Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die insigtelike vermoë van die liefde, die ontoereikendheid van rede en verstand

61 DIE MEESTER: “Liefde is weer `n gevolg van die stimulering van die innerlik lewe waarop iets ingewerk het.

[2] Die innerlike lewe is liefde, dus `n vuur met alle warmte. As hierdie vuur gevoed word deur die inwerking van iets wat self vuur in hom het, soos wat die vuur van `n vuurherd gevoed word deurdat mens goeie brandhout daaraan toevoeg, dan sal dit lewendiger begin brand, dit word steeds warmer en lewendiger en kry meer beweging vir dit wat daar brand. Die vlamme word digter, hul lig helderder en die siel sal spoedig baie lig kry oor iets wat aan hom vroeër heeltemal onbekend was. Daardeur word die liefde vir die saak steeds groter en groter en mens hou nie op totdat mens dit deur en deur ken en dit heeltemal duidelik is wat mens daaraan het en wat alles daarin vervat is nie. Dit gebeur egter net wanneer die liefde vir die saak steeds groter en intensiewer word.

[3] As die lewe nêrens deur iets aangespoor word nie, dan bly dit koud en bekommer dit nie in die minste oor iets nie, ook al is dit in sigself nog so gedenkwaardig, soos wat ook die vlam nie lek aan die stukke hout wat te ver daarvan lê nie.

[4] Die mens moet dus deur iets geïnspireer word om warm, lewendige gedagtes daaroor te kry. Deur die koue waarheid, wat `n skynsel is van die verre sterre, kan die innerlike lewe nooit geïnspireer word nie, omdat die innerlike warmte daarvan nie daardeur toeneem nie, maar net minder word.

[5] Jy het tot nou toe alles met jou yskoue verstand gesoek en die hefboom vir jou soeke was jou net so koue skerpsinnigheid, wat niks as waar aanvaar wat nie met `n sintuig waarneembaar was nie.

[6] So het jy God met die rekentafel in die hand gesoek, jy het probeer om die A te vind, terwyl jy nie eers die hooflyne gevind het wat hierdie veelseggende letter ten grondslag lê nie. Jy het op die sneeu- en ysvlaktes van die noorde plante gesoek, egter niks gevind nie, ofskoon die lig van die sneeu jou byna verblind het.

[7] Ek bedoel hier met die sneeu- en ysvlaktes die kil oordelende verstand en die nog killer berekende skerpsinnigheid, wat tot geen enkele innerlike geestelike sienswyse in staat kan wees nie, omdat dit as growwe materie homself onmoontlik kan laat beweeg deur iets suiwer geesteliks.

[8] Baie het jou opgeval, soos byvoorbeeld die steeds terugkeer van dieselfde vorms in die natuur wat vir jou kreatief voorkom. Jy het aan `n permanente konsolidering, dus `n voortdurende versterking, van `n sigself bewuste, vergrote, intelligente lewenskrag gedink, wat in staat is om alles te deurdring en na hom te trek, uit die ruwe grondkragte dan steeds weer dieselfde vorms te voorskyn toor. Die hele aarde, maan, son en ook die sterre beskou jy as `n tempel, waarin ten slotte nou wel louter onsigbare magiërs woon. Bowendien het jy in Indië nog menige skynbare bevestiging daarvoor gekry en om hierdie rede word jy toe die een wat die belangrikste rol gespeel het by die inrigting van julle toorkamer in Essea.

[9] Maar omdat jy dit alles met jou kille verstand gedoen het en jou gemoed daarby nooit laat ontwaak het nie, het jy ook nie die grond van die lewe gevind nie, hoe naby jy ook daaraan gekom het met jou skerpsinnigheid en het jy jou weer in die koue en dooie materie verdiep, hierin jou heil gesoek en wou hierin ook die heil van alle ander mense gewortel sien.

[10] Jou saak gaan nou al geruime tyd met besliste sukses vooruit; want jy was en is nog die hoof van hierdie instituut, wat baie geskik is om die onkundige mensdom in die duisterste bygeloof en om die denkende mense kompleet in die grootste materialisme te laat versink. Jy het wel alreeds heelwat lewende afgodetempels vernietig, maar jy het niks beters in die plek daarvan gestel nie. In jou was die dood en jy het in hom selfs `n welkome gas gevind; want die nie-wees was by jou die hoogste lewensgrootte wat hemelhoog bo alle ander was.

[11] Waarom het jy eintlik so geword? Omdat jy nooit in jou hart enige liefde laat ontkiem het nie! Jy het jou innerlike lewensvuur nie aangewakker tot `n, al was dit maar `n matige, vlam nie! Noudat jy egter selfs die buitenste laag van jou hart nog nooit flink geaktiveer het nie, hoe het jy dan die binneste en selfs die sentrale lewenselemente van die geestelike deel van jou hart ook maar enigsins kon aktiveer, waardeur spoedig jou hele hart in die vlam van die ware lewe vinniger sou geklop het en jou bewussyn sou verlig het om jouself goed te leer ken en as gevolg daarvan vir God?!”