Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

In die herberg in Essea

192 Ons begewe ons met haastige tree weer op pad en neem weer die pad waarlangs ons gister na Jerigo gekom het. Kado gee ons `n geleide tot by die brug oor die Jordaan, waar die pad split; want van daar af lei die ou pad na Jerusalem, en `n nuwe lei van daar in die rigting van Egipte na die plek Essea, wat van hier af nog ruim `n dagreis verwyder was. Daar gaan Ek dan nou ook heen, soos Ek die Essene ook `n paar dae gelede beloof het. Die weg daarheen loop langs menige woeste plekke en geval die leerlinge nie so baie nie; maar tog murmureer hulle nie, hoewel ons op hierdie weg hitte en dors moes deurstaan, aangesien daar op die stuk geen herberg en weinig goeie fonteine was. Laat in die aand bereik ons Essea. In die plek Essea was daar baie herberge, omdat hierdie plek om reeds bekende redes deur baie vreemdelinge druk besoek was.

[2] Ons gaan dadelik die eerste die beste herberg binne en die herbergier neem ons ook dadelik baie vriendelik op en vra waarmee hy ons van diens kon wees.

[3] Ek sê: “As ons brood, wyn en ietwat sout het, het ons alles wat ons nodig het!”

[4] Die herbergier laat dadelik `n groot tafel dek, laat daar voldoende brood, wyn en sout op sit en ons, wat baie moeg was van die lang tog, gaan dadelik aan tafel sit; Ek neem die brode, seën dit, breek dit, en die leerlinge verdeel dit vervolgens onder mekaar en eet en drink. Sodoende word ons weldra versterk en die vermoeidheid verdwyn dan ook steeds meer uit ons ledemate.

[5] Toe ons onsself so na `n halfuur baie goed met brood en wyn versterk het, vra die herbergier My of ons ook vleis en vis wil eet, aangesien hy dit alles in voorraad het.

[6] Maar Ek sê: “Ons is nou almal voldoende versterk en het nog genoeg brood en wyn voor ons op tafel. More sal ons ook wel vis eet. Maar as jy My egter genoeë wil doen, stuur dan `n bode na die kasteel van die Essene, wat vir hulle moet sê: “Die Heer het met Sy vriende in jou herberg aangekom!” Dit is voldoende, dan sal die Essene weldra met luide gejuig en met groot vreugde hierheen kom.”

[7] Toe die herbergier dit van My gehoor het, gaan hy dadelik na buite na sy dienare en stuur dadelik één na die kasteel, wat nog oop was, omdat daar `n groot aantal vreemdelinge uit alle windstreke met allerlei siekes en ook met verskeie dooie kinders aangekom het, wat die Essene smeek en besweer om hulle te help. Maar dit bring die Essene nou tot wanhoop; want hoe meer hulle die smekelinge uitlê dat hulle hierdie keer nie aan hulle versoeke kon en mag inwillig nie, soveel sterker dring die vreemdelinge daarop aan by hulle. En so bly die kasteel dan ook langer oop, en die bode wat deur die herbergier gestuur is, kon volkome ongehinderd by die Essene binnekom.  

[8] Toe die owerste van die Essene aan hom vra wat daar aan die gang was, sê die bode dadelik wat hy moes sê, en vertrek daarna weer onmiddellik. Toe die Esseen dit hoor, deel hy dit onmiddellik mee aan sy broeders, waarop alle gesigte meteens ophelder.

[9] Maar ook verskeie vreemdelinge het hierdie boodskap gehoor en vra aan die Essene, wat nou baie bly geword het, wat daar aan die gang was, wie die aangekondigde Heer was en wie sy vriende was.

[10] Maar die Essene sê: “Vandag het ons geen tyd meer om julle die groot geheim bekend te maak nie; maar môre sal elke skepsel hulle buitengewoon verbaas oor die mag en wysheid van hierdie Heer!”

[11] Daarmee neem die vreemdelinge genoeë, verlaat die kasteel en begewe hulle na die herberg. Die Essene self haas hulle daarna na die herberg waar Ek My bevind, en toe hulle My in die oog kry, breek daar `n luide en blye gejuig onder hulle uit. Hulle kon My nie genoeg bedank dat Ek na hulle toe gekom het, soos Ek ook beloof het, en vra My om saam met al My leerlinge met hulle na die kasteel te gaan.

[12] Maar Ek sê: “Waar Ek eenmaal My intrek geneem het, daar bly Ek ook! Bly julle liewer hier by My - dit sal heilsamer vir julle wees! Maar in die kasteel sal Ek nóg vandag nóg môre kom. Wat Ek vir julle sal doen, sal Ek hier openlik voor die oë en ore van elkeen doen; want almal moet die groot getuienis van God uit My mond hoor!”

[13] Daarop bedank die Essene My van ganser harte en sê vir die herbergier dat hy nou die beste en mees uitgelese wat hy in sy herberg het, op die tafel moes sit.

[14] Maar Ek sê: “Waarvoor is dit nodig? Ons is al voldoende versterk met brood en wyn; doen in plaas daarvan liewer iets goeds vir die arm vreemdelinge!”

