Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Oor die werking van die verstand van die hart. Dismas bring die kleingelowiges na die Heer

105 Dismas sê: "Nou het julle uiteindelik vir die lewensweg gekies. Goed so. Wanneer ons handel soos die Heer dit wil, sal ons nooit verdwaal nie, maar as ons volgens ons eie verstand handel, is ons op die verkeerde weg. As die mens sy nugtere verstand volg, kom hy gewoonlik op gladde ys te staan, waar dit `n groot poging verg om regop te bly. Alleen wanneer die mens die ingewing van sy hart volg, kom hy op groen weivelde, dit wil sê, op die lewende hoop af! En dit is ook met julle, en ook met my, die geval. Ons het nou die ingewing van ons hart gevolg en ek is vas daarvan oortuig dat dit weldra beter met ons sal gaan!

[2] Dink tog wat ons eie verstand ons deur die tyd ingegee het en watter chaos aan wette dit tot stand gebring het. Wat het dit ons egter opgelewer? Neem ons daarenteen die groot werke van die mense op aarde, byvoorbeeld die van die groot meesters in die skone kunste, soos musiek, poësie en skilderkuns: Hulle almal was leerlinge van hulle hart en van hulle gemoed! Hulle werke staan onbereikbaar voor die blinde oë van die suiwer verstandsmens, wat dan moeite doen om die groot ongeëwenaarde van `n vrye hart te verklaar, aan die hand van honderde reëls en wette, waarvan die meester self by die skep daarvan, nooit gedroom het nie.

[3] Die vraag is, of so `n agteraf teoretiese verstandsmens ooit iets geniaal, iets kreatief, dus iets uit inspirasie, tot stand gebring het. Is die werke van sulke fabrikante nie altyd droog en styf nie? In al die werk van die suiwer verstand lê immers die vloek, terwyl die geringste werke van die hart van oneindige waarde is vir alles wat asem het en leef.

[4] Om hierdie maar al te waar redes wil ons met die verstand met al sy produkte dan ook vir ewig vaarwel sê en ons alleen hou by die weë en werke van die hart. Ons sal sekerlik daardeur spoedig `n beter doel bereik as wat tot nou die geval was.

[5] Na hierdie noodsaaklike voorbeskouing kan ons onsself nou getroos na die Heer begewe, waar ons gemoedstemming nou heeltemal verander is, en waar ons ook die nodige versterking vir die hart en maag sal kry. Volg my nou in die volgorde wat julle self bepaal het, vanweë julle ongunstige kleredrag!"

[6] Na hierdie goeie en opregte rede van Dismas kom almal ietwat angstig na My toe. By My aangekom, buig Dismas nogmaals diep voor My en sê: "O Heer, deur U genade en U hulp alleen het ek, arme sondaar, met die heilige werk geslaag: Al dertig het my in U naam hierheen gevolg. Nou geskied met hulle sowel as met my volgens U heilige wil! Maar hiervoor geen erekleed vir my nie, dit smeek ek U! U alleen is alle eer in ewigheid!"

[7] Ek sê: "Baie goed het jy, My beste Dismas, jou missie volbring en jy het jou nou terwille van My naam baie verdienstelik gemaak. Ek wil jou daarom ook gee wat jou toekom; daarna ook jou vriende wat deur jou gewen is, na gelang die gesteldheid van hulle hart!" Ek wend My tot Robert: "Robert, bring wyn en brood en `n toepaslike gewaad vir broer Dismas! Ek sal egter nou `n kort beraadslaging met die dertig hê. So geskied dit!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205