Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

RafaEL eet baie

80 Na hierdie woorde van Roclus begewe almal hulle na die tafel wat vir hulle bestem is, maak driemaal `n buiging voor die vername geselskap en RafaEL wys elkeen dadelik sy plek aan en gaan uiteindelik as veertiende by hulle aan die nuwe tafel sit. Roclus sien presies die gereg voor hom waarvan hy altyd die allermeeste van hou; dit was `n gebraaide lam met `n bygereg wat uit allerbeste en volledig ryp granate bestaan. Hy kan maar nie daaroor ophou wonder hoe dit moontlik was dat `n mens in die kombuis sy smaak so presies kon geraai het nie. Maar vinnig bedink hy hom in watter geselskap hy is en dit verklaar vir hom alles. Net soos hy kry elkeen van die dertien gaste presies dit, wat hulle met reg hulle lieflingsgereg noem; slegs RafaEL het `n groot bak voor hom met agt groot heerlik voorbereide visse, waarmee hy, soos bekend, goeie raad mee weet, wat die dertien baie opval.

[2] En Roclus kan dit nie nalaat om die vermeende jongeling, weliswaar heel vriendelik, maar tog baie verbaas te vra hoe dit vir hom tog moontlik is om agt sulke groot visse so haastig en gou te verorber, en of hy nou nog meer kan eet.

[3] En RAFAEL antwoord ook baie vriendelik met `n glimlag: “O, laat daar nog maar tien keer soveel kom, ek sal heel maklik en sonder enige moeite `n weg daarmee weet; maar met hierdie visse is ek nou ook heel goed en volkome versadig!"

[4] ROCLUS sê: “Jou maag moes toe jy nog klein was, te volgestop gewees het, andersins sal ek dit onmoontlik kan verklaar! Kan jy my miskien help om ook my lam saam op te eet? Want kyk, aan `n agste deel daarvan het ek meer as genoeg!'

[5] RAFAEL sê: “Gee maar hier, sewe agtste dele kan ek maklik opeet!"

[6] Roclus, wat self net `n boud van `n agterpoot geneem het, gee al die ander aan RafaEL en dit was binne `n enkel oomblik klaar met vleis en bene.

[7] Dit word vir ROCLUS nou tog `n bietjie eienaardig en hy sê heeltemal verbaas: “Nee, my andersins baie lieftallige en wyse jongeling, dit gaan by jou verseker en sekerlik nie op natuurlike wyse nie! Oor die eet van die vleis wil ek eintlik heeltemal niks sê nie; maar dat jy, `n wolf oortreffend, ook met beendere, wat geen enkele ander mens tog ooit eet nie, so gou klaar is, - weet jy, dit word vir my nou tog al te grys, nou moet jy my hierdie saak tog eers van naderby verklaar!"

[8] RAFAEL sê: “Wel, gee my `n klip, dan kry jy ook jou wonderwerk te sien!

[9] Roclus raap gou `n taamlike groot klip van die grond af op en gee dit aan RafaEL.

[10] En HY sê: “Kyk maar, ek sal hierdie klip ook verorber soos `n goeie stuk brood!"

[11] Hierop pak RafaEL die klip, bring dit na sy mond, en toe die klip sy mond aanraak, verdwyn dit uit die aardse bestaan!

[12] Toe Roclus en sy vriende dit sien, was hulle verbaas en ROCLUS sê: “Nee, jong vriend, met jou kan jy beter maar nie tesame êrens `n gas wees nie, want dit sou uiteindelik wel eers moontlik kan wees, dat jy jou ook oor jou medegaste sal ontferm! Veroorloof my hierdie sagmoedige opmerking, waarmee ek jou eintlik niks anders wil sê as: As jy ons ook wil eet, doen dit dan liewer vinnig, sodat ons nie lank vol angs op ons einde hoef te wag nie! Nee, ek wil van die agt visse van die grootste soort wat daar in die Galilese see voorkom, niks sê nie, ook niks van my sewe agtste lam, beendere inbegrepe, ofskoon dit al - dit spyt my dat ek dit sê - `n ontsettende abnormale vorm van vraatsug is; maar die eet van `n minstens tien pond swaar klip is iets wat ons almal heeltemal tereg met ontsetting vervul! Waarheen moet dit uiteindelik na lei? Dit gaan ons weliswaar weinig of niks aan nie; maar, ofskoon jy in naam van alle gode alle berge van die aarde kan verslind, wil ons tog liewer geen getuie wees van jou ontsettende vraatsug nie! Verstaan, my beste jong veelvraat?"