[15] Die owerste van die Essene sê: “Heer en Leraar! Die arm mense het ons altyd in groot getalle by ons en ons versorg hulle ook, en diegene wat hulle nou hier in die hoofvesting bevind is ook al versorg - maar U het ons nie altyd by ons nie en dan is dit tog ook alles redelik dat ons ons groot liefde, vriendskap en hoogagting veral aan U betuig!”

[16] En Ek sê daarop: “Doen dan maar wat jou hart jou gebied!”

[17] Toe word dit dadelik baie bedrywig in die herberg en weldra is daar op ons tafel baie welbereide visse en ook ander spyse. Ekself neem maar net ietwat van die visse; maar My leerlinge neem ook nog ander spyse tot hulle, net soos die Essene.

[18] En daar word ook nog wyn gedrink, maar met mate; want die wyn was kragtig. En Ek sê dan ook vir die leerlinge: “Let daarop dat julle nie teveel drink nie! Julle weet immers dat dronkenskap `n ondeug is, wat die hart en siel verswak en die gees van ontug en geilheid in die vlees verwek. `n Dronk siel sal nie maklik die ryk van God binnegaan nie!” 

[19] Hierdie woorde het effek by die leerlinge en die Essene, en daarna geniet elkeen in alle matigheid van die voedsel en die wyn.

[20] Daar word aan tafel baie gepraat oor allerlei goeie dinge en voorvalle, sowel van die kant van My leerlinge as van die Essene. Ek spreek egter weinig, omdat Ek My nie voortydig te duidelik bekend wil maak teenoor die herbergier, sy personeel en ook teenoor enkele vreemdelinge, wat ons eetkamer uit nuuskierigheid binnegekom het nie.

[21] Onder die vreemdelinge is egter ook `n jong Egiptenaar, wat `n paar jaar gelede uit `n boom geval het en sy voet gebreek het en hom nou slegs moeisaam met behulp van krukke kon voortbeweeg, waarby hy hewige pyn het. Sy ouers het hom dan ook na die Essene gebring en betaal die versorging vir hom, sodat hy deur die Essene genees kon word. Hy was egter al `n halfjaar daar versorg, maar sy kwaal het nie beter geword nie. 

[22] Hierdie jongman kyk onafgebroke na My en skep uiteindelik die moed om My aan te spreek; hy beweeg hom na My toe en vra My of hy slegs enkele woorde met My mag verwissel.

[23] En Ek sê vir hom: “Wat wil jy dat Ek vir jou moet doen?”

[24] Die jong seun sê: “O goeie Heer, toe ek `n wyle na u kyk, begin dit as`t ware te gloei in my hart en ek hoor `n stem in My wat sê: “Hierdie man alleen kan jou help!” Daarop skep ek dan ook die moed om my dadelik tot U te rig en U te vra om my te help. Want ek glo vas dat alleen U My, arme skepsel, kan help!”

[25] Ek sê: “Wel nou dan - as jy glo, dan geskied dit volgens jou geloof! - Maar as jy genees is, swyg dan vandag daaroor, sodat daar in hierdie plek geen toeloop ontstaan nie!”

[26] Na hierdie woorde van My was die jong man skielik sodanig gesond en volkome genees van sy kwaal dat hy sy krukke heeltemal teen die kant sit en vry in die kamer rondloop.

[27] Maar van louter dankbaarheid weet hy nie wat om te doen nie; hy loop op My af en sê met trane van dankbaarheid in sy oë: “O ware en magtige Wonderheiland! Dit kan tog heeltemal nie waar wees nie dat ek u eers môre moet bedank vir die weldaad wat u My nou bewys het! Of diegene wat hier aanwesig is nou wel of nie `n toeloop veroorsaak nie, my hart gebied my nou om u openlik van ganser harte te bedank, omdat u My so skielik genees het.”

[28] Ek sê: “Laat dit nou maar agterweë, want jou stille dank in jou hart is vir My baie dierbaarder en aangenamer as duisend hardop gespreekte woorde. More kan jy ook nog wel openlik spreek voor die vreemdelinge wat jou geken het.”

[29] Daarmee was die jong man tevrede gestel en gaan weer na die tafel waar hy eers gesit het, en laat hom nou ook brood en wyn gee en word baie opgewek; want op die aanraai van die artse moes hy hom al `n lang tyd van wyn onthou.

[30] Maar tog val hierdie skielike genesing die herbergier, sy personeel en verskeie van die aanwesige vreemdelinge sterk op, en vra aan die geneesde wat Ek dan in die geheim met hom gedoen het, waardeur hy genees was.

[31] Maar hy sê: “Julle was tog self hier in hierdie kamer en het gehoor wat hy vir my gesê het: “Dit geskied volgens jou geloof!” En met hierdie woorde van hom word ek, soos met `n towerslag, genees en is nou so gesond soos wat ek nog nooit voorheen was nie. Dit is al wat ek weet en vir julle kan sê; as julle meer wil weet, vra dit dan self vir Hom!”

[32] Toe die herbergier dit gehoor het, loop hy na die leerling Andreas, wat hy herken het, en vra hom die een en ander oor My; maar Andreas verwys ook hom na die volgende dag en maak My nie voortydig bekend nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205