Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die bedenkinge van die Fariseërs oor die Heer

8 Die eerste spreker sê nou weer: “Beste vriend Lasarus, jy het baie waar geoordeel, as dit daar met die wonderbare Galileër in volle erns so staan soos wat jy ons vanuit jou goeie gefundeerde oortuiging meegedeel en getrou beskrywe het; ook ons is oorwegend die mening toegedaan dat dit ook met hierdie saak werklik so gestel is. Maar by so `n oneindige belangrike saak is dit van ons kant as Judeërs - die volk van God - baie noodsaaklik om `n noukeurige ondersoek in te stel en eers oor baie dinge goed na te dink en te oorweeg of daar tog nie heimlik op die agtergrond sprake is van iets, waardeur ons uiteindelik anders na hierdie dinge moet kyk as iemand wat so totaal onder die indruk is van die wonderwerke dat sy gemoed en verstand nie meer nugter daarteenoor staan nie.

[2] Kyk, so het dit my, net soos ons almal, al buite opgeval hoe die welsprekende jongman ons mantels slegs deur sy woord en wil so bliksemsnel van ons afgeneem het, dat dit gebeur het voordat ons dit besef het en ook nie geweet het waar ons mantels was nie. Verder kom die sewe manne, na hulle uiterlike te oordeel, Egiptenare of Arabiere; en hulle hoef maar net te wink, en tot ons ontsetting staan daar drie grimmige leeus! Kyk, dit is deur mense voortgebragte wonderwerke, wat nie te ontken is nie. Wanneer die jongman, wat dit ook nie aan wysheid ontbreek nie, van homself sou beweer: “Ek is die Messias; my wonderdaad bewys julle dit!”, sou jy hom dan dadelik aanneem as wat hy beweer te wees? Of as één van die sewe manne dieselfde oor homself sou beweer, sou jy hom dan dalk glo? Het Moses en die profete na hom, soos ons in die Skrif lees, nie ook groot wonderwerke gedoen, hoewel hulle tog geen Messiasse was nie?

[3] Nou doen die wonderbare Galileër ook groot en vir elkeen hoogs opvallende wonderwerke, spreek bowendien ook werklik baie wyse woorde en sê dat hy die Messias is! Wel noudat hy dit van homself beweer, wat geen enkele ander wonderdoener van homself beweer het nie, bewys nog nie voldoende dat hy ook werklik is waarvoor hy hom teenoor die mense uitgee nie. Ons neem dit nou wel op grond van jou getuienis aan en glo dat dit inderdaad die geval is; maar dit neem nie weg dat ons die saak tog nog altyd in alle opsigte moet ondersoek nie. Vind ons daarby nêrens ook maar net `n skynbare teenstrydigheid nie, dan sal ons ook onmiddellik doen wat jy ons werklik baie wys en vriendelik aangeraai het.

[4] Kyk, jy kan nog baie ander uitsonderlike bewyse hê, wat ons nou nog nie ken nie en wat jou tot `n diepere innerlike oortuiging gebring het. Wel nou, aan so iets ontbreek dit ons om begryplike redes; want onsself het hom, die beroemde Galileër, slegs enkele kere persoonlik in die tempel gesien en gehoor, en oor sy wonderdade het ons net baie uit die mond van ander mense gehoor; ons was self slegs van baie weinig ooggetuie, maar net van die genesing van `n lamme en onlangs die van `n blindgeborene. En dit, vriend, is nou werklik nie meer voldoende nie, te meer daar ons vanaand die jongman, wat ook `n Galileër skyn te wees, en die sewe ander manne ook wonderwerke sien doen het, waardeur dit vir ons duidelik geword het dat ander mense ook in staat is om wonderwerke te verrig.

[5] Wat Sy wyse woorde betref, ook die jongman spreek baie wys, soos `n ware profeet, en ons mantels kon ons nie beskerm teen sy skerp blik nie; en so kan ons tot nou toe nog altyd sê: Nóg wonderdade nóg wyse woorde en leringe is vir ons afdoende bewys dat die Galileër na volle erns en waarheid die beloofde Messias is, van wie geskrywe staan dat hy JaHWeH, God Self is.

