Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die hoër grade van helder bewussyn

136 (RafaEl:) “Die volledige tweede en goed te onderskeie hoër graad van aanskouing en voel van die siel tree sowel in die liggaamlike lewe as ook in die droom in, wanneer die gees in die siel net so aktief begin te word as die gees van `n plant in die saadkorrel, as hy begin om vanuit sy eintlike siel, wat in die vlees van die korrel rus, die wortels in die aarde en die kiemblaadjies bo die aarde te vorm en begin te groei. Die siel begin haar dan tot `n egte vorm te ontvou en dring enersyds in haarself, net soos ook die wortels van `n groeiende plant in die aarde dring en uit die goddelike krag daarin, die korrekte voeding begin opsuig, terwyl andersyds die plant self, aldus van binne uit gevoed, as gevolg van die innerlike voeding vanuit die suiwer, ware en lewende goddelike krag, hulle as die eintlike en egte wesensvorm van die siel in die sfeer van die lig verhef en hoër en verder ontwikkel na die uiteindelike voleinding.

[2] Maar dit alles gebeur deur die voortdurende toenemende werksaamheid van die gees in die siel, wat hom daardeur steeds meer verenig met die siel. In hierdie toestand van die siel is haar aanskouing en gevoel geen vae aanvoeling meer nie, maar dit is al `n lig en helder bewuswording van alle lewensomstandighede, en van die verhouding waarin dit tot die eie lewe staan.

[3] In hierdie tweede en hoër graad van aanskouing ken die mens homself en ook vir God, en hy kan dan ook die geeste of respektiewelik die siele van sowel die reeds gestorwenes asook van die nog in die vlees lewende mense aanskou en ook beoordeel hoe dit daarmee gestel is. Die visioen van so `n mens sal dan ook nie materieel en onwerklik wees nie, maar geestelik, suiwer, waar en derhalwe reëel, en daar sal weinig verskil meer wees tussen die helder sien in wakende toestand of die in die liggaamlik slapende toestand van `n mens.

[4] En kyk, in `n dergelike toestand het ek julle nou so flussies gebring deur die krag wat in my woon, en julle siele kon dan ook die siele van reeds lank gestorwe mense onbelemmerd sien en ook spreek. Maar julle kon in die tweede graad van aanskouing alleen sulke geeste sien en spreek wat hulle op dieselfde vlak as julle bevind, behalwe Johannes (die doper), wat hom vanweë sy leerlinge uit eie mag vanuit die hemele na die so flussies beskrewe tweede sfeer van sien en voel verplaas het, anders sou julle hom, wat `n baie voleindigde gees is, nie kon sien en spreek nie.

[5] En dat dit wat julle gesien het, volledig en helder in julle herinnering sal bly, dit het ek ook bewerkstellig, met toelating van die Heer; want wat julle gesien en gehoor het, het dadelik in julle liggaamlike brein en ook in julle harte en niere vasgeslaan. Daarsonder sou julle van alles wat julle gehoor en gesien het, ewe weinig saamgeneem het na die aardse wakende lewe, as die siel van jou broer, wat jy volgens die verslag van jou droom in Athene ontmoet het, iets saamgeneem het na die aardse liggaamlike wakende lewe van wat hy in jou droom in Athene met jou bespreek het.

[6] Daar bestaan bepaalde vroom mense, wat ter versterking van hulle siel byna daaglikse tydens hulle liggaamlike slaap in die geesteswêreld lewe en handel. Maar wanneer hy weer liggaamlik wakker word, weet hy niks daarvan af nie; hy ervaar slegs `n bepaalde troostende, versterkende gevoel in homself en menigeen het die indruk dat hy aangename dinge gehoor en gesien het. 

[7] Alleen sulke mense wat hulle net soos die profete reeds op die oorgang na die derde en dus hoogste en helderste graad van aanskouing en gevoel bevind, omdat hulle gees hulle al meer met die siel verenig het, neem dit wat hulle in die reeds hoër geesteswêreld gesien en gehoor het, ook saam terug na die liggaamlik wakende toestand en kan dit weer aan hulle medemens meedeel. Die meeste klein profete bevind hulle in so `n toestand.

[8] Maar kyk nou eers na byvoorbeeld `n koringhalm, hoe hy hom sover ontwikkel, dat op die hoogste punt van sy groei die aar hom as vrug begin te toon en te ontwikkel! Kyk, dieselfde gebeur by die mens, wanneer die siel volledig in haar gees begin oorgaan.

[9] Deur die optrede in die tweede graad van heldersiendheid, het die gees begin om die nog altyd halwe materiële siel te bewerk en het hom steeds meer daarin uitgebrei, en wel net solank, totdat die hele siel van hom vervul en geestelik tot lewe gewek is. 

[10] In die derde stadium begin die siel, geheel ontbrand deur die liefde van die gees, oor te gaan in die gees en al haar nog steeds met die materie verwante substansie te omvorm tot die suiwer geestelike essensie, en dan word die ware aar vir die vrye, ewige lewe gevorm.

[11] In hierdie toestand word `n mens dan heeltemal in die lig opgehef, begin daardeur gevoed te word, en hoe meer voeding hy daaruit ontvang, soveel minder neem hy, as steeds meer vergeestelikte siel, voedsel op uit die substansieel-materiële sfeer van die siel. Die lewensaar bloei, verenig hom daardeur met die gees van die liefde en dit bring dan weer die lewensgraan voort, wat aanvanklik met die melk uit die hemele gevoed word, maar reeds na `n kort tyd met steeds helderder en ewig vaste en onwankelbare waarhede.

[12] En sien! Vervolgens word die lewensgraan ryp, en die lewe van die siel, wat in die tweede graad van aanskouing in sekere sin verenig met die gees van die koringhalm, bevind homself nou in die geheel as `n ryp lewensgraan, en daarom verwelk die voorheen so ywerig gevorme halm, hy sterf volledig af, skei hom af van die lewensgraan en is nie meer met die graan verbonde nie!

[13] Kyk, dit is dan ook die derde en hoogste graad van aanskouing en lewe van die siel! In hierdie toestand sien en hoor die siel dan alles wat daar ook maar in die gehele skepping is en bestaan. Jy sien die hemel geopend en kan met die hele geestewêreld die mees ligte en lewendigste kontak hê. Wat `n dergelike siel dan sien, hoor en voel, kan nooit meer uit haar baie heldere herinnering verdwyn nie; want haar uiterste heldere sfeer van aanskouing en gevoel is alomvattend, ewig blywend en alles deurdringend.

[14] In `n dergelike toestand bevind die groot profete hulle en ook alle voleindigde geeste van die hemele bevind hulle in so `n toestand, en ek self bevind my ook in die toestand, want anders sou ek dit nie vir julle kon beskryf het nie - want niemand kan iemand anders iets gee wat hy self nie het nie, soos julle ook goed sal begryp.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205