Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verskeidenheid van die wêrelde

199 Hier sê ASIONA: 'Wil U, onbegryplike Wyse, my eers sê of daar in die oneindige skeppingsuniversum nog meer van die wêrelde bestaan waarop die, laat ek sê, mense, volledig dieselfde bestemming het as ons?"

[2] EK sê: 'Vriend, kyk maar net eers met ernstige aandag na jou liggaam, dan sal jy daaraan `n aantal verskillende ledemate en dele opmerk! Kan dit slegs één enkele bestemming hê? Kan die harsings en die maag een en dieselfde bestemming hê, of die oog en die ore, die hande en die voete, of die neus en die mond? Sien, uit hoeveel tallose baie klein deeltjies waaruit die menslike liggaam ook uiters kundig opgebou is, tog het selfs die twee dele wat die naaste bymekaar lê en soos twee druppels water op mekaar lyk en ook een en dieselfde orgaan vorm, nie heeltemal dieselfde eienskap en bestemming nie!

[3] Byvoorbeeld: Dig langs mekaar sit twee afsonderlike senuweetjies. Beide kry dieselfde voeding en word deur dieselfde lewensvog in die lewe gehou, en hul funksie is dat hulle twee dig langs mekaar staande hare op die hoof moet onderhou en laat groei. Wel, hierdie twee uiters onbeduidende senuweetjies sou tog, omdat hulle die oorsaak van presies dieselfde gevolge is, ook wat hul bestemming betref, volledig aan mekaar gelyk moet wees! Maar Ek sê: O, absoluut nie! Hierdie twee klein senuweetjies lyk, wat hul bestemming aanbetref, selfs minder na mekaar as man en vrou, en daarom is hul inwendige organisme ook heeltemal verskillend.

[4] Maar jy dink nou by jouself: Ja, maar dan moet twee manlike en twee vroulike senuwees tog volledig na mekaar lyk! En Ek sê jou: Ook nie heeltemal so volledig soos wat jy jou dit voorstel nie! Want as dit die geval sou wees, sou alle hare op een en dieselfde punt op die hoof gegroei het; en die hele gelyke manlike senuwee-organisasie wat digby lê, sou slegs `n streep verder, omdat hy dan al op een plek van die hoof sit wat `n ander gesteldheid het, heeltemal geen haar meer tot groei bring nie. Ja, dit kan selfs gebeur dat die noodsaaklike en deur die hele natuur veroorsaakte assimilasiedrang* ook in die senuwee van die haarwortels sterker word as oorspronklik die geval behoort te wees. Wat sal die gevolg daarvan wees? Daardeur sal jy jou hare op jou hoof spoedig en maklik kon tel! *(gelykwording, toenadering)

[5] So `n verskynsel aan die liggaam van die mens is natuurlik onwillekeurig; maar meestal is dit tog die noodsaaklike gevolg van `n verkeerde strewe van `n sinlike en materiële siel. Die assimilasiedrang is weliswaar noodsaaklik vir die voortplanting en die instandhouding van die natuurlike lewe, maar hierdie drang is die dood van die natuur as hy qua sterkte bo of onder die maat is wat in die natuur self voorgeskryf is.

[6] Laat ons aanneem dat daar tussen die manlike en die vroulike geslag nie die geringste prikkel tot assimilasie bestaan het nie, so ook by die diere, dan sou dit seker die einde beteken het van die voortplanting van die natuurlike lewe. Die rede daarvoor sal julle beide sekerlik goed en duidelik kan insien. Die totale afwesigheid van hierdie prikkel is dus ook sonder meer die dood van alle natuurlike lewe. Maar ook is `n assimilasieprikkel en eintlik -drif wat sy grense oorskry, ewe-eens sonder meer die dood van die natuurlike lewe en daardeur ook baie gou van die lewe van die siel.

[7] Byvoorbeeld: Die oog het die assimilasie-neiging na die lig. As dit nie binne die korrekte perke gehou word en `n mens somaar ineens in die son in gaan kyk, sal die oog deur so `n enorme oorprikkeling spoedig gedood en daardeur blind gemaak word. En so gaan dit met alle menslike sintuie.

[8] Die wedersydse toenaderingsneiging kan egter maar net binne die heilsame perke gehou word, deurdat daar aan die vrye siel wette gegee word, waarvolgens sy met vaste skrede haar gang moet gaan, en haar natuurlike lewe kan inrig. Natuurlik kan sulke wette, as hulle ten volle werke en seëninge wil bring, maar net deur Hom gegee word wat die hemel, geeste, son, sterre, die maan, hierdie aarde en alles wat hom daarin, hierop en daarbo bevind, asemhaal en leef, geskape het. En dit het ook te alle tye van die kant van die Skepper gebeur; daar was altyd maar min wat sulke wette ernstig opgeneem het, alles in ag genome. Maar diegene wat volgens sulke voorskrifte leef, het dan ook altyd die ware tydelike en ewige seën geoes; maar die trae mense en hy wat geringskattend en ongelowig is, het die teendeel in homself ervaar, netso ook aan ander wat soos hy is.

[9] Uit alles wat Ek nou gesê het blyk dit dus met betrekking tot jou belangrike vraag heel duidelik dat daar in die hele oneindige skeppingsuniversum ook nie één aarde(planeet) bestaan wat presies dieselfde en - Ek sê - allerhoogste bestemming het as juis hierdie aarde nie, en ook nie dieselfde inwendige en uitwendige inrigting wat nodig is om hierdie bestemming te bereik nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205