Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Robert se opdrag in sy nuwe woonoord. Eerste geselskap: Die in die stryd gevalle politieke vriende. Robert onderrig die gaste.

44 Ek sê verder: "Jy sien hier vlakby `n groot en pragtige woonhuis. Kyk, daar gaan jy nou woon. En Ek sal telkens met jou wees om jou te help wanneer jy My ook maar in jou hart sal roep; wat egter soveel wil sê as: Ek bly steeds by jou!

[2] Jy sal ook geensins alleen wees nie, ook al sou Ek My op bepaalde tye sigbaar van jou verwyder. Want jy sal in die huis `n veel groter geselskap aantref as wat jy vermoed. Ook is hierdie omgewing dig bewoon, so ver jou blik ook maar reik. Daarom het jy van nou af aan nooit meer nodig om te kla oor `n gebrek aan geselskap nie.

[3] Maar Ek sê vir jou dat hierdie geselskap oor die algemeen van `n baie radikale soort is. Dit sal jou belangrikste taak word om al hierdie radikales op dieselfde weg te bring as waarop Ek jou nou gebring het. As jy met hierdie werk slaag, dan sal jy nog baie ander wonderbaarlike dinge ontdek as wat jy tot nou toe aan My sy gevind het. Want juis daardeur sal jy eers regtig in jou skat- en wonderkamer binnegaan, waarin dinge hulle daar aan jou gaan openbaar, waarvan jy tot nou toe nog nooit gedroom het nie!

[4] Voor alles egter moet jy daarop let dat jy My aan geeneen van hulle wat jy hier spoedig sal teëkom, sal verraai nie. Want hulle ken My van geen kant af nie, omdat dit met hulle geloof nog gebrekkiger gesteld is as wat dit met jou die geval was. As jy my voortydig aan hulle sal verraai, dan sou jy hulle meer skade berokken, wees dus versigtig!

[5] Volg My nou deur die tuin! By die ingang van die huis sal `n groot geselskap ons ontvang.

[6] Ek gaan nou vooruit, en Robert volg My vol liefde, eerbied en deemoed.

[7] Toe ons via die tuin by `n pragtige gevormde saal kom, stroom massas mense van beide geslagte daaruit, ons tegemoet, luid roepende: "Hoera! Ons hooggeprese Robert Blum lewe, die grootste volkerevriend van Europa! Hoera! Eerste en grootste Duitser van die 19de eeu! Wees welkom, groot vriend en dapper aanvoerder teen die vyand van die mense! Kom in die midde van jou broers! Hoe lank het ons nie hier op jou gewag nie, maar jy het maar net nie tevoorskyn gekom nie, ofskoon ons baie goed geweet het dat jy baie van ons voorafgegaan het. Hoe sterk voel ons nie om jou en ons bloed te wreek op die hoogmoedige barbare wat ons uit suiwer heerssug soos diere laat neerskiet het nie. Maar dit ontbreek ons aan `n aanvoerder. Nou is jy egter hier as die een met alle wette van die natuur en wat goed met die geesteswêreld vertroud is. Rangskik ons eers volgens ons bekwaamhede, en bring ons na `n plek waar ons bloedig kan wraak neem! Hierdie aardse, oppermagtige roofdiere in mensegedaante sal wondere van wraak belewe, wat ons aan hulle sal toedien!"

[8] Robert sê: Vriende! Kom tyd, kom raad! Vóór alles my dank vir julle hartlike begroeting en aan God die Heer alle lof dat hy my met almal saamgebring het! Voorlopig sê ek slegs dit vir julle: Soos op aarde, het alles hier ook sy tyd nodig. Die appel val nie van die boom af voordat hy ryp is nie. Waarom sou ons hier voortydig ekstra moeite doen om ons op die tiranne te wreek, wat dink dat hulle nou op aarde heer en meester is oor al die mense. Laat hulle die armsalige plesier toe vir nog enkele weke of maande; dan sal hulle wel vanself hierheen kom. En het ons hulle eenmaal hier, dan vriende, sal ons wel `n paar woordjies met hulle wissel! Hopelik begryp julle wat ek daarmee wil sê?"

[9] Almal roep: "Ja, ja, ons begryp jou! Jy was steeds `n besondere verstandige man gewees en is dit seker ook nog in hierdie wêreld, waarin ons nog nie heeltemal die weg ken nie en ook nie weet hoe ons hier gekom het en waar ons nou eintlik is nie!

