm, wat die hele land dermate verwoes, dat die goeie mense nie soveel van die verwagte oes kry dat hulle dit agter `n spyker sou kon verberg nie! Dit is `n verskynsel wat homself op aarde, sover ons dit ken, elke jaar sekerlik in die verskillende lande reëlmatig, dan weer hier en dan weer daar, herhaal.

[5] Dan haas die blinde, bygelowige skape van mense hulle na hul bodemloos hebsugtige priesters toe en vra aan hulle waaraan hulle hulleself dan skuldig gemaak het teenoor God of die gode, dat hy of hulle vir hulle so hard gestraf het. As dit so is dat die priesters, as wetgewers en plaasvervangers van God, beslis niks op die wettige en dus deur die gode verlangde lewenswyse van die volk aan te merk het nie, dan trek hulle `n baie goedmoedige en medelydende gesig en troos die arme skape so goed hulle maar kan en wil, vermaan hulle met sagte woorde tot geduld en verduidelik aan hulle ook so nadruklik moontlik, dat God daardeur maar net hul geduld, die sterkte van hul geloof en hul oorgawe in volle tevredenheid aan sy wil, terwille van hulleself vir die ewige lewe na die liggaamlike dood, op die proef gestel het!

[6] Aan die huilende Judeërs word by sulke geleenthede altyd die baie legendariese Job voorgehou, wat `n baie goeie fabel is; en vir die heidene staan daar in hul geloofsboeke ook `n aantal sulke anekdotes wat die droefnis van die arme volk moet wegneem. Met sulke woorde van troos, keer die volk dan weer volmaak getroos en in sekere sin vergenoegd terug huis toe en gee hulleself heeltemal oor aan die hoop op beter tye en dat God hulle daarom tog nie heeltemal ten gronde sal laat gaan nie!”