Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die Heer belowe die vervulling van regmatige wense, maar maak een kritiese voorbehoud. Robert se vurige rede teen tiranne

16 Ek sê: "Jy het baie goed geantwoord op My baie belangrike lewensvraag. Jou antwoord is des te meer te waardeer, omdat dit gegee word soos wat dit lewend en waaragtig in jou lê. Ek kan jou ook daarby sê, dat Ek beslis soveel moontlik van jou uitgesproke wense sal vervul as wat daar in My mag lê.

[2] Maar één ding, beste vriend en broer, kan Ek nie verenig met jou origens regverdige en mensvriendelike denk- en handelswyse nie. En dit is, dat jy op aarde sekerlik genoegdoening daarin sal vind, as die een of ander bekrompe aristokraat deur die sogenaamde proletariaat `n koppie kleiner gemaak word!

[3] So kan Ek My herinner dat jy selfs in Wenen in `n vergadering onder baie byval, uitgeroep het dat in Oostenryk en ook nog in heelwat ander lande dit nie beter sal gaan, voordat daar minstens enkele honderde aansienlikes onthoof sou word nie! Sê My eers in alle erns of jy dit wel wil hê? Of het jy dit maar uitgeroep om meer krag aan jou redevoering te gee?

[4] Robert sê: "Vriend, toe ek my nog op aarde bevind het, wou ek my lewe alleen vir die moontlike vooruitgang van die arme, op velerlei wyse onderdrukte mensdom, opoffer. Daarby het ek egter, deur baie ervaringe van myself en van andere, gesien hoe die aristokratiese, ryk onmense hulle vet suip ten koste van die sweet en bloed van die armes, soos wat die meeste trone en paleise uit die bloed van die arm mensdom opgebou is. En toe ek in Oostenryk maar al te duidelik waarneem, dat mense van die kant van die hoë adel weer alles in werking gaan stel om weer die ou, yster absolutisme in te voer en die arm mense in drie dubbele slawekettings te slaan, was dit opeens te veel vir `n mensevriend soos ek met inset van al my kragte. Werklik, as ek honderdduisend lewens het, dan sou ek hulle almal gee as ek die mense daarmee sou kon help. Die grote van die wêreld sou geen grys haar daarvan gekry het nie, ook al word daar honderdduisend afgeslag, solank hulle maar net styg in aansien en luister!

[5] Sê net, vriend, as `n hart, wat eg van naaste- en broederliefde vervul is, sulke yskoue gruwels teenoor sy arme broers moet aansien en saamvoel, is hy dan kwalik te neem, dat hy uit geregverdigde ergernis tot so `n uitspraak gedryf word, waarby hy, by die regmatige gang van sake, nooit aan sou gedink het nie.

[6] Dit is wel moontlik dat die alles beslote lig in een onnaspeurbare plan van een of ander onbekende Voorsienigheid is en dat alles so moet wees soos wat dit gebeur. Maar wat weet `n aardbewoner daarvan? Wat het hy te make met willekeurige, geheime wette, wat `n goddelike wese in die ewige sale van die oneindigheid uitvaardig?

[7] Ons burgers van hierdie aarde ken slegs jou verhewe wette van die liefde wat ons verplig om dit getrou na te lewe, selfs ten koste van ons eie lewe. Die ander gaan ons weinig aan. Dit is wel moontlik dat daar ander wette op `n ander sonnewêreld geld, wat miskien wyser of ook dommer is as wat jy, beste mensevriend, vir ons gegee het? Maar van iedere burger van hierdie aarde sou dit seker te belaglik wees as hy sy lewe sou wil rig volgens wette wat op verre sonne sou bestaan. Ons aanvaar maar één wet as goddelik waar en geldig, waaronder, volgens die oordeel van `n onbevooroordeelde suiwer verstand, iedere menslike samelewing so goed moontlik kan bestaan. Wat een of ander noodlot daartussen instrooi, is niks anders as slegs onkruid tussen die heerlike gerwe wat jy, edel mensevriend, op die ondankbare wêreld uitgestrooi het. En die onkruid verdien niks anders as om verbrand te word in die vuuroond van `n volkome regverdige oordeel nie.

[8] Ek sê ronduit: Solank die mens volgens jou wette mens is, is hy ook alle hoogagting werd. Verhef hy hom egter bo jou wet, en wil hy sy broers onderdruk en oorheers, ten behoewe van sy eie voordeel, dan verklaar hy jou wet as van nul en gener waarde. Dan is hy geen broer nie, maar `n gebieder oor sy broers, met wie se lewe hy dink hy kan doen wat hy wil. Op die punt sal ek ewig Robert Blum bly en sal ek nooit `n loflied voor heersers sing nie. En wel omdat hulle nie meer is wat hulle eintlik sou moet wees nie, naamlik wyse en liefdevolle leiers vir hulle arme broers.

[9] Ek weet goed dat daar onder die arm klasse buitengewoon baie is wat meer dier as mens is, en daardeur ook slegs met `n yster tugroede in die kraal gehou kan word. Maar dan vra ek: Wie is daarvoor verantwoordelik? Dit is juis diegene wat sulke volke onderdruk, en hulle oorspronklike lewensnag nog dieper maak om op die peilers van die volslae domheid van hulle volkere hulle heerskappy des te meer te versterk. Vriend, as iemand voor sulke vorste hoera roep, sal dit seker nie Robert Blum en nog minder `n Jesus van Nasaret wees nie.

[10] Ja, daar is nog vorste wat hulle taak ernstig opneem en regverdig is. Hulle is vir hulle onderdane ware engele en vriende. Sulke vorste verdien `n duisendvoudige bravo! Maar vir tiranne en moordenaars van die menslike gees het ek egter geen geskikte benaming nie. As daar al duiwels bestaan, dan is dit hulle in lewende lywe.

[11] Ek meen dat ek jou vraag taamlik openhartig beantwoord het. Maar nou vra ek jou om jou mening oor myne te gee. Ek is weliswaar taamlik standvastig in wat ek nou eenmaal as reg sien, maar tog nie star en onbuigsaam, veral nie as jy my iets beter te bied het daarvoor nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205