[6] Ook jy self gee ons netnou die opmerklike bewys dat iemand deur sterk gewekte skerpsinnigheid selfs die mees innerlike gedagtes en geheime gesprekke woord vir woord kan weet en miskien nog baie meer, wat hy alleen onder vier oë vir `n vriend sou sê, om iemand anders geen aanstoot te gee nie. Aangesien jy egter al self, terwyl jy tog `n mens soos ons is, `n dergelike wonder­baarlike vermoë besit, waarom sou die Galileër dan nie ook sulke besondere vermoëns besit, wat vir elke ander mens soos `n wonderwerk moet voorkom nie, omdat aan hom die weë om tot so `n vermoë te kom totaal onbekend is en die mens wat sulke vermoëns het, selfs niemand anders daarin onderrig wil gee nie.

[7] Ook bestaan daar profeteskole, waar `n mens slegs opgeneem word, en wel as jongeling, wat reeds vanaf hulle geboorte deur bepaalde besondere eienskappe van hulle laat spreek; veral sou `n uiterste sedelike en, wat die vleeslike natuur van die mens betref, ook `n uiterste kuise karakter daarvoor nodig gewees het.

[8] Wel nou, ons sien wel in dat hulle in `n sedelike geheel as onbedorwe mense baie ander vermoëns kan ontwikkel as in die siek natuur van `n baie gewone, sinlike onsedelike mens; maar so `n met buitengewone vermoëns begiftigde mens kan daarom tog nog lank nie en eintlik heeltemal nooit sê dat hy, vergeleke met ander, van nature swak mense, `n God is nie.

[9] Ek self het in my jeug eens `n baie eenvoudige herder gesien, wat deur sy metgeselle hulle koning genoem was. Hierdie man was baie sedelik en vroom. Hy het geen herderstaf gehad nie, en hoef maar net te wil, en dan gehoorsaam sy kudde sy wenk, sy woorde en sy wil. Of hy ook nog in staat was om ander dinge te doen, weet ek nie; maar waarom kon hy die besondere eienskap nie ook vir die ander herders tot gemene saak goed maak nie?

[10] Daarom bly dit vir my voorlopig `n vaste stelling dat daar op die wêreld altyd enkele besonder begaafde mense kan bestaan; maar `n mens moet daarom baie op sy hoede wees, om so `n mens as `n uit die hemel gekomde God te beskou en te erken.

[11] Onder die ou profete was daar immers ook grotes en kleineres, maar nóg Moses, nóg Elia was God. Ek het julle nou my mening baie duidelik gesê en jy kan daaroor oordeel na eie goeddunke, net soos jy maar wil en kan!”

[12] Lasarus sê nou op baie vriendelike toon: Volgens aards-menslike verstand het jy baie goed en waar gespreek en kon jy ook met reg en rede nie anders oordeel en spreek nie, omdat jy, soos ook jou ampsgenote, nog aan baie dinge ontbreek om die baie verhewe Galileër ten volle te erken soos wat Hy, ondanks julle vertwyfeling en baie verstandig lykende bedenkinge en teenwerpinge, nietemin is.

[13] Neem van my aan dat ek my ook nie deur `n sekere entoesiasme oor die wonderwerke laat saamsleep het om die verhewe Galileër as die Messias te erken nie! O, baie ander dinge het My daartoe gebring!

[14] Julle bewonder nou weliswaar die jongman, die sewe Egiptenare en my nou selfs ook; maar ek sê julle dat julle nóg die jongman ken, nóg die sewe Egiptenare, wat nog baie eenvoudige en onbedorwe mense is, soos eens die aartsvaders op aarde dit ook was; en daarom weet julle ook nie hoe dit vir my moontlik was om tot op `n haar noukeurig te weet, wat julle agter geslote deure gesê het nie!”

[15] Die eerste spreker sê: “Wel nou, verklaar ons dit dan van naderby, dan sal ons sien of ons jou volledig in jou geloof kan volg!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205