[10] Hierdie omgewing is nou wel baie mooi, ja, so mooi soos `n egte paradys. Maar ons weet net wat ons hier by ons aankoms deur `n paar vriendelike uitsiende manne gesê is: "Die en alles wat julle oë hier kan sien, behoort aan Robert Blum." "Dus selfs die sterre aan die hemelruim?" vra ons. Ja, ook die sterre", antwoord die twee manne. Daarop gebied hulle ons, om ons sodanig rustig te gedra totdat jy, as eienaar van hierdie heerlikheid, self sou kom met nog `n belangrike, goeie vriend. Jy sou ons self, saam met jou vriend, vertel wat ons in hierdie omgewing moet begin doen.

[11] Daarom het ons onsself dan ook tot nou toe, baie stil en rustig gedra in jou huis en die vertrekke daarvan. Maar toe ons jou nou met jou vriend sien aankom, het ons jou tegemoet gehardloop en jou dadelik ons belangrike wens meegedeel!

[12] Wees egter nou so goed en laat ons weet wat ons moet doen? Want deur `n totaal sinlose gepieker word selfs die mooiste tyd en omgewing vervelend. Kort en goed, ons hoop is gerig op jou wyse insig en eerlike solidariteit. Want `n Robert Blum sal in die vervolg nie meer misluk nie. Hy lewe hoog!"

[13] Robert sê: "Dit is die beste. Dit sal alles verloop soos julle dit begeer. En dit verheug my buitengewoon, dat julle almal hier, julle nie minder volgsaam vertoon as op aarde nie, wat julle hier seker beter resultate sal oplewer. Maar laat my allereers my huis binnegaan, sodat ek as eienaar dit ook eers in oënskou kan neem.

[14] Voor alles moet ek julle egter daarop attent maak, dat julle my van nou af geen eerbewyse asook "hy lewe hoog" moet bring nie! Dit sou hier suiwer onsin wees, omdat ons hier `n ewige onverwoesbare lewe gaan lei, waarop ewig geen dood meer sal volg nie. Waarom sou ons mekaar dus "hy lewe hoog" toeroep, as ons tog deur God se goedheid en genade die eintlike hoogste lewe verkry het?

[15] Laat daarom in die vervolg julle roep `n ander een wees, en wel: Hoog geloof, bemin en geprys is God, die Heer in Christus Jesus, wat ons suiwer as `n mens beskou het, maar Wie nogtans in ewigheid die enige God is, en sodoende die Skepper van die oneindigheid en van alles wat daarin is!" Wanneer julle so roep, sal julle spoedig alle rede hê om julle oor `n volmaakte lewe te verheug, terwyl die eerbetuiging wat julle my bring, julle geen haarbreedte verder sal help nie!

[16] Bedink ook dat Blum geen dwaas is nie en dat hy goeie rede het om julle almal vanaf die begin daarmee bekend te maak, wat hy op aarde, jammer genoeg, self in hoë mate betwyfel het. En dat Blum hier, net soos op aarde, julle allerbeste en mees opregte vriend is! As julle dit goed oordink, sal dit vir julle hopelik maklik wees om die woorde van julle vriend aan te neem. Vriende, wat ek vir julle sê, kan julle ook glo, omdat julle baie goed weet dat ek nie sommer iets aanneem nie, in die besonder in sake van geloof en religie.

[17] Almal roep: "Ja, ja, wat jy ons leer, dit neem ons almal onvoorwaardelik aan. Want ons weet dat ons Robert selfs in die donkerste nag nog nooit `n wit koei vir `n swarte aangesien het nie. Wat jy ons sê, is ook beslis waar. Want jy het ons ook op aarde in Wenen die waarheid gesê, en het ons aangeraai om van die geveg af te sien, omdat die vyand te sterk sou wees en die samehorigheidsgevoel van die verdedigers van Wenen te swak. Maar ons het jou nie geglo nie en het gesê: "Het Blum dan nou `n lafaard geword?" Toe roep jy met `n kragtige stem: "Blum is selfs nie bang vir honderdduisend duiwels, wat staan nog vir hierdie brutale huurlinge! Dus, bewapen opnuut, wie die moed het om aan my sy te sterf!" Toe gryp ons weer na die wapens en het, helaas te laat ingesien, dat jy die waarheid gepraat het!

[18] Nou wil ons jou egter op jou woord glo en nooit meer teenspreek nie. Bly maar vir goed ons leidsman en leraar, want jy het meer wysheid in één vinger, as wat ons almal tesame het! Gaan nou maar ongestoord jou huis binne om dit te besigtig. Gee ons egter so spoedig moontlik `n taak wat in ooreenstemming met ons krag is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205