Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 240

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Genesing van `n besete jongman. Evangelie van Matthéüs. 17: 14-21

240 Ons bereik die hawe, maak ons skip vas en gaan nog op `n klaarligte dag aan land. Op hierdie dag was daar `n groot jaarlikse mark en daar was baie van die volk aanwesig.

[2] En toe ons by die volk kom, word ons gou deur baie mense herken; een van hulle het na My toe gekom, val voor My voete neer (Matthéüs. 17:14) en sê: “Heer, ontferm U oor my seun, hy het `n ernstige siekte; hy is maansiek soos wat die artse sê, en daardeur val hy dikwels in die vuur en die water wat hom baie lyding besorg! (Matthéüs. 17:15) Toe U leerlinge onlangs hier was en deur oplegging van hul hande talle baie ernstige siekes genees het, het ek ook my seun na hulle toe gebring; maar hulle kon hom nie help nie.” (Matthéüs. 17:16)

[3] Toe sê EK aan daardie deel van My leerlinge wie se geloof nog nie tot `n rots geword het nie, en wat daar `n paar maande gelede in My Naam gewerk het: “O, ongelowige en verdraaide geslag! Hoe lank moet Ek dan nog by julle wees en hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring die sieke hier na My!” (Matthéüs. 17:17)

[4] Dadelik staan die vader van die siek seun op, hardloop na sy huis en bring hom spoedig na My toe. Toe die jong seun by My kom, trek hy `n erbarmlike verwronge gesig; want die bose gees deur wie die jong seun besete was, gaan nog `n paar maal in hom tekere terwyl hy voor My staan, en stoot daarby deur die baie verwronge mond van die jong seun enkele ernstige vloeke en verwensings uit wat nie hier weergegee hoef te word nie. Ek berispe die bose gees streng en beveel hom om die liggaam van die jong seun onmiddellik te verlaat en af te daal na die hel. Toe gaan die bose gees sigbaar uit die seun uit en die jong seun word dadelik volledig gesond. (Matthéüs. 17:18)

[5] Die bose gees het die gedaante van `n groot, swart, ruie harige kat en vra My: “Seun van die Allerhoogste, bespaar my die hel en bestraf my deur iets anders!”

[6] Maar EK sê: “Gaan weg van hier en doen boete vir jou talle gruwels wat jy tagtig jaar gelede hier op aarde in die vlees begaan het, in die kaal afgronde van die dale op die maan waar jy vroeër was!”

[7] Toe kry die bose gees die gedaante van `n aap met groot vlermuisvlerke en vlieg onmiddellik pylsnel daarvandaan. Dit verbaas die mense en baie was verbyster deur hierdie gesig.

[8] Maar EK kalmeer hulle en sê: “Vrees nie; want aan My is alle mag gegee in die hemel asook op hierdie aarde, en hierdie gees wat die seun sewe jaar lank gepynig het, sal voortaan nooit meer in die buurt van hierdie aarde kom nie!”

[9] Toe vra die vader van die nou kerngesonde jong seun My: “Heer, waarom moes dit tog my seun oorkom, terwyl hy tot nou toe nog nooit ook maar skynbaar gesondig het nie, en trouens ook my hele huis altyd streng volgens die wet geleef het? En tog moes juis die alleronskuldige so `n lang tyd ellendig gemartel word! So-iets kan tog immers maar net deur die toelating van God gebeur! Maar waarom laat God so-iets toe?”

[10] EK antwoord: “Wie God besonder liefhet, stel Hy op die proef, en as hy die beproewing goed deurstaan, het hy ook vir ewig sy verlossing gevind!

[11] Die siel van jou seun stam van één van die groot wêrelde af waarvan daar talloos maal talle bo en onder hierdie aarde die oneindige groot hemelruim vul. Terwille van haar verlossing was naas die beproewing van die dra van die vlees, dit ook noodsaaklik, waardeur sy nou reeds in die jeug die krag verwerf wat menige ander siel nie sal kan verkry nie, ook al sou sy `n honderd jaar lank die druk van haar swaar vlees moes verduur.

[12] Glo My: Die mense weet nie, en kan ook nie weet waarom iets bestaan en gebeur nie; maar God weet absoluut alles!

[13] Hierdie bose gees was egter tagtig jaar gelede `n varkhandelaar wat op groot skaal woekerhandel bedryf het, hy word baie ryk, en bedryf as Judeër ten slotte selfs slawehandel, waarby hy groot gruwelikhede begaan. Uiteindelik sterf hy `n ellendige dood en dit was sy lot om, self as duiwel, in die ryk van die duiwels te kom.

[14] En omdat dit hom daar sleg geval, begin hy in homself te keer en dink by homself: “Waarom moes ek dan `n duiwel word? Daaraan het my slegte vraatsugtige lyf skuld. Laat my nog `n keer terugkeer in die goeie nugter vlees van `n onskuldige seun, daarin sal ek dan tot `n engel word! En as die liggaam van die jong seun ook maar die kleinste begeerte na vraatsug voel, sal dit onmiddellik deur my getugtig word!”

[15] En kyk, omdat dit `n baie ernstige besluit was van die weliswaar baie slegte siel, word dit haar toegestaan. Die resultaat daarvan is nou vir die seun goed, en die vroeër baie bose siel het nou vir homself reeds `n beter rigting en al iets meer mensliks aangeneem. Die res sal die uiters kale en onherbergsame afgronde van die dale op die maan doen!”

[16] Hierop stel die man My nog `n vraag en sê: “Is die maan dan ook `n wêreld? En hoe het my seun dan maansiek geword ? Want behalwe sy besetenheid moes hy wel maansiek gewees het, omdat die volle maan `n groot invloed op sy lyding gehad het.”

[17] Ek sê: “Dat die maan ook `n soort aarde en wêreld is, sal jy nou nog moeilik of gladnie verstaan nie, ofskoon dit so is; maar My leerlinge verstaan dit en die latere nakomelinge sal dit maar al te goed verstaan en insien. Maar dat jou seun steeds so `n groot vrees vir die volmaan het, lê nie in sy natuur nie, maar in die van sy plagees wat oorspronklik uit die baie maer en hoogs onherbergsame wêreld stam. Die res hoef jy nie te weet nie.”

[18] Toe talle omstanders dit ook hoor, sê hulle: “Dit is tog `n merkwaardig Mens! Hy verrig wonderwerke soos `n groot profeet en dadelik daarna begin Hy te beusel en te praat soos `n kranksinnige?”

[19] Maar die man gaan na hulle toe en sê baie ernstig: “Hy is seker nie kranksinnig nie, maar ons is dit, omdat ons Sy Wysheid gladnie kan vat nie!”

[20] Daar ontstaan `n klein woordestryd tussen hulle, waaraan die genese seun egter deur enkele baie raak opmerkings `n einde aan maak.

[21] Daarop kom My leerlinge na My toe en vra: Heer, vertel ons nou waarom ons nie in staat was om hierdie gees uit te dryf nie; ons het immers enkele ander geeste in U Naam uitgedryf?” (Matthéüs. 17:19)

[22] EK sê: “Ten eerste vanweë julle ongeloof! Want Ek sê vir julle: Waarlik, as julle `n vaste geloof het sonder twyfel, al is dit maar so groot soos `n mosterdsaadjie, dan sal julle aan hierdie hoë berg kan sê: “Verhef jou van hier na die oorkant van die see!”, en hy sal hom ook dadelik verhef, en vir julle sal niks onmoontlik wees nie! (Matthéüs. 17:20) Maar hierdie soort verdwyn maar net deur bid en vas. (Matthéüs 17:21)

[23] Toe julle hier was, het die seun nog nie die hoogste graad van vas en bid bereik nie, soos wat sy besitter dit verlang het nie. Maar nou was dit die geval, en nou kan die gelowigste van julle hom ook uitdryf, ofskoon die gees haar seker nog baie hardnekkig sou betoon het. Maar nou was dit beter so. Dit word nou egter al aand, want die son daal reeds onder die horison, laat ons daarom na die huis van die man gaan wie se seun Ek genees